..... en die Christen van vandag is so goedgelowig dat hy verdwaas agter die “dier” aanloop sonder vraag of teenkanting, selfs wanneer sy kind se lewe op die spel is!
Daar is sekere begrippe in die Bybel wat nie werklik die inslag het wat dit behoort te hê by die lees daarvan, voordat die mens nie regtig blootgestel word aan die diepere betekenis en die vernietigende gevolge daarvan nie.
Enkele voorbeelde is bv. EFESIËRS 6:12: ”Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug,” en....
JOHANNES 15:19
As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
In ‘n boekie getiteld “MENTAL HEALTH SCREENING” deur Dennis L CUDDY, PH.D. is daar feite deur deeglike navorsing blootgelê wat daarop dui dat ons kinders, van voor skool tot 18 jaar en verby, blootgestel word aan praktyke wat u in u wildste drome nooit sou kon bedink nie!
Ek gaan slegs enkele voorbeelde aanhaal om u aandag te vestig op ‘n praktyk wat daarop gerig is om ons kinders totaal te vervreem van die Bybelse waardes waaraan hulle van huis uit veronderstel is om opgevoed te wees.
By nou weet u waarskynlik almal van Uitkoms gebaseerde Onderwys wat in Suid Afrika in terme van akademiese toerusting klaaglik gefaal het. Akademiese opleiding was egter nooit die oogmerk met UBO nie! As dit nie die akademiese opleiding van die kind in die oog gehad het nie, wat was die oogmerk dan? Ek haal aan: “William Spady is the “father” of Outcome-Based Education (OBE), and he would write in “Future Trends: Considerations in Developing Exit Outcomes” (September 1987) that “Despite the historical trend toward intellectual enlightenment and cultural pluralism, there has been a major rise in religious and political orthodoxy, intolerance, fundamentalism, and conservatism with which young people will have to be prepared to deal”. OBE emphasizes the “group” over the individual student, and therefore perfectly fits into the movement toward Socialism. Die oogmerk dus? Die ANC se Sosialisme, waarvan hulle self geen begrip het die uiteinde sal wees nie!
U mag nou dink dat omdat UBO by ons gefaal het, ons kinders nie meer aan daardie gevaar blootgestel is nie. Dit sal egter ‘n massale fout wees!
In April 2002 het die voormalige president van die VSA, George Bush, ‘n organisasie gestig met die naam, New Freedom Commission on Mental Health. Die gedagte daarmee was om uiteindelik die hele Amerikaanse bevolking te onderwerp, beginnende by voorskoolse kinders, aan skandering van hulle geestelike ingesteldheid ten einde hulle te kan onderwerp aan medikasie.
In hierdie verband is Bush geassosieer met Eli Lilly & Co., vervaardigers van Prozac en die antipsigotiese middel, Olanzapine. Die vraag wat ontstaan, is wat het dit nou met kinders, en dan veral met ons kinders hier in Suid Afrika te make? Op die voorblad van die boek van Dennis Cuddy word die vraag gevra, “How will it affect your children?”, bedoelende How will MENTAL HEALTH SCREENING affect your children. Dít was wat my aandag getrek het en ook elke ouer met kinders se aandag behoort op te eis!
Die oorhoofse oogmerk is steeds een wêreld regering wat ‘n wêreldbevolking vereis wat bereid is om daaraan onderwerp te word. Om dit te bereik moet individualiteit en nasionalisme vervang word met sosialisme en een wêreldgodsdiens. Al hierdie begrippe klink veral vir ons Afrikaners belaglik en onhaalbaar en word dus bloot afgemaak as praatjies vir die vaak. Die vordering wat egter reeds onder ons eie volk gemaak is op pad na die bereiking van daardie doelwit, het dienooreenkomstig by ons verby gegaan.
Omdat onderwys die ideale voertuig is vir die bo-vermelde begrippe, word kinders onderwerp aan toetse wat dan gebruik word om hulle te klassifiseer vir gebruik van medikasie soos bv. die middel Ritalin. Daar is reeds in die 1960’s vasgestel dat Ritalin invloed uitoefen op die sentrale senustelsel van kinders met ‘n verdowende effek en is gebruik as ‘n persoonlikheid en gedagte- beheerdwelm by klein kinders. Ritalin is bevind om dieselfde uitwerking op die brein te hê as kokaïne, maar word vry algemeen voorgeskryf om gebruik te word by kinders wat volgens onderwysers te aktief (aandag afleibaar is die towerwoord) is.
In 1970 skryf Zbigniew Brzezinski in “Between Two Ages: America’s Role in the Technetronic Era”, verwysend na die “Ruling Elite”, “Society would be dominated by an elite...(which) would not hesitate to achieve it’s political ends by using the latest modern techniques for influencing public behavior and keeping society under close surveillance and control. Man is increasingly acquiring the capacity to affect through drugs the extent of (children’s) intelligence, and to modify and control their personalities.”
As dit saamgelees word met die verklaring van Samuel Zane Batten wat in 1919 gepubliseer is deur die American Baptist Publication Society dat: “We have vindicated (regverdig) the right of social control...The state must socialize every group.... Men must learn to have world patriotism. World patriotism must be a faith. Men must see and affirm that above the nation is humanity. Internationalism must first be a religion before it can be a reality and a system.” Kyk dan weer na wat al reeds in Suid Afrika toegegee is en gelate aanvaar word om te besef hoe vêr die Afrikanervolk reeds op hierdie pad saamgesleur is! Dit alles net omdat sogenaamde Afrikanerleiers beginsels versaak en geloof verloor het en ons volk in groot mate daarmee saam. Wat reeds in Amerika met die kinders daar gedoen word, is ook by ons aanwesig en oral in die wêreld waar die Amerikaners invloed het.
Ons verweer hier is verset en nogmaals verset! U moet u verset teen wat vir die kinders op skool geleer word, maar veral waaraan hulle onderwerp word soos bv. Yoga en al sy rituele! U moet u verset teen vermenging van ras. U moet u verset teen die beskuldigings van rassisme. U moet u verset teen horisontale versoening. U moet u verset teen die afskaffing van Afrikanergedenkdae deur dit in groot getalle te bly herdenk. U moet u verset daarteen om nie die Here te dien nie en veral om nie u huisgodsdiens getrou instand te hou nie. Verder is dit belangrik om mede Afrikaners wat nou swaarkry te help waar en soos wat dit binne u vermoë val.
Moet veral nie moed verloor, u geloof versaak en die veranderde omstandighede aanvaar nie. U moet dit noodwendig in sommige gevalle verdra, maar u moet dit nie aanvaar as onomkeerbaar nie! Verset uself teen die aanslae van die Satan en sy handlangers, wat in sommige gevalle van ons eie mense insluit. Moet u nie laat vertel dat dit wat u met u oë kan sien, met u ore kan hoor en selfs fisies moet beleef, nie so is nie!! Hierdie stellings van de Klerk en genote dat dit nou beter is as voor 1994 is sigbaar, hoorbaar en beleefbaar net eenvoudig nie waar nie en moet ‘n mens werklik kranksinnig wees om dit te glo!
Moet veral nie diegene ondersteun wat met die vyand onderhandel nie! Wat oplossings in die buiteland gaan soek terwyl ons onheil reeds daarvandaan beplan en uitgevoer is deur die swart terroriste in ons land daarvoor aan te wend nie. As gelowige volk moet ons hoop en verlossing by God gesoek word vanwaar dit telkens gekom het deur ons voormalige gelowige leiers en voorsate se afhanklikheid van Hom by wie hulle sonder uitsondering hulp gevra én gekry het!
Die stryd bly steeds die stryd tussen lig en duister en géén toegewing aan die duister, hoe “regverdig dit ook mag lyk of klink, sal ons baat in hierdie oorlog sonder koeëls wat meedoënloos, vernietigend teen ons woed om ons by hierdie Satansmagte ingesleep te kry nie! In 1932 reeds het die National Education Association’s Department of Superintendance in sy tiende jaarboekuitgawe onder die titel, Character Education hulle plan om die Amerikaanse skole te gebruik om tradisionele waardes te ondermyn, gepubliseer in hulle strewe na wêreldoorheersing deur een wêreldregering om te verseker dat die burger van die toekoms ‘n wêreldburger sal wees!
Die Sekretaris van onderwys in Amerika, Rod Paige, het sy ingenomendheid op 3 Oktober 2003 uitgespreek met die besluit van die VSA se heraansluiting by UNESCO en dié se benadering om die Amerikaanse kind op te voed as, “citizens of the world”, since citizens of the state have to obey the laws of the state, so citizens of the world will have to obey world laws. In ‘n toespraak in Shanghai op 1 Julie 1998 het Bill Clinton in ‘n toespraak na homself verwys as, “a citizen of the world.” U kan dus merk dat die stryd nie gister begin het en nie more gaan ophou nie! Dit is ewgdurend en was my opleiding in die weermag in die vroeg sestigerjare deurspek met die waarskuwing van ‘n totale aanslag! Wat het daarvan geword? Waar is die manne wat saam in daardie jare opgelei is? Waar is die nasionale saambinding van daardie tyd wat voor die sluipmoord op dr. Verwoerd bestaan het? Was die inbors, die opleiding, die geloof in wat reg en edel en waar was so oppervlakkig dat die “Winds of Change van die Brit Harold Mac Millan dit skoon weggewaai het?
Hulle haat ons en die wêreld haat ons omdat ons nie van hierdie wêreld is nie en veral omdat ons deur God uitverkies is! As ons dan God as vader verkry het deur Jesus Christus, laat ons dan soos van ouds, ons hulp by Hom soek en nie by die wêreld nie!
JESAJA 31:1
WEE hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.
