PARTYLEIER VAN FORUM VIR DEMOKRASIE MNR. TOM PANIS: "DIE DIREKSIE EN DIE KOLLEGE KAN DAAROP STAATMAAK DAT EK VERGAANDE VRAE SAL STEL, WANT NA MY MENING WORD 'N GROOT ONREG AANGEDOEN AAN HUURDERS WAT SOMS REEDS 60 JAAR DAAR WOON"
Geagte leser. Na aanleiding van die feit dat Behuisingsvereniging Velison Wonen, van huurders wat al amper hul hele lewe op die Planetenweg in IJmuiden woon, hul motorhuise en solders wil verwyder en dit daarna in 21 huise wil omskep, het ons 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met mnr. Tom Panis, wat in die munisipaliteitsraad an Velsen setel as partyleier van Forum vir Demokrasie.
“DRAGON ISLAND”
Bogenoemde benaming is seker die mees gepaste beskrywing van die politieke opset in die nuwe Suid-Afrika. Predatore par excellence waar die Afrikaner die prooidier geword het. Die klaarblyklike motief is om die Afrikaner te terroriseer tot totale oogawe en ondergeskiktheid. Polities populȇr word die woorde grond hervorming (grondroof) gebruik as eufemisme vir die uiversiële roof van die Afrikaner eiendomlike.
HOU HOM IN ERKENTENIS!
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,...” (:28-31).
OM GOD LIEF TE HÊ
1 Kor. 8:1-13
“Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.” (:3).
‘n Treffende stelling. Watter mens wat in God glo wil nie beslis weet dat God hom ken nie? En tog is daar baie mense wat hulle met godsdienstige sake besig hou, maar sonder dat daar ’n ware verhouding tussen hulle en God bestaan. Die rede hiervoor is dat daar in hul godsdienstige aksies geen liefde is nie – dit bestaan uit gewoonte of gewoon aangeleerde kennis. Laasgenoemde is veral kenmerkend van soveel teoloeë in ons tyd wat ’n groter aanhang vir hul sogenaamde akademiese kennis as vir God het. En dit verduidelik natuurlik vir ons waarom dit hulle min traak dat God se Woord en insettinge geminag, verdraai en vertrap word, want hulle voel nie iets vir Hom nie – daar is in hulle geen liefde vir God nie.
2024 lê op sy rug met toenemende wetgewing wat daarop gerig is om die Afrikanervolk van die geskiedenis se verhoog af te vee.
Beide die onteiening sonder vergoeding en die Bela wet op onderwys is deur die onwettige regime se “president” finaal onderteken in die onwettige mandaatlose proses wat die Afrikaner seggenskap oor alles wat sy eie is van hom ontneem het en steeds gebruik word onder die voorwendsel van “demokrasie”. “mensereg” en nasionale eenheid, sonder dat enige van hierdie beginsels in hulle mondering bestaan of bewys kan word.
Op ons weg na ‘n nuwe jaar is die vooruitsig op Afrikanervryheid en onafhanklikheid maar bleek. Terwyl die filosofie van perseptologie steeds aangewend word om verwagtings te skep waar daar geen hoop op verandering kan of sal wees nie, is die tragiek dat die meerderheid van ons volk steeds saamgesleep word in ‘n proses van magsdeling met ‘n swart meerderheids regime waarvan die gevolge na dertig jaar reeds in skerwe rondom ons lê.
BLY IN HOM!
Joh. 15:1-27
“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wysntok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (:4&5).
Wie in Christus bly en Christus in Hom – hy dra veel vrug, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Honderd maal, duisend maal voel ek vandag om hierdie woorde te herhaal sodat hierdie woorde in ’n vrugtelose samelewingmag insink. Hierdie woorde moet ingang vind in ’n samelewing wat onvrugbaar geword het omdat die mens in sy waansinnige humanisme dink dat hyself tot goeie dinge in staat is! En kyk hoe onvrugbaar en toegeroei van onkruid lyk ons volksakker nie vandag nie. Die rede hiervoor eenvoudig – ons het nie in Hom gebly nie.
PARLEMENTSLID MEV ELLEN SAMYN: "TOE EK HIERDIE VOLDONGE FEIT ONDER DIE AANDAG GEBRING HET, HET DIE MINISTER GEANTWOORD DAT HIERDIE 'N KONFLIK IS WAT NET OOR GRONDSTOWWE GAAN"
Geagte leser. Ons het die genoë gehad 'n 2e vraaggesprek in Nederlands te hê met mevrou Ellen Samyn, die Vlaams Belang se parlementslid, wat u ongetwyfel nog sal onthou het van die onderhoud wat ons in Augustus 2023 met haar gehad het en waar ons toe oa gesels het oor die historiese autonome Armeense regio Nagorno-Karabach en die repressie waar die Armeense volk onderdeur loop.
Die aanleiding vir weer 'n onderhoud was vanwee die vrae wat sy op 16 Oktober gestel het aan die Franstalige liberale minister van Buitelandse sake van Mouvement Reformé (MR) Hadja Lahbib nav die feit dat die aanvalle wêreldwyd op christene maar bly toeneem. Islamitiese terroristiese groepe soos Al Qaeda, Boko Haram, en Al-Shabaab is verantwoordelik vir moorde, mishandelinge, verminkinge en verkragtinge. In die midde van die nag voer hulle aanvalle op dorpe in Afrika uit waarna die dorpelinge as hulle al nie meteens afgeslag word , 'n lewenslange slawebestaan moet ly in Moslemse lande soos Saoedi-Arabië, Jemen of Sirië. Mevrou baseer hierdie ernstige feite op inligtings van die organisasie Open Doors waar sy sedert ons vorige vraaggesprek steeds kontakt mee het. Soos bekend was Vlaams Belang die enigste party wat gehoor gegee het aan die vra om hom met hul in verbinding te stel.
Dié minister het nogtans geantwoord dat die toestand soos bv in Nigerië nie te wyt is aan vervolging dog net aan 'n Etniese konflik om grondstowwe. Omdat mevrou Samyn nie tevrede was met hierdie antwoord nie, het sy die minister opgeroep om die groot probleem van die islamisering en die Jihadisme in die Sahel te benoem en te veroordeel.