DIE VVK SE NEUS BLOEI
Buurman, dit lyk nie goed nie. Boerebloed, of Afrikanerbloed. Dis rooi Buurman. Of die slaner nou ookal ‘n Boer of ‘n Afrikaner is en die bloeier ‘n Afrikaner of ‘n Boer is, die bloed is rooi seg ek jou. Kyk maar self na die portret in die koerant!
Waar daar bloed is, is daar pyn, Buurman, as dit op dié manier kom! Nie net van die neus wat bloei nie, maar van die siel ook.
Nie net van die siel wie se neus bloei nie buurman, maar van die hele volk, seg ek jou! Pyn wat kom uit verdelentheid. Verdelentheid wat frustrasie bring en frustrasie, Buurman, frustrasie lei tot onbesonnendheid en die vyand loop vry!
Maak tog toe jou oë Buurman en kry die hele prent in jou kop! Ja, in jou kop, seg ek. Want dit is net in jou kop wat jy die opgesmukte verdelentheid opsy kan skuif, Buurman, sodat jy die vyand sonder belemmering duidelik in die oog kan kry. Dis die waarheid, Buurman. As jy die vyand wil veg moet jy hom duidelik voor oog hê, seg ek jou.
Dis mos wanner die hond jou been vat, seg hulle, terwyl jy met ‘n ander daaroor stry! Nou blóéi Paultjie, Buurman. Vraag ek vir jou, bloei hy vir die volk of bloei hy vir vryheid of bloei hy vir die VVK, vraag ek. Jakob sê dan vir die Beeld, en met sy arms oor die bors gevou, sommer vir die hele Afrikanervolk, net ‘n bietjie sielkunde kan ons kry as ons dit self gaan soek, nie grond nie lag hy met die bek wyd oop. En smaak my spesifiek vir die VVK seg hy, géén Orania vir die Boere nie siet ek op sy portret, lag Jakob want hy’s “baas”!
Ééndracht Buurman, dis wat eertydse oom Paul ons geleer het. Dis wat ons nodig het seg ek jou! Nie gaan staan en praat met die die vyand nie, want dan is ons in mekaar se pad en kom daar verdelentheid en verdelentheid bring frustrasie en frustrasie bloed en bloed bring pyn, Buurman, seg ek jou die waarheid! Pyn vir die hele volk! Nou is ons Kain en Abel pleks van Dawid en Jonatan. Die Satan is listig, seg ek jou, Buurman, listig met verdelentheid en frustrasie en gebrek aan selfbeheersing en bloed en pyn en sielkunde, seg ek jou die waarheid!