1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7436543

Besoekers aanlyn

Ons het 55 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

IN GEREGTIGHEID EN HEILIGHEID – AL DIE DAE VAN ONS LEWE

BybelLukas 1:67-80

dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe. (:74&75).

Die Afrikaanse spreekwoord stel dit dat n persoon sy brood aan albei kante gebotter wil hê. Die meeste van ons weet egter dat die lewe van n mens eis om uiteindelik maar te besluit oor watter kant van jou broodjie jy dit gebotter wil hê, want dit sal nie aan beide kante kan wees nie.

Hierdie verskynsel is ook in mense se geloofslewens te bespeur. Mense sal hulself nie heeltemal van die godsdiens distansieer nie, want sou dinge in hul lewens drasties skeefloop, sal hulle darem nie sonder God wil wees nie. Ons almal weet tog dat dit tog net Hy is wat uitkoms uit groot benoudheid kan bewerk.

Baie mense is egter ook nie bereid om n volkome oorgawe aan God te maak nie, want daar is soms dinge in die wêreld wat maar net te aanloklik is. Dink maar aan daardie rykdom wat n persoon verkry of instandhou deur n paar ongewone praktyke te volg. En om die genot van die rykdom te verloor is dalk net n bietjie te veel gevra om my volkome aan die Here te wy. Sê nou net dat Jesus dit van my sou verwag wat hy van die ryk jongman in Markus 10 verwag het. ...gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. (:21). Miskien is die les uit Lukas 19:8 vir my te duidelik en daarom is ek versigtig om die Here met volle oorgawe te dien, omdat ek weet dat dit moontlike opoffering van my sal vra. ...Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.

Dit is nie net geld wat skeiding tussen my en die Here kan bring nie. Ek is dalk onbereidwillig om die sinlike genot van n verhouding buite die huwelik op te gee. Dalk is ek besig om my liggaam as tempel van God skade te berokken omdat ek nie die verslawing aan sigarette of selfs medikasie wil prysgee nie. Daardie lekker vermaak op die televisie is dalk net te belangrik om prys te gee al sou dit ook wees dat die heilige Naam van God in die programme wat ek kyk belaster word of dat daar selfs gedurig onsedelike tonele vertoon word. Hoe sal ons dit stel? Ek wil n christen wees, maar ek wil darem n wêreldse christen wees, of hoe?

Enigiemand wat waarlik erns maak met sy geloofslewe sal verstaan dat ware geloof in God Drie-Enig ook aan ons die eis stel om heilig vir Hom te leef. Dit beteken nie sondeloos nie of n kluisenaar nie, maar wél afgesonder van die wêreld anders as die wêreld. Ware gelowiges weet dat ons lewe hier op aarde maar alleen n pelgrimsreis is op weg na ons ewige tuiste waarna ons verlang. In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle n vaderland soek. Maar nou verlang hulle na n beter een, dit is n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle n stad berei. (Heb. 11:13,14&16).

Daarbenewens moet ons God ook in geregtigheid dien. Dit beteken natuurlik dat ons die voorbeeld van Christus, die leiding van die Woord, moet navolg. Wanneer ons waarlik tot God bekeer, is ons veronderstel om die ou en sondige mens (ons vorige sondige lewenswandel) neer te lê en ons nuutgebore lewe in Christus op te neem. Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. (Efés. 4:20-24).

Ten slotte is ons ook veronderstel om God al die dae van ons lewe op hierdie wyse te dien. Ons moenie die bekering probeer uitstel en dink dat ek God eendag as ek oud is sal begin dien net voordat ek doodgaan sodat ek nie in die hel beland nie. Ek moet ook nie dink dat ek Hom net kan aanroep en dien in moeilike omstandighede of selfs net in tye van voorspoed nie, maar elke liewe dag van ons lewe moet ons Hom in opregte heiligheid en geregtigheid dien. Wanneer ons met die nuwe mens beklee is en die Heilige Gees van God deel geword het van ons lewe is ons veronderstel om deurgaans die strewe van Johannes na te volg soos wat dit vir ons in Johannes 3:30 gestel word. Hy moet meer word, maar ek minder.

Mag die Here gee dat ons waarlik bereidwillig sal wees om Hom in waarheid en geregtigheid te dien al die dae van ons lewe. En dat ons elkeen bereid sal wees om die kruis elke dag op te neem en Hom te volg. EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. (Luk. 9:23).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie