Wat presies beteken hierdie stelling van dr. D.F.Malan? Waaroor moet daar innerlike oortuiging wees? Sekerlik beteken dit dat enigiets waaroor daar verskil bestaan, nie deel van hierdie oorweging kan wees nie. Innerlik verteenwoordig tog immers dat daar géén twyfel sal bestaan oor dit waarvan jy oortuig is nie!
By nadere ondersoek van wat dr. Malan daarmee bedoel het, is dit duidelik dat dit die oortuiging is dat hierdie land óns Afrikanervolk se land is. Vir die behoud daarvan was en is vandag nog, volkseenheid ‘n noodsaaklikheid.
Dr. Malan se standpunt was dat dit die bestaan van bande veronderstel met ‘n bindende krag wat sterker is as die skeidende wat deur verskil van belange veroorsaak sal word.
In die lig daarvan dat géén party, beweging en/of organisasie in die 56 jaar wat verloop het sedert die sluipmoord op dr. Vewoerd, daarin kon slaag om Afrikanervolkseenheid soos wat dit bestaan en gegroei het na die politieke oorwinning van 1948, te bewerkstellig nie, ons opnuut weer moet kyk na die oorsake.
Die oorsprong van eenheid wat na baie jare van blootstelling tot volkswording gelei het, was onmiskenbaar die verskil tussen reg en onreg! Die bewys daarvan begin by die Vryburgers in die Kaap in die laat 1600’s, in hulle blootstelling aan die Britse tirannieke bewindsvoering en onbeheersde swart moord-en-rooftogte wat neerslag vind in die manifes van Piet Retief. ‘n Uittog uit die Kaap na die binneland in die vorm van wat bekend geword het as die Groot Trek, was die pad wat die Afrikanervolk gekies het! Wesentlik ‘n innerlike oortuiging wat by baie posgevat het van onreg wat teenoor hulle tot onhoudbaarheid gepleeg is en gelei het tot die innerlike oortuiging dat wegtrek daarvan die regte ding was om te doen.
Dr. Malan se slagspreuk vir die verkiesing van 1948 was “apartheid”. ‘n Beleid wat gegrond was op ervaring van die onreg wat die teenhang daarvan tot gevolg gehad het. Selfs die holis Jan Smuts met sy voorkeur vir die Britte ten koste van sy eie volk het al in 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is as lid van die Imperiale Oorlogskabinet van Brittanje, onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task” “We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different”.
Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle eie gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer. Wat het nou verander? “They are different not only in colour but in mind and political capacity” Het dit dan nou verander?
Voor die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd was daar reeds ‘n hewige aanslag op nasionalisme. Dr. Verwoerd se onwrikbare standpunt om Afsonderlike Ontwikkeling, oftewel apartheid, na die eerste sluipmoordpoging deur David BeresfordPratt in 1960, te handhaaf en voort te sit vanweë die ervaring van onreg in ‘n veelrassige samelewing, het sy lewe gekos toe ‘n herhaalde aanslag op sy lewe in 1966 deur Tsafendas geslaag het! Daarmee is die pad oopgebeur na onreg en verdeeldheid en beleef ons vandag dit waarteen dr. Verwoerd ons en elke ander volk wou beskerm.
DIE DOEL VAN HIERDIE SKRYWE
Die bewapening van elke Afrikaner teen die planmatige verdeling van ons volk waarmee saamhorigheid en dienooreenkomstig, ons innerlike politieke oortuiging en eensgesindheid vernietig word!
Waarom?
Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.
Die Dwaalweg
Wanneer verdwaal ‘n mens? Net wanneer jy nie ‘n pad ken of kan onthou nie!
As die Afrikanervolk die politieke pad geken het, waarom het ons dan verdwaal?
Waarom het hulle John Vorster bly steun toe hy binne enkele weke na sy versekering dat hy in Dr. Verwoerd se spore sou loop, die spoor byster geraak het agter Maoris aan?
Waarom het die volk P W Botha bly steun toe hy die parlement in ‘n driekamer parlement omskep het met die potensiaal van uiteindelike oorheersing deur getalle soos dit vandag is?
Waarom het hulle vir de Klerk in die referendum ja gesê toe hy ooglopend die verkeerde pad wou vat? Was dit bloot omdat sy vraag kripties was om die koers te versluier?
Al hierdie dwalinge ....oor Maryke ....en duisende ander Afrikaners se dooie liggame, omdat ons die pad geken het?
Ons volk het die pad van die geskiedenis vergeet of versaak vir ‘n koers wat vir hulle as ‘n beter pad voorgehou word! Nou bevind die Afrikanervolk hom op twee paaie. ‘n Nasionale pad, die pad vanuit die geskiedenis met ‘n klein oorblyfsel van ons volk wat daarop koers hou, en ‘n Liberale pad. Die nuwe pad wat ons gebring het by die Nuwe Suid Afrika, mét die meerderheid van ons volk se ondersteuning. Ek noem dit die verdeelpad!
Die voortgang op hierdie dwaalweg wat deur Solidariteit en Afriforum, die Da en VF Positief, die ANC en elke ander party, beweging en organisasie wat hetsy deur erkenning of deelname, ditsy deur ondersteuning of stilswye, steeds hierdie onreg na 27 jaar laat voortduur, het tred verloor met die werklikheid!
WAT DAN NOU?
Ons oplossing is om terug te keer na waar die pad gevurk het! Die hart van die dwase is na links terwyl die hart van die wyse na regs is!
Die AVP be-oog om ‘n herdenkingsdag in te stel op of so na aan 6 September as moontlik. Die standpunt, beleid en beginsels van dr. Verwoerd het mense bymekaar gebring en bymekaar gehou! Kom saam met ons om ons volk se saamhorigheid te herstel in die innerlike oortuiging dat hierdie land ons land is en dit hard en duidelik te sê vir almal wat wil luister! Wat daaruit sal voortvloei sal ons hanteer soos wat dit voorkom!
