Media

RAPPORT SE CAVEAT??

altDie AVP wonder wat is by Rapport aan die gang? Dié “hogere” en in die algemeen onbekende caveatwoord, met “regterlike waarskuwing, of protes” as betekenis, pas hoegenaamd nie in Rapport se mondering indien die tema wat onder bespreking geneem is, in aanmerking geneem word nie.   Op bladsy twee van Rapport van 30 November 2014 verskyn ‘n artikel onder die opskrif: “Rapport sê, Verwerp Blade se dreigemente”.  Hierdie opskrif wat reeds op die voorblad van dieselfde Rapport in ‘n fokuskol beklemtoon word met die verstommende aanbeveling van: “Hou op skaam wees vir Afrikaans en sê vir Blade: ’Nee’” Sou eerder in Volkstem van die AVP verwag word as in die Afrikanervyandige en tot nou toe, uiters linkse Rapportkoerant!

 

Kan dit wees dat die redakteur, Waldimar Pelser se aanstelling ‘n glips was of begin Rapport se Media24 base die weerstand teen ongeregtigheid wêreldwyd sien en die gevolge daarvan verreken? Op 16 November was daar ‘n soortgelyke berig met die “caveatwoord” waar Rapport oor nugterheid praat. Kan dit wees dat daar nugterheid in die politieke denke van sommige in die mediaketting van Media 24 gekom het?

Ons antwoord sou uit die nugterheid vanuit die geskiedenis oor politieke gebeure van die afgelope 48 jaar, sonder skroom sê, nee! Daar is nie nugterheid by Rapport nie, net opportunisme soos wat dit by alle liberales en liberale instansies voorkom. Wat meer is, is die openbare steun aan Solidariteit en hulle “politiekkorrekte” veelrassigheid wat ook neerslag vind in Rapport se artikel van 16 November wat hier onder aangehaal word.

Hierdie soort protes, (want regterlike waarskuwing kan dit tog nie wees nie) van Rapport, het dieselfde waarde as om te wind in donderweer! ‘n Stelling soos: “Solank ons belê in die ontwikkeling van vaardighede vir alle Suid-Afrikaners behoort slegs persoonlike voorkeur en meriete te bepaal wie watter pos kry” is die soort benadering van F W de Klerk en sy stigting, Solidariteit en AfriForum.  Dit verskil inderdaad niks van die ou VP,  Progressiewe Federale Party wat ontstaan het uit die Progressiewe Party, die DA of selfs die ANC nie. ‘n “Politiekkorrekte” beleidsuitspraak wat die internasionale wêreld moet tevrede hou, al beteken dit die uitwissing van die regmatige eienaars van Suid Afrika en die totale verval van sy infrastruktuur wat werkloosheid, wetteloosheid, lewensverlies, anargie en chaos tot gevolg het,  waar daar onder Afrikaner eienaarskap en bestuur in elke geval die teenoorgestelde toestand was.

Wanneer liefde en voorkeur vir die eie, bv. jou taal, kultuur, onderwys en Godsdiens as rassisties tipeer word, het almal wat hierdie lewenswet ignoreer jou vyand geword! Dáárteen stry die AVP met oorgawe!

 

Rapport sê: Nugter? Dink dalk weer

Sondag 16 November 2014 4:00 vm.

Die nugter denke wat in die Staatsdienskommissie wortel geskiet het oor regstellende aksie word deur Rapport verwelkom, maar lesers moet dié nuus met ’n knippie sout neem.

 

“ Waarom reken ons behoort hoegenaamd enige deel van die staatsdiens, of enige maatskappy se direksie, of enige kantoor se personeel, ooit die nasionale demografie sekuur te weerspieël?  

Die kommissie se waarnemende voorsitter het die afgelope week gesê regstellende aksie moet hersien word, aangesien transformasieteikens bereik is en kaderontplooiing boonop daartoe lei dat ongekwalifiseerde kandidate soms top-staatsposte kry.

 

Adv. Richard Sizani het amper geklink soos dr. Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat in Junie gekruisig is toe hy gedurf het om te sê regstellende-aksie-aanstellings in die rade van dorpe soos Bloemhof het tot die dood van babas gelei wat besmette water gedrink het (infrastruktuur wat weens ’n vaardigheidstekort instort, was die sondaar).

 

Die rede vir Rapport se caveat is dat ’n aanbeveling van die kommissie nie oornag die gedrag sal verander van stiksienige ideoloë wat aanstellings in staatsdepartemente doen nie.

Tweedens word die premis waarop die transformasiebeleid in die staatsdiens berus, steeds nie genoeg deur redelike mense aan skerp bevraagtekening onderwerp nie.

 

Naamlik: Waarom reken ons behoort hoegenaamd enige deel van die staatsdiens, of enige maatskappy se direksie, of enige kantoor se personeel, ooit die nasionale demografie sekuur te weerspieël? Solank ons belê in die ontwikkeling van vaardighede vir alle Suid-Afrikaners behoort slegs persoonlike voorkeur en meriete te bepaal wie watter pos kry.

 

Dié punt van ware nugterheid het ons nog lank nie bereik nie. (AVP beklemtoning)

Ons sluit Meyer se kommentaar in omdat sy standpunt eerder te versoen is met Rapport se baanrekord as die standpunte wat nou na vore kom!

 

1 kommentaar

Willie Meyer16da1

Hierdie benadering is niks beter as die gehate groepsgebiedewet, werkreservering en ander belaglikhede van die vorige bedeling nie. As daar nie weggedoen word met ras as maatstaf vir enigiets nie, gaan hierdie land in die afgrond in getransformeer word. In geen beskaafde land bestaan daar so-iets soos “ representivity” nie. Dis net so 'n ideologiese miskraam as apartheid