
OP HARTENBOS SE STRAND
In.die maand Oktober 2004
is die NG Kerk op 'n noodlotíige pad gestuur. .
Met kerse en swemklere in die hand
vergader omies en tannies by Hartenbosstrand.
Die spel se naam is "eenheid" ongeag die prys
'n Kerk wat "cool" ïs, moet dït vir die wêreid bewys.
Ons wagwoord is "eenheid" wat dit ook mag kos
al beteken dit selfs om die waarheid te los.
'n Huwelik met die VGK moet ons spoedig bewerk
al vra dit egskeiding met elk ander gereformeerde kerkl
Ons evangelíe ïs Belhar so skeef en so krom
Maar nêrens kon ons 'n beter trougeskenk bekom.
Daar is geen ander kerk op-aarde wat Belhar bely
as ons lidmate dit uitvind gaan hulle koue voete kry.
Máar ons sinode ís slïm, kom ons konkel dit so
dit is wel 'n belydenïs, maar nie verplïg om te glo.
Ons kerk is "cool" en modern, dít moet almal weet
ons het 'n nuwe maatstaf om die waarheid te meet.
Wat die wêreld gelukkig maak,dit wil ons doen
die Bybel leer mos om jou naaste te versoen.
Uit naasteliefde wíl ons homoseksualisme bevry
van die stigma van sonde waarmee die Bybei dit bestry.
Ons standpunt is duidelik, ons voorouers het gedwaal
hul studïe van dïe Bybel was in verouderde taal.
Ons kíompie hier op Hartenbosstrand het die lig gekry
met ons grafíes in die hand
Ons bely ons skuid voor elke gay man en vrou
jammer ons het julle van seksuele plesiertjies weerhou.
Die huwelik is slegs wettig tussen ‘n vrou en 'n man
maar ons sinode is baie slim, kyk hier is ons plan:
Seks met dieseifde geslag, dit mag niemand verbied
maar onthou dit mag slegs buite dïe _ huwelik geskied.
Nou is almal gelukkig elke man en vrou gay
want die wêreld het nou sy sin gekry.
Die enigste ouens wie ons prontuit ignoreer
Is lidmate wat nog glo, wat die Bybel ons Ieer.
O ja, rondom ons leuse was daar nog 'n groot knoop
'n slim professor se voorstei oor die doop
Om lidmate te behou, het hy 'n nuwe plan in dïe kous
ons aanvaar nou twee dope, om die leke te flous.
In Hartenbos se luilekker son en see
Het ons sinode 'n treetjie nader aan die afgrond gegee.
Waar gaan alles eindíg? vra die lidmate vir my
die antwoord is maklik, kyk na die Nasionale Party.
As ons kinders eendag vra: "Nou wat het gebeur,
dat 'n pragtige kerk in kieín stukkies verskeur?”
Neem hul dan almal saam styf aan die hand
vertel hulle van die sínode by Hartenbosstrand.
Ds. Theo Danzfuss
NG kerk Witfield
