Vuurwapen -Pistool 9mm Parabellum
Het u al ooit gewonder waar kriminele hulle grootste bron vind om onwettige wapens in die hande te kry lees dan verder.
Op 21-02-2009 was ek deur gewapende rowers gekaap voor die ingang van die Wavecrest Hotel in Jan Smuts weg Johannesburg. My pistool, ʼn 9mm Parabellum en ʼn Mercedes was by my afgeneem. Die motor was binne 15 minute deur Tracker nie ver van die rooftoneel opgespoor. Die rowers het egter die motor net buite die Lokasie Alexander gelos en laat spaander met die pistool.
Ek het gereeld vir Inspekteur Mabaso by die Hillbrow Polisiestasie gekontak wie die saak hanteer het om uit te vind of hulle al die gesteelde wapen opgespoor het. Na jare het ek maar aanvaar dat dit 'n gegewe is dat die pistool vir altyd weg sal wees in die Nuwe Suid Afrika.
Tot my verbasing kry ek ʼn oproep 22 Augustus 2014 van ʼn Sersant Damons van Kuilsrivier in die Kaap om te vra hoekom my gesteelde vuurwapen nog by die Alexandra Polisiestasie is. Vyf jaar het verloop sedert die pistool geroof was. Ek het dadelik Kaptein Mbhele by die Alexandra Polisiestasie gekontak om my pistool af te haal. Hy gee my toe die nuus dat, volgens die Rekenaar het die Polisie die wapen vernietig Nieteenstaande dat die pistool se eienaar se besonderhede en telefoonnommer op al die Polisiestasies se rekenaars verskyn het word ek glad nie deur die Alexandra Polisie gekontak nie! Hulle verkies eerder om die vuurwapen wat wettiglik gelisensieerd is te vernietig. Ek het nou ʼn eis teen die Polisie ingestel.
