Media

Die Grondwet: vriend of vyand?

altOp Maroelamedia se webwerf skryf prof Koos Malan dat ons waarskynlik die laaste fase van die ophemeling van die grondwet bereik het. Waar die grondwet, aldus Malan, voorheen as 'n soort heilsleer gesien is, en as 'n brug tussen 'n bose verlede en 'n verlossende toekoms, kom meer en meer mense nou tot die ontnugterde besef dat die grondwet vir die Afrikaner geen heil inhou nie.

 

 

Afrikanernasionaliste het reeds sedert 1994 verklaar dat die grondwet (1994 en 1996-weergawes) geen beskerming vir die Afrikaner inhou nie. Die “waardes” wat deur die grondwet van hierdie land onderskryf word, word geïnterpreteer deur regters wat deur die vyandelike regime aangestel word. Die grondwet as die hoogste wet van ons land versinnebeeld die waardestelsel en opvattings van die meerderheid — die swartes. Wat Malan nie sal sê nie (en Sollidariteit ook nie) is dat die waardestelsels van die swart meerderheid drasties verskil van die Afrikaner. Reeds in hierdie opsig bied die grondwet niks goeds vir die Afrikaner nie.

 

Daarby verklaar die grondwet die Afrikanervolk as ‘n klomp misdadigers deur dit wat die Afrikaner gedoen het (die beleid van apartheid) as ‘n "ongeregtigheid" te beskou, en word die huidige bewindhebbers in heroïese terme uitgebeeld — wat geëer moet word omdat hulle geveg het vir "geregtigheid en vryheid" in hierdie land. So is dr Verwoerd 'n skurk en Robert McBride 'n held. Geen Afrikaner wat enige selfrespek het kan met hierdie leuen saamleef nie. Dus, vanuit sy uitgangspunt is die grondwet vyandig teenoor die Afrikaner. Die grondwet verklaar dus uit die staanspoor oorlog teen die Afrikaner.

 

Word gekyk na die besondere bepalings van die grondwet en hoe dit liberale dogma verskans en onaanvegbaar maak, is die boodskap duidelik: Die Afrikaner moet ontman, onteien, verbaster, ontchristelik word. Die grondwet is onaanvegbaar en maak die bestaan van politieke partye eintlik oorbodig aangesien alles en almal moet dans na die pype van die grondwet. So is 'n eenmalige oorwinning oor die Afrikanervolk behaal. En geen politieke party kan dit verander nie.

 

Omdat swartes se gemiddelde intelligensievlakke baie laer as Blankes (Afrikaners) s'n is en hulle dus altyd 'n agterstand sal hê, sal regstellende aksie voortduur; nie alleen omdat die grondwet dit magtig nie, maar ook omdat die swarte nie in staat is om op gelyke voet op ‘n gelyke speelveld met die Blanke mee te ding nie. Dit is een van die koue harde feite wat nie wegredeneer kan word nie. Die Afrikaner sal telkens die spit moet afbyt. Die opstellers van die grondwet het dit geweet en daarvoor voorsiening gemaak!

 

Wat van die ander “waardes” van die grondwet? Die grondwet bepaal dat daar teen niemand gediskrimineer mag word uit hoofde van onder andere sy "seksuele oriëntasie" nie. Waarom dan verbaas wees oor die heersende standpunt oor homoseksualisme? Aborsie, dobbelary, prostitusie en ander perverse gedrag is veroorloof in hierdie “nuwe” bedeling juis omdat die grondwet dit veroorloof. So ook om die Afrikaner werkloos te stel en sy besigheid van hom te vat. Die “transformasie” hou nie daar op nie. Die grondwet magtig ook die onteiening van die Blanke se grond.  Dit geskied teen die agtergrond van die "nasie se verbintenis tot grondhervorming". Alhoewel die meerderheid Blankes hulle nooit uitgespreek het ten gunste van hulle eie onteiening nie, maak dit klaarblyklik nie saak nie, want die "people", die redelose massas sal bepaal wat reg en verkeerd is.

 

Reeds in 1922 skryf lord Actton in sy boek The History of Freedom:

The deepest cause that made the French Revolution so disastrous to liberty was its theory of equality. Liberty was the watchword of the middleclass, equality of the lower.

 

Duidelik het 20 jaar van "demokrasie" vir die Afrikaner geen vryheid gebring nie en moes gelykheid ten alle koste bevorder word — ongeag enige meriete!

 

Dit laat onmiddellik die volgende vraag ontstaan: Kan vryheidsgesinde Afrikaners hulle werklik “binne die huidige bestel” vir soewereine vryheid van die Afrikaner beywer? Dit terwyl hulle die beginsels in die Grondwet onderskryf? Dit is tog ‘n kontradiksie in terme! Te midde van sowat 2,5 miljoen misdrywe per jaar, grondroof, Blanke uitdiensstelling en -verarming, ensomeer wat aan die orde van die dag is, moet ons hoor van "demokrasie, gelykheid en vryheid". Wat ‘n bespotting van die waarheid! Ja, Koos Malan en Solidariteit het 20 jaar gelede reeds geweet dat die grondwet vir ons volk geen beskerming inhou nie, maar nou wil Solidariteit blykbaar binne die raamwerk van die grondwet uitkoms vir die Afrikaner bied. So sal die Afrikaner nogeens vir die gek gehou word deur goed betaalde agente!

 

Daar kan nie sprake wees van soewereine vryheid binne hierdie bestel nie. Ook nie van die beskerming van die Afrikaner se individuele regte nie. Die grondwet is nie vir die Afrikaner opgestel nie, maar teen hom!

 

Wanneer 'n volk sy geskiedenis ontsê en sy land ontneem word, kan daar van regte vir daardie volk geen sprake wees nie. 'n Volk kan slegs bestaan indien hy homself polities laat geld; dit wil sê indien daardie volk bewus is van sy plek in die geskiedenis, georiënteer is wat betref sy toekoms, seker is van sy identiteit en 'n land het waar hy die politieke mag besit.

 

Die Afrikaner sal toenemend besef dat sy heil nie binne die raamwerk van die grondwet te vinde is nie, maar daarbuite. Die Afrikaner mag in die nuwe Suid-Afrika nie wette maak wat by sy waardes en oortuigings pas nie. Wanneer ons besef dat die grondwet ons tot slawe verdoem, sal ons besef dat ons heil en ons vryheid daarbuite lê, eerder as daarbinne. Intussen sal Solidariteit Afrikaners se geld mors deur vir die krummels te baklei.