Afrikaner

POLITIEK VAN DIE DOMMES

Klaas WaarseggerOm die parlementêre politiek beter te verstaan in die nuwe Suid-Afrika is dit nodig om eerstens weer ‘n definisie te gee: “Dit is die kuns om ‘n problem verkeerd te diagnoseer, die verkeerde aksie te neem wat die problem vergroot, en dan die blaam te plaas op diegene wat die sotheid korrek voorspel het”.   

Die modus operandi is om korrupsie te waardeer as ‘n gawe van onderskeiding.  Die booswig te herontplooi om elders groter skandes en skades te pleeg. Bekook elke keer alternatiewe feite en ignoreer feitlikhede om die onhebelikke reg te lieg.  Gebruik dubbel standaarde sovér moontlik.                                                           

As iemand met eerlike bedoelings jou mislukkings uitwys, word kwaad en skreeu op hom om sy bek te hou.  Kry die polisie om die vuilgoed uit die saal uit te gooi. Vertel vir die gehoor jy was in die tronk, daarom kan jy doen wat jy wil want jy is altyd reg.   Jy is niemand se tuinbooi nie. Intemidasie is altyd ‘n goeie opsie in ‘n rampokkerkrasie. Fluitjieblasers is uitvaagsels wat op die grofste moontlike manier behandel moet word.  Hulle moet nooit seker wees of hulle môre die sonsopkoms sal sien nie.

Bêre jou warm geld in ‘n matras waar dit “veilig” is. As dit gesteel word moet jy dit asb nie aan die polisie rapporteer nie.  Hulle het hul eie diewe.  Verkry liewer on-regsadvies van geswore skelms soos die Guptas en ander.

Motiveer die “skape” van die DA en VF+ om deel te neem aan die verkiesings wat hulle nooit kan wen nie. Dit gee gewaande wettigheid en effense vatsoenlikheid aan ons rappokkerkrasie. Die wetenskap vertel ons van protone, neutrone, elektrone, maar nie van morone nie, daarom speel hulle lekker saam - wolf, wolf hoe laat is dit.  Instede om ons as wolf te vrees, word hulle opgevreet deur hulle eie herders by wyse van spreke.  Ek lag my ‘n papie vir die DA (geafilieerde dommes) en die VF+ wat spog met die woord “vryheid” terwyl hul vryheid in 1994 reeds ontneem is.  Het jy al gehoor van “dum dummies”?  


KLAAS WAARSEGGER