JOSUA 1: 7,8
Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, My kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.
Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.
Het Ek jou nie beveel nie: wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan;
Dankie o Vader dat ons kan glo dat u opdrag en versekering aan Josua, ook vir ons en elke gelowige wat glo dat Jesus die Christus is, vandag nog geld en tot in ewigheid. Sterk asseblief elkeen van ons wat hier lees se geloof om sterk en vol moed te bly sodat u wetboek nie uit ons mond sal wyk nie. Ons pleit dit in Jesus ons Middelaar se naam, Amen.
GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
Aanhalings uit die boek “STRYD IS LEWE”
Wanneer jy die Afrikaner se daaglikse roetine beskou en veral sy bedrywighede tydens naweke, sal jy dink hy lewe in ‘n vreedsame land – een van melk en heuning. Boonop word hy Sondae getroos dat wat ookal gedurende daardie afgelope week met hom gebeur het, dit “die Here se wil” was.
Dat daar sedert 1994 ‘n volksmoord op ons volk plaasvind waarin hy uitgemoor, verarm en onteien is, is kennelik nie in die optrede van meeste Afrikaners te bespeur nie. Die woord oorlog is trouens baie ver verwyderd van die deursnee Afrikaner se denkraamwerk.
Deur Flip Swanepoel namens Die Teokratiese komitee Klik hier
Ons het so pas die groot gebeurtenis wat ons Voortrekker-voorsate te beurt geval het in herinnering geroep. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land en selfs oor die wêreld, het Geloftedag eervol deurgebring en ons hemelse Vader gedank vir die aanvaarding van daardie Gelofte wat ons voorsate met Hom in gebed aangegaan het. Dit is hoe dit hoort.
VRIJZINNIGE THEOLOOG BESCHULDIGD PVV LEIDER VAN CENSUUR
Wij schreven onlangs al dat in de aanloop naar de verkiezingen sommigen niets te gek en te dol is om de Partij voor de Vrijheid om enigerlei wijze te proberen schade toe te brengen. In ons vorige artikel maakten we melding dat ook al jonge kinderen worden gemobiliseerd om dit doel te bereiken, maar naar nu blijkt doet ook een 'theoloog een duit in het linkse zakje.
Kyk, Buurman, as Jakob nou aan voorbodes glo sal hy ‘n tas moet pak seg ek jou! In Suid Afrika het hulle mos so ver agtergebly dat hulle nou al sewentien jaar spook om by te kom! En spook spook hulle Buurman! As een net beswaarlik hom of haarself vooruit gespook het met wafferse fyntrap en systappies verby die ouditeur generaal en openbare vervolger en watter ander klein versperringtjies daar nog in die pad kom, Buurman, dan pluk ‘n ietwat vinniger agter-os hom of haar so ver terug dat hy of sy weer van voor af moet begin na so ‘n twee of drie jaar se skorsing met vol salaris en nog ‘n ander magdom nadele, seg ek jou die waarheid!
GEDENKLESING gehou op 19 Februarie 2011
Deur Johan Bekker
INLEIDING
Die grootsheid van die mens word in die reël verbind aan diegene wat die moed gehad het om ter wille van ’n oortuiging of beginsel alleen te staan teenoor die gees en die koers van hulle tyd.
Mantel-swaaiers kry selde ’n ere-plek in die bladsye van die geskiedenis. Jaap Marais het sy grootheid op die eensame beginsel pad verwerf. As politikus was daar selde iemand wat so by sy volk gestaan het ten spyte van vervolging en vergruise deur lou Afrikaners wat hom met alle mag van die politieke toneel wou verwyder. Die ganse Suid Afrikaanse massamedia is teen hom gebruik om in vloed van teenstand en haat teen hom op te werp.