1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333650

Besoekers aanlyn

Ons het 78 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WANNEER MENSE GLO DAAR IS VREDE IN ONS LAND

Wanneer jy die Afrikaner se daaglikse roetine beskou en veral sy bedrywighede tydens naweke, sal jy dink hy lewe in ‘n vreedsame land – een van melk en heuning. Boonop word hy Sondae getroos dat wat ookal gedurende daardie afgelope week met hom gebeur het, dit  “die Here se wil” was.

Dat daar sedert 1994 ‘n volksmoord op ons volk plaasvind waarin hy uitgemoor, verarm en onteien is, is kennelik nie in die optrede van meeste Afrikaners te bespeur nie. Die woord oorlog is trouens baie ver verwyderd van die deursnee Afrikaner se denkraamwerk.

Vergeet die feite van derduisende moorde op ons volk, honderde duisende werkloses en ‘n ganse volk wat daagliks verneder word – ons leef tog in vrede, dan nie?

Indien dit waar is, soos baie wil aanvoer, dat ons in ‘n staat van vrede verkeer, is daar natuurlik niks te vrees nie en kan ons doodrustig voortgaan met ons daaglikse aktiwiteite en die sport, vermaak en verdigsels geniet wat daagliks aan ons opgedis word deur die propagandablaaie van die magte van geld. Dan sal ons roetine van more lyk soos die een van vandag. Sal ons ingesteldheid nie verander nie. Sal ons prioriteite dieselfde bly.

Sou ons egter vir mekaar sê dat ons in ‘n staat van oorlog verkeer, sal almal saamstem dat ons anders sal moet begin dink en doen en dat uitstel nie sal deug nie. Dan sal ons dringend moet besin oor die optrede van die Afrikaner in hierdie situasie.

Propaganda wil hê dat Suid-Afrika nou ‘n “demokrasie” is. Dit opsig self impliseer ‘n vredevolle toestand en die media verkondig dit dan ook elke dag. Vergeet dus die moord en doodslag, “ons is ‘n demokrasie”. Dit het die argument geword om alle argumente mee te beeïndig. Intussen sit ons met ‘n regime wat hom ten doel stel om in die naam van demokrasie die Afrikaner te vernietig. Die ANC-regime word beheer  deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en gestuur deur die Freedom Charter. Keer op keer verskyn nuwe wette wat die doelwitte van die Freedom Charter in werking stel en telkens is die resultaat Blanke onteiening, -verontregting, -vernedering. Dit alles in die naam van demokrasie?

Het ons dan vergeet wat die Anglo-Amerikaanse magte deur middel van die Kommunisme met ons volk wil doen? Of glo ons eerder die propaganda wat hulle aan ons opdis? Het ons vergeet dat die Kommunis met niemand in vrede leef nie. Die Kommunisme het een doel voor oë en dit is die uitwissing van die Christen en die Blanke in hierdie land. Reeds uit hierdie oogpunt beskou, behoort mense te besef dat die “vrede” in hierdie land ‘n illusie is.

As die golf van misdaad nie eers meer ‘n volk kan laat wakker skrik uit sy doodslaap nie, wat sal dan? Hierdie land word verswelg met sowat 7 000 misdrywe per dag en meer as 20 000 moorde per jaar, maar ons leef elke dag asof niks gebeur nie. Geen dringendheid, geen optogte en geen teenoptrede. Nee, veel meer lyk dit asof ons instemming het met dit alles.

Misdaad, die daarstel van terreur en die skep van vrees, is van die belangrikste metodes wat die Kommunis gebruik om mense tot gehoorsaamheid aan die Kommunisme te dwing. Dit is ‘n veldtog van terreur teen die Blanke wat talIe reeds in vrees laat leef agter hoë tralies, mure en sekuriteitshekke. Dit is ‘n totale aanslag op die Blanke en sou dit bisar wees om so ‘n situasie as vrede te klassifiseer. Ons wil dit dalk nie erken nie, maar agter ons klaarblyklike goedkeuring skuil ‘n vrees om op te tree, ‘n vrees vir teenspraak en ‘n vrees vir die waarheid.

Die aanslag op ons eiendomsreg word nou met verdere wetgewing verhewig. Nou sal die arbeider op jou plaas kan bou en boer soos hy wil. En al wat ons doen is die piepgeluide van protes wat opgaan. Hierdie wette het as basis die Grondwet – maar Afrikaners dink die Grondwet beskerm hulle. Eiendomsreg, die basis van ons materiële bestaan in hierdie land, word nie beskerm nie, maar ons word wysgemaak dat ons ‘n grondwet het wat ons beskerm!

Die Grondwet wil die “ongeregtighede van die verlede” regstel. Daarom sal, benewens die huidige wetgewing wat reeds die boer se eiendomsreg omvangryk ingeperk het; die wetgewing ingevolge waarvan minerale aan die staat oorgedra word; dié ingevolge waarvan die boer se water hom ontneem is en die talle en toenemende belastings wat reeds ingestel is, steeds meer wetgewing aangeneem word om eiendomsreg te ontmoedig en uiteindelik te onteien en aan die regime (“namens” die gepeupel) oor te dra. Dat die afskaffing van eiendomsreg een van die belangrikste vereistes om ‘n Kommunistiese staat daar te stel, het kennelik ook by baie van ons verbygegaan!

Die verval in elke faset van ons samelewing, hetsy dit die verval in dienslewering is van munisipaliteite, of dit die staatsadministrasie is wat in duie stort, of paaie is wat vervalle raak of skole wat in chaos verval, is verdere aanduiding van dit wat vaardig is in ons land, naamlik die volle swang van die Kommunistiese rewolusie. Vir Kommunisme om te floreer moet daar chaos heers. Want die Kommunisme eis dat die huidige struktuur verpletter moet word om die Kommunistiese diktatorskap in te faseer. Elke middel word ingespan word om die Blanke in hierdie land te vernietig. En tog verkeer ons in ‘n doodslaap.

By herhaling moet dit wat Barry Goldwater, die konserwatiewe Amerikaanse senator, in sy boek, Gewete van ‘n Konserwatief, geskryf het, herhaal word:

“As ‘n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in ‘n staat van oorlog met jou; en jy - tensy jy aan oorgawe dink - verkeer in oorlog met hom. Verder - tensy jy aan verraad dink - sal jou doel, soos syne wees om die oorwinning te behaal. Nie “vrede” nie, maar oorwinning.” 

Kom ons pas dit toe op ons eie situasie: Die ANC-regime (vyandige mag) is daarop uit om ons te vernietig, en gebruik al sy hulpbronne en kragte vir daardie doel. Daarom verkeer die ANC-regime in ‘n staat van oorlog met ons volk. En ons - tensy ons dan aan oorgawe dink – moet derhalwe in ‘n staat van oorlog met hom verkeer. Verder - tensy ons volk aan verraad dink - sal ons doel, soos die ANC s’n wees om die oorwinning te behaal. Nie “vrede” nie, maar oorwinning. 

Ons moet besef dat ons nie in ‘n staat van vrede verkeer nie, maar in ‘n staat van oorlog. Dit is in hoofsaak nie ‘n oorlog wat met wapens gevoer word nie, maar ‘n politieke oorlog. Dit is die politiek van misleiding. Die vyandige media wat volkome in die hande van die internasionale geldmagte is, verkondig elke dag dat vrede heers. Dit is ‘n leuen. Daar is geen vrede nie. Daar kan geen vrede met die Kommunis wees wat die Christendom en die Blankedom wil vernietig nie. En terwyl jy in ‘n staat van oorlog met jou vyand verkeer is daar Afrikanerbemande partye wat saam met die vyand in die Parlement en Kabinet sit en in die proses vir die Blankes vertel hulle doen dit in verset. Ander weer wil met die vyand onderhandel! Gaan lees tog weer Barry Goldwater se waarskuwing! Wat verstaan julle nie?

Ons prioriteite sal dringend aandag moet kry. Daar is geen vrede nie. Miskien die vrede van vernedering, ja. Maar vir diegene van ons wat nie daarin wil berus nie en wat die ANC-regime met sy Kommunistiese doelstellings dan duidelik as ‘n vyand sien, en die oorwinning oor hom wil behaal, is daar alleen die pad van verset en stryd oor.

Jy wat jou ‘n Afrikanerleier noem en met die vyand wat ons wil vernietig wil mooi broodjies bak, besef jy dat jy verraad bedink? Jy wil tog nie met jou onderhandeling met die vyand vir ‘n deeltjie van ons land die oorwinning oor die Kommunis behaal nie, of hoe? Jy het dan mos vrede gemaak met die Kommunis se oorwinning oor jou!

Dit is nie so moeilik om te verstaan nie. Al wat nodig is, is ‘n bietjie selfrespek en die wil tot weerstand. Maar as dit  by die leiers van ‘n volk ontbreek, moet daardie leiers nie by hulle ondersteuners kla nie. En dan moet daardie (ver)leiers weet dat hulle die blaam dra vir die toestand waarin ons volk verkeer!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie