|
Written by Red
|
|
Friday, 20 November 2009 14:10 |
|
Indien u hierdie leser kan help, kan u skryf aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Goeiedag, Ek is dringend op soek na 'n 1933 vertaling van Die Bybel. (Maak nie saak in watter toestand) Weet u dalk waar kan ek een kry, of wie ek kan kontak. Ek is meer as bereid om daarvoor te betaal. Groete Claude Marais |
|
|
Written by Dr JP Botha
|
|
Thursday, 19 November 2009 13:51 |
|
Die Verskroeide Aarde- beleid: Barbaarse uitdelging van alles wat lewe
Engeland het in 1899 homself die onmin van die ganse beskaafde wêreld op die hals gehaal met sy onregverdige aanval op die twee Boererepublieke in Suid-Afrika. Die hele Europa, Rusland en selfs Amerika het die Boere om hulle politieke en staatkundige prestasies bewonder. Die wêreld het Transvaal en die Vrystaat se groei en ontwikkeling met belangstelling gevolg, maar was later met afsku vervul teenoor Groot Brittanje toe hierdie “beskaafde” wêreldryk die allerbarbaarste metodes en middele aangewend het om die dapper Boerevolkie wat nie wou oorgee nie, man en muis te vernietig en te verdelg. |
|
Last Updated on Saturday, 19 December 2009 18:10 |
|
Lees verder...
|
|
Written by Mnr L Schoeman
|
|
Friday, 07 August 2009 19:40 |
|
Die voorkoms van griepgevalle is besonder hoog hierdie winterseisoen. Dit was te wagte vanweë die intense koue en ook vanweë die feit dat die Noordelike Halfrond in die voorafgaande winterseisoen (tydens ons somer) ’n baie hoë insidensie van ernstige griep beleef het.
Dit wil egter voorkom asof die farmaseutiese maatskappye maksimum munt hieruit probeer slaan. Met die hulp van die media wat alte graag meedoen aan die skep van ‘n klimaat waarin die oningeligte publiek neig om paniekbevange te raak, is die toestande vir hulle ideaal om die verkope van griep-medikasie ongekende hoogtes te laat bereik. Maar wat maak hierdie sogenaamde varkgriep so gevaarlik? Is dit werklik nodig om vreesbevange te raak en in afsondering te bly? Is dit dan nie maar net nóg ‘n variant van die influenza-virus nie? |
|
Last Updated on Friday, 07 August 2009 20:06 |
|
Lees verder...
|
|
|
Written by Mnr L Schoeman
|
|
Friday, 17 July 2009 14:39 |
|
INLEIDING
Dit is logies dat ‘n onderdrukte volk soos die Afrikanervolk sal soek na oplossings vir die dilemma waarin hy hom tans bevind. En sal mense byvoeg: Daardie oplossing moet nou vinnig kom! Eens was ons trotse volk die regeerder van hierdie pragtige land, maar tans is hy verneder tot derdeklas-burger wat op geen terrein selfgeldend kan optree nie. Hy is uitgelewer aan ‘n kommunistiese regering wat daarop uit is om ons volk, sy verlede, en sy nalatenskap uit te wis. Daarom is dit logies dat die Afrikaner planne sal beraam om homself te bevry. Dit is egter gebiedend noodsaaklik dat die planne wat gemaak word (en aksies wat geloods word) weldeurdag sal wees, dat dit uitvoerbaar moet wees, en dat dit as einddoel het die volwaardige vryheid (selfbeskikking) van ons volk in ‘n soewereine grondgebied (staat). Die Afrikaner is reeds herhaalde kere sy outonome selfregering ontneem deur magte wat eiebelang (veral finansiële voordeel) vooropstel. Die Groot Trek was die resultaat van ‘n volk-in-wording wat geweier het om onder Engelse juk tweede viool te speel. Daarna moes ons weer vanweë imperiale magte se versugting na goud onderwerp word aan Britse oorheersing. Die basiese reg van ‘n volk – om in sy eie grondgebied oor homself te regeer – die reg tot vryheid, was die Afrikaner nog nooit gegun nie. Ons volk sal egter nie rus voordat daardie vryheid nie herstel is nie. Na 1994 is daar net een pad wat vir ons oor is om te loop om hierdie doelwit te bereik, naamlik die pad van weerstand, protes en verset. Maar laat ons hieroor deeglik besin: |
|
Last Updated on Monday, 20 July 2009 19:35 |
|
Lees verder...
|
|
Written by Dr SH Gregan
|
|
Monday, 10 August 2009 12:15 |
|
Dit is dikwels moeilik om wêreldgebeure te ontleed. Dit is so omdat die wêreldheersers van hierdie eeu juis nie wil hê dat hulle bose planne ontmasker moet word nie. Daarom sal die gewone man op straat kwalik glo dat Kommunisme en die geldmagte kop in een mus is. Dog word ‘n geswore Kommunis soos Gill Marcus president van die mees waardevolle besitting van die geldmagte in Suid-Afrika, naamlik die Reserwebank. Hoe op aarde is dit moontlik?
Die afgelope eeu was gekenmerk deur ‘n alliansie van geld en intellek waarby intellek meestal onderworpe gestel was aan die belange van geld. Die geldmagte van die wêreld was eers in afsonderlike state gekonsentreer, maar het met verloop van tyd verenig. Die intellek het aanvanklik gesetel in die Christelike ortodoksie, maar is met verloop van tyd, weens die invloed van veral die leerstuk van menseregte, vervang deur die ideologie van sosialisme. Hierdie veranderings in die sentrums van geld en intellek het die Weste in ‘n intellektuele lokval laat beland met geld as tese, sosialisme as antitese en die nuwe imperium (oppermag) as sintese. Geld het tot gevolg die konsentrasie van mag. Sosialisme daaraanteen belowe dat hierdie mag verwyder sal word. Die oplossing van hierdie konflik tussen geld en die verwydering daarvan gee aan die nuwe imperium feitlik onaantasbare magte. In hierdie proses was daar egter faktore wat in die weg van hierdie magte gestaan het en wat verwyder moes word onder die dekmantel van wêreldvrede. So is nasionalisme en die soewereiniteit van state gesien as die groot struikelblok om ‘n eenwêreldregering (Nuwe Wêreldorde) daar te stel. Deur beheer te verkry oor die geldstelsels van state, veral deur middel van die sentrale banke wat hierdie proses beheer het, het die geldmagte al groter beheer oor die politieke besluite van hierdie state gekry en is die soewereiniteit van state al meer in gedrang gebring. |
|
Last Updated on Wednesday, 12 August 2009 11:36 |
|
Lees verder...
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
|
|
Page 1 of 293 |