Die afgelope onmin in die parlementêre debat wat grootliks handel oor Zuma wat nie vrae wil antwoord oor die R247 miljoen wat bestee is aan die opgradering van sy persoonlike woonplek nie, bring Afrika politiek na die voorgrond vir almal om te sien. Verbale geweld wat kulmineer in fisiese geweld sal toenemend meer die reël as uitsondering word soos waar dit reeds buite die parlement hoogty vier en sigbaar is in die aantal politieke moorde wat gepleeg word in die stryd vir posisie wat toegang tot voorspoed spel.
Dit is wanneer van die swart opposisielede na die ANC as “African National Criminals” verwys, nadat Ramaphosa die vorige dag daarin kon slaag om die opposisie te oorreed om by parlementêre reëls te bly en die orde in die debatvoering te handhaaf, dat daar begrip behoort te realiseer vir Afrikapolitiek maar veral ook vir die ervaring van voormalige politieke leiers wat gepoog het om in een stelsel alle rasse se wel en weë te akkommodeer.
Terwyl behoudende organisasies en partye dit eens is dat rasseskeiding die enigste oplossing is vir vreedsame naasbestaan in die huidige Suid Afrika, kom die motivering daarvoor nie slegs uit die afgelope twintig jaar se katastrofale “democracy” nie, maar wel uit die ervaring wat deur die geskiedenis opgedoen en vir ons as riglyn nagelaat is om die ellende van rasvermenging te vermy.
Die wrywing en konflik wat ‘n gemengde samelewing opgelewer het , het selfs Genls. Botha en Smuts, dié twee Afrikanerliberaliste van hulle tyd, apartheid as die enigste oplossing laat insien. In April 1912 sê Genl. Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die nie-blanke vraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.
In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”
“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and
legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different. Die moedswillige ontkenning van hulle ervaring deur die liberaliste van óns dag, is nou meer as net ‘n vraagstuk! Dit bedreig ons voortbestaan as Afrikanervolk!
Om die Afrikaan se inslag by die Afrikaner se behoefte en aard aangepas te kry, of omgekeerd, sit nie in Ramaphosa of Maimane se broeke nie en vir dieselfde rede ook nie in Zille of Piet Croukamp s’n nie! Die sirkus in Suid Afrika wat sy hoofvertonings in die raadsale van die parlement ten toon stel, sal gaandeweg hulle “glans” verloor namate diegene wat dit tans nog vermaaklik vind deur die gevolge daarvan toenemend benadeel word!
