Media

100 000 ITALIANERS PROTESTEER TEEN ONWETTIGE IMMIGRANTE

Protest Lega Nord zaterdag18 okt in milaanLEGA NORD PARLEMENTSLID MNR. PAOLO GRIMOLDI: “ONS KAN Sê DAT SUID-AFRIKA IS NADER AAN NOORD ITALIË EN LOMBARDYE AS SICILIË.”

 

Ons het ‘n interessante onderhoud met meneer Paolo Grimoldi gehad, wat Lega Nord as Parlementslid verteenwoordig. Hierdie politieke party sit in die parlement sedert 1994 en dra by tot baie goeie dinge vir Italië.

 

“Meneer Grimoldi: Hoe lank is u al parlementêre verteenwoordiger vir u party?"

 

"Ek is in 2006 die eerste keer verkies".

 

"Kan u ons iets van Lega Nord vertel?"

 

"Lega Nord is 'n politieke party wat onafhanklikheid nastreef vir die noordelike gebiede soos Lombardye wat Italiaans wil bly".

 

"Wat is die opinie van u party oor die sogenaamde multikulturele gemeenskap?"

 

"Multikulturele gemeenskappe vernietig die eie identiteit, skep sosiale probleme en ek dink hul integrasie gaan ten koste van die landgebonde kulture van die gasteland. Dit is aspekte van immigrante wat Europa binnekom met uitkyke wat verskil van ons beskawing. Dinge soos vrouebesnydenis, veelwywery, en dra van sluiers en kopdoeke. Hulle waarde en uitkyke verskil baie. Ons moet eis dat hulle ons kultuur eerbiedig en ons hoef dit nie noodwendig vice-versa te doen nie".

 

"Ons lees in die koerante dat vlugtelinge wat van Libië af kom, nie tevrede met Italiaanse voedsel is nie en dit in die strate neersmyt en ander kosse vra. Het u daaroor in die Parlement vrae gestel"?

 

"Ja dit het ons gedoen. Hierdie mense behoort nie voorkeur in ‘n normale land tydens ‘n krisis te geniet nie. Hulle oorsprong is owerigens nie net Libië nie, maar vanuit die hele Afrika en groot gedeeltes van Asië”

 

"Vóór hierdie onderhoud het u ons vertel dat die Suid Afrikaanse taal nie vreemd vir u was nie. Kan u ons meer vertel daaromtrent?”

 

"Ja dis reg. My vader het my as kind ingelig oor Europese kulture, Suid Afrika en die Afrikaanse taal. Hy het vir my gesê wat die redes is waarom dit so uniek was teenoor die res van die Afrikaanse kontinent".

Paolo Grimoldi2 

"Meneer Grimoldi: Op Saterdag 18 Oktober was daar 'n groot saamtrek in Milaan. Kan u ons asseblief 'n beeld hieroor gee?"

 

"Daar was baie meer belangstellendes wat ons verwag het. Daar was meer as 100 000 mense in die strate om 'n immigrantestop te eis, en die verspreiding van die Ebola virus inagnemende, het hulle 'n versoek gedoen vir 'n verbod van immigrante uit die Middellandse see gebied na Italië. Hierdie land is die enigste op die wêreld waar oorlogskepe gebruik word om oral op die Middellandse see, immigrante te gaan soek van die belastinggeld van die Italianers".

 

"Wat moet na u siening gebeur sodat ons Westerse lande verlos sal word van die Islamiete?"

 

"Ons huidige probleem is dat ons, ons taal, kultuur, identiteit en religie in die naam van die multikulturaliteit wil prysgee. Hierdie sal egter nooit werk nie want die Moslemse geloof word hoër as die staat en politiek gestel. Tweede of derde generasie Moslems bly primêre Moslems ongeag of hulle in ‘n Westerse land gebore word of burgers is van die land waar hulle bly. Wie dit nie kan insien word vroeër of later deur die omliggende gemeenskap ge-islamifiseerd".

 

"Hoekom dink u dat slegs Lega Nord baie lief is vir Italiaanse tradisies soos bv. polenta?"

 

"Want dit is slegs Lega Nord wat ons eie mense bo die immigrante stel.

Ons optrede is normaal. Die ander partye verdedig die vreemdelinge se gewoontes wat abnormaal is.”

 

”Lega Nord neem sterk standpunt teen plaasmoorde in Suid Afrika. Dink u dat die regime gou of dalk langer sal neem om te verdwyn?

 

"Ek is nie heeltemal op die hoogte van sake in Suid Afrika nie, maar die huidige situasie lyk vir my na 'n demokratiese diktatuur van die meerderheid".

 

"Meneer Grimoldi dankie vir u tyd en die beste wense van ons aan u mede parlementêre verteenwoordigers en die Italiaanse volk".

 

"Groot plesier en ons as Lega Nord wens die Afrikaner Volksparty en die Afrikaners net die beste toe".

 

Kyk ook asb by:

http://www.leganord.org/

https://www.youtube.com/watch?v=_0S6UVaHjAQ