'n Puik artikel wat bedoel was vir 2 November 2022 plaas ons graag vir die relevante inhoud daarvan!
Deur Jan-Tinus Smuts
Wyle mnr. Jaap Marais, tweede leier van die Herstigte Nasionale Party (HNP), sou vandag 100 jaar oud
gewees het. Sy afsterwe in die jaar 2000 was 'n gróót slag vir ons volk, sonder dat die meeste
volksgenote eers besef het wat se groot slag dit was. As oom Jaap nog gelewe het, sou hy voortgegaan
het om misleiding en volksverraad te openbaar. Ons volk sou nie vandag so vasgevang in die kloue van
veelrassige "Afrikanerorganisasies" gewees het as wat hulle is nie. Baié meer volksgenote sou besef
het dat enige organisasie wat staan op die beginsels van "nierassigheid" 'n struikelblok vir die oorlewing
van die Afrikanervolk is.
Ek het die besonderse voorreg gehad om oom Jaap persoonlik te geken het. In die tydperk wat ek as
jongman vir die HNP se koerant "Die Afrikaner" gewerk het, het ek hom op 'n weeklikse basis gesien.
Van politiek het ek voorwaar baié by hom geleer, waarvoor ek altyd dankbaar sal wees.
Oom Jaap was altyd gekritiseer oor hy verraad openbaar het, maar later was hy áltyd reg bewys. Nou
word ons mense weer mislei en mense is weer kwaad wanneer volksverraad en misleiding aan hulle
geopenbaar word. Snaaks hoe die geskiedenis homself herhaal. Laat ons dink aan oom Jaap en laat
ons veg teen die wolwe in skaapsklere, laat ons alle fopspene wat ons volk mislei verwerp!
Oom Jaap is nie meer met ons nie, maar sy nalatenskap sal altyd met ons wees solank ons die volgende
geslagte die lesse leer wat Jaap Marais ons geslag geleer het. Ek glo wanneer ons eendag ons
vaderland terug het, sal daar in die hoofstad 'n standbeeld vir oom Jaap opgerig word en sal kinders in
die skool van die merkwaardige volksman leer.
Oorspronklik gepubliseer op: https://web.facebook.com/jantinussmuts
