Die onluste polisie se ingryping in die parlement die afgelope week, is die kulminasie van getalle politiek waar Zuma begin gebruik maak van sy meerderheid van 60%+. Dit was skynbaar ook sy opdrag op die afgelope Nasionale uitvoerende komiteevergadering waar hy opdrag gegee het dat die ANC (Lees Zulu’s), hulle meerderheid moet gebruik om die aanslag van die minderheidspartye die nek in te slaan in die parlementêre debatte, en in besonder op hom en Ramaphosa.Hierdie benadering is waarskynlik die begin van ‘n modus operandi wat tekenend is van Afrika politiek. Die persoon in die magsposisie sal elke moontlike aanslag op hom afweer deur homself te omring met sy beste ondersteuners en hulle sal op hul beurt weer optree uit die verwagting van die moontlike vergoeding wat daaruit mag voortspruit. Die onmin wat hierdie soort optrede veroorsaak onder die algemene publiek is dan gewoonlik ook die begin van landswye onrus wat onvermydelik uitloop op anargie en chaos.
As ‘n mens hierdie verwikkeling saam met ‘n paar ander omstrede gebeure beoordeel, is dit duidelik dat Suid Afrika se vooruitgang op ‘n onstuitbare afdraande pad verkeer wat op die korttermyn vir sommige enkelinge finansiële voordeel inhou, maar oor die langer termyn, algehele ineenstorting van die totale infrastruktuur.
Met Zuma se aanbeveling om die omstrede Hlaudi Motsoeneng aan te stel as hoof van die SAUK, wat na sy aanstelling ook dadelik met onderhoude begin het om sleutelposte te vul, terwyl beide Motsoeneng en sy aansteller in die pos, Ellen Tshabalala ondersoek word vir leuens op hulle CV’S ten opsigte van hulle kwalifikasies, is die deur oop vir allerhande indien nie enige verdere ongerymdheid om kriminele te beskerm teen vervolging.
Indien ‘n mens in dieselfde tydperk verneem dat ‘n hele skool in slegs drie weke steen vir steen gesteel en weggedra is, begin ‘n duidelike beeld van totale wetteloosheid in Suid Afrika vorm kry. Wat vir die Blankedom in Suid Afrika egter onrusbarend behoort te wees is die ophef van die vermoorde sokkerspeler met sy bykans staatsbegrafnis terwyl die stygende grafiek van moorde op blankes geen aandag van staatskant af kry nie. Blankes moet begin besef dat daar van die regime se kant, géén toegeneentheid teenoor die blanke bestaan nie en het veral die Afrikanervolk die melkkoei van Afrika geword!
Blankes sal ernstig moet besin oor die sluit van geledere oor bepaalde gemeenskaplike sake waaroor daar geen verskille kan wees nie. Terwyl die swart vakbonde oorhoops le met mekaar en met die ANC. Verset teen moorde op blankes deur hoofsaaklik swartes, die moratorium op aflegging van plaaswerkers, verhoogde krag en watertarriewe terwyl miljarde afgeskryf word van nie-blanke verbruikers, is alles sake waaroor daar landwyd ooreengekom kan word, ongeag politieke en ander onderlinge verskille.
