Media

Leiers en ons volk se selfrespek

JAAP MARAISMnr  Jaap Marais het tysens sy leeftyd by herhaling klem daarop gelê dat die Afrikanervolk se selfrespek herstel moet word. En nie om dowe neute nie. Hy het presies geweet wat  die gevolge sou wees van 'n volk wat in 'n skuldkompleks en 'n toestand van selfverwyt verkeer.

 

Reeds in Mei 1984 verklaar hy soos volg:

 

"'n Volk kan hom nie gedurig in die beskuldigdebank van die geskiedenis laat stel nie. As hy dit doen, kan hy nie reg wees nie. Sy lewe is gedoem tot selflikwidasie. En dit is wat hulle van ons wil hê: nie met wapengeweld nie, nie met konvensionele oorlog moet ons verower word nie, maar in 'n sielkundige proses waarin ons onsself sal likwideer in ons vertwyfeling aan onsself".

 In Januarie 1996 stel hy:

 

"Solank Afrikaners ... hulle skaam vir (apartheid) ... sal hulle gebuk gaan onder 'n skuldbesef wat alle selfrespek en volkstrots sal onderdruk".

 

Kort voor sy dood in 2000 verklaar hy:

 

"Om Afrikaners se selfrespek te herstel, moet hulle tot die besef gebring word dat hulle nie hul vryheid weens slegtigheid verloor het nie, maar deur verraad".

In die lig van voorgaande is dit eenvoudig verstommend om te sien dat mense, wat tog sekerlik bewus moet wees van Jaap Marais se geskrifte, dag na dag verkondig dat dit die Afrikanervolk se skuld is dat ons in hierdie ellendige toestand verkeer. Dit is onwaar! Wat hulle egter nie besef nie, is dat hulle daardeur presies doen wat die Joods-beheerde maghebbers wil hê die Afrikaner moet doen, naamlik om in 'n langdurige staat van skuldgevoel te verkeer, eerder as om in verset op te staan teen die onreg van hierdie toestand.

 

Sulke persone is, of hulle dit wil weet of nie, nie bevoeg en opgewasse om namens die vegtende Afrikanervolk te praat nie. Dit is generaal De Gaulle wat, toe vir hom gevra is of hy namens Frankryk praat, verklaar het: "Ja, vegtende Frankryk!". Jaap Marais het as woorvoerder van die vegtende Afrikaner geweier om te aanvaar dat dit die volk se skuld was dat ons in hierdie ellende beland het. Dit maak hom enig in sy soort. Die res, ten einde hulle eie skuld te verbloem, verskuif nou die skuld na die volk. Dit is 'n volksvernietigende uitgangspunt en stel hulle eie politieke onvermoë aan die kaak.

 

Predikante en mense wat oor die teologie bespiegel doen dieselfde as hulle dag na dag verkondig hoe sleg die Afrikaner is.  NP van Wyk Louw het gesê dat 'n volk se toekoms geskep word deur die magtige spel en stryd van tallose enkelinge— die kleiner groep (leiers) wat leiding gee. Leiding op die basis dat "as jy 'n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg". Afrikaners moet eenvoudig Sondag na Sondag hoor hoe sleg hulle is. En gedurende die week word dieselfde ou rympie herhaal.  Die vyand se mag oor ons word eenvoudig versterk wanneer uit eie geledere verklaar word hoe sleg ons is. Daarby het dit 'n demoraliserende uitwerking en lei dit tot 'n toestand van selfhaat waarvan die resultaat is 'n verlies aan toekomsvisie. Verder, is dit regtig wat ons vir die jeug wil sê, naamlik dat ons mede-verantwoordelik was aan die ondergang van ons eie volk? Dit is tog nie waar nie. Hoeveel van ons het nie dag en nag ons volksgenote gewaarsku teen hierdie bedeling nie. Ja, ons tyd en geld opgeoffer om week na week te poog om die verraad van De Klerk en sy bende te openbaar nie!

 

Die individu is net skuldig aan dit wat hyself gedoen het, of versuim het om te doen. Die individu kan nie vir 'n volk of 'n gedeelte van 'n volk se skuld pa staan nie. Boonop kan die gewone Afrikaner hoegenaamd nie aanspreeklik gehou word vir die verraad van De Klerk en sy bende nie. Daar is boonop nie een voorbeeld in die ganse geskiedenis van ons volk (en ook die res van die wêreld) waar 'n leier dag na dag aan die volk verkondig het hoe sleg hulle was en op daardie wyse die volk tot verset teen die onreg aangespoor het nie. Het president Paul Kruger of dr Verwoerd ooit vir die volk vertel hoe sleg hulle is? Het Napoleon dit gedoen?

 

Ware Afrikaner-nasionaliste kan dus nie anders as om hulle te distansieer van enigeen wat op hierdie tema voortborduur nie. Verset is die wagwoord van nasionalisme en skuldbesef die siekte van die liberalisme — die gif wat hulle onder ons wil loslaat.

 

In my eie omgewing was daar iets soos 7 plaasmoorde in die afgelope tyd gepleeg. Een jong boer veg vir sy lewe nadat 'n barbaar hom, soos verwag kan word van die lafaards, van agter oor die kop geslaan het. As hy bly lewe, sal hy breinskade hê. Is dit die Afrikaner se skuld? Hy wat elke dag swoeg en sweet om in hierdie Joods-beheerde staat kop bo water te hou? Asseblief tog! Waar is jou selfrespek as jy dit wil glo?

 

Daar is beter dinge om in hierdie tyd te doen as om na Joods-beheerde predikante en teoloë te luister (of hulle na te praat!) wat goed betaal word om die Afrikaner in die beskuldigdebank te hou. 'n Skuldkompleks vergiftig ons volk. Sonder selfrespek kan daar geen sprake van verset wees nie. NP van Wyk Louw het gesê dat 'n rebellie maar kan misluk, maar as een geslag sonder stryd verbygaan, is 'n volk gedoem tot uitwissing. Daar is al dikwels na die voorbeeld van Bloedrivier verwys. Ek lees niks van 'n skuldkompleks in die Gelofte nie. Ek lees wel van 'n geloof en 'n selfrespek wat hulle besiel het om te sê:

                Hier staan ons!