Op 10 Oktober 2014 het die AVP sy sesde jaarkongres by Fort Skanskop gehou, met as tema: "‘n OORLOG SONDER KOEËLS” Om die kongres af te sluit het ons gereël dat daar ‘n simboliese kanonskoot afgevuur sal word wat ons tema vir die volgende jaar ingelui het. Met die goedgunstige samewerking van die monumente komitee, was dit ‘n swanger oomblik, gelaai met emosie opgebou uit die ontleding en riglyne van die betrokke sprekers en is dit deur mev. Veronica van Rooyen vasgevang in ‘n puik foto met ongeëwenaarde tydsberekening.

