Alhoewel hierdie stellings hieronder al in verskeie vorme op ander plekke verskyn het, is dit tog belangrik om weer na die logika daarvan te kyk omdat ons in Suid Afrika intens daaraan blootgestel is. As deel van ons wapenrusting in die oorlog sonder koeëls wat op ons aangelê is, is dit besonder handig om dit in jou pylkoker beskikbaar te hê.
Vir perspektief haal ons een paragraaf aan uit ‘n vorige artikel op hierdie webblad wat aandui hoe ons voorberei word vir die Sosialisme.
By nou weet u waarskynlik almal van Uitkoms gebaseerde Onderwys wat in Suid Afrika in terme van akademiese toerusting klaaglik gefaal het. Akademiese opleiding was egter nooit die oogmerk met UBO nie! As dit nie die akademiese opleiding van die kind in die oog gehad het nie, wat was die oogmerk dan? Ek haal aan: “William Spady is the “father” of Outcome-Based Education (OBE), and he would write in “Future Trends: Considerations in Developing Exit Outcomes” (September 1987) that “Despite the historical trend toward intellectual enlightenment and cultural pluralism, there has been a major rise in religious and political orthodoxy, intolerance, fundamentalism, and conservatism with which young people will have to be prepared to deal”. OBE emphasizes the “group” over the individual student, and therefore perfectly fits into the movement toward Socialism. Die oogmerk dus? Die ANC se Sosialisme, waarvan hulle self geen begrip het die uiteinde sal wees nie!
Indien die beloning groot is, is die poging tot sukses groot, maar as die regime die beloning wegneem sal niemand probeer of wil probeer om sukses te bereik nie.
Hierdie stelling het sy oorsprong by ‘n professor in ekonomie wat in Amerika gese het dat hy in sy hele loopbaan nie ‘n enkele student gedruip het nie maar onlangs ‘n hele klas moes druip.
Dié klas het bv. aangedring dat Obama se Sosialisme werk sodat niemand arm en niemand ryk sal wees nie. Dus ‘n uitnemende gelykmaker.
Die professor se reaksie daarop was: “Goed, ons sal dan ‘n eksperiment in hierdie klas he volgens Obama se plan”. Alle prestasies sal voortaan gemiddeld wees en almal sal dus dieselfde punte kry. Niemand sal dus druip nie en niemand sal onderskeidings kry nie..... (Prestasie as plaasvervanger vir Dollars sodat almal maklik kan verstaan).
Na die eerste toets is al die prestasies gemiddeld en almal kry ‘n B. Die studente wat hard gewerk het was ontsteld en die wat nie juis hard geleer het nie was bly.
Vir die tweede toets het die studente wat min gewerk het, nog minder geleer en die wat hard gewerk het besluit om ook baie vir min te kry en het dus minder geleer. Die tweede toets se gemiddeld was ‘n D. Al die studente was nou ongelukkig.
Die derde toets se gemiddeld was ‘n F. Soos wat die toetse voort gegaan het, het die punte nie verbeter nie en stryery, blaamlegging en beledigings het gevoelens laat oploop en niemand wou werk vir die voordeel van ‘n ander nie.
Tot hulle almal se verbasing het hulle almal gedruip en moes die professor aan hulle verduidelik dat vir dieselfde rede sal Sosialisme faal omdat, Indien die beloning groot is, is die poging tot sukses groot, maar as die regime die beloning wegneem sal niemand probeer of wil probeer om sukses te bereik nie.
Eenvoudiger as dit kan dit nie.
Die onderstaande stellings is almal van toepassing op die bo-staand eksperiment van hierdie brijante professor.
1. Jy kan nie armes met wetgewing verryk deur die rykes met wetgewing te verarm nie.
2. Wat een persoon ontvang sonder om daarvoor te werk, het ‘n ander persoon voor gewerk sonder om iets daarvoor te ontvang
3. Die regime kan niks aan iemand gee, sonder dat hy dit nie eers van iemand anders afgeneem het nie.
4. Jy kan nie rykdom vermenigvuldig deur dit te verdeel nie.
5. As die helfte van die “people” die idee het dat hulle nie nodig het om te werk omdat die ander helfte vir hulle gaan sorg en die ander helfte kry die idee dat dit geen voordeel inhou om te werk omdat iemand anders die voordeel daaruit gaan kry nie, is dit die begin van die einde van daardie land.
