CALVINISTIESE ALLIANSIE... ?
Dinge word al meer onder die dekmantel van alliansies gedoen. Oral word 'n beroep op "samewerking" gedoen, veral in volks- en kerkverband. Nou kan ons vra waarom alliansies nodig is. Daar is sekerlik ook iets goeds oor te sê as dit 'n saak sonder verskuilde agenda en persone met dieselfde ideale is. Maar in die omstandighede waarin ons volk tans verkeer is 'n alliansie uit die aard van ons volksprobleme juis die samewerking met instansies en persone wat in die eerste plek met 'n bepaalde rede nie binne ons eie volks- en kerkverband verkeer nie. Daar moet duidelikheid wees oor waarom daardie instansie en sy voorstanders nie deel van 'n spesifieke groep uitmaak nie. Die voor die handliggende rede sal wees omdat hy nie dieselfde sieninge deel nie. Nou waarom wil ons dan in alliansie met so 'n instansie gaan? Het ons nie uit die verlede geleer hoe die vyand ons volk insluk en verteer wanneer ons onsself blootstel aan die breinspoeling van samewerking sodat ons volksvyande ons kan verdeel en oor ons regeer nie?
Die Calvinistiese Alliansie is op Saterdag 23 Augustus 2014 gestig. Stigterslede kom uit verskeie kerke, organisasies en christelike denominasies waarvan sommige rasgeïntegreerd is.
Die doelwit van die Alliansie soos bepaal in sy Reglement van Orde, is "... om leiding te gee binne volksverband en die toepassing van Bybelse beginsels... en verskillende gemeentes te betrek in die stryd teen die liberalistiese ekumeniese aanslag teen ons volk." Die Alliansie voel dat hy " ... deur middel van ordelike verset 'n bydrae tot die stryd kan lewer."
Die middele wat die Alliansie homself ter oë stel is "Boere-Afrikaners wat op plaaslike aksie-komitees moet dien vir die bestryding van nadelige invloede, en kerke wat ondersteuning hierin moet bied."
In die Reglement van Orde word ook bepaal dat "enigiemand, individue en organisasies, wat die grondslag en doel van die Alliansie onderskryf en hulle daaraan onderwerp lede van die Calvinistiese Alliansie mag word". Dit is dus 'n oop organisasie vir alle rasse, kerke en politieke organisasies wat bereid is om hul te onderwerp aan die bepalinge van die Reglement van Orde. Siende dat sommige stigterslede uit rasgeïntegreerde denominasies kom kan die doel van die Calvinistiese Alliansie dan ook nie anders gesien word as 'n poging tot samewerking tussen swart, wit en bruin nie. Wat die doel hiervan sou wees moet met dieselfde erns ondersoek word as gekyk word na die teenstellende "volkseie doelwit" van die Alliansie met die volksvreemde samestelling van Alliansielede.
'n Noodsaaklike vraag is hoe 'n rasgeïntegreerde organisasie hul doelwit "om leiding binne volksverband te gee in die stryd teen die aanslag teen ons volk", ons blanke Afrikanervolk enigsins tot hulp kan wees.
Nog vrae waaroor duidelikheid sal moet kom is wátter volk asook wátter stryd die Alliansie werklik in die oog het, asook watter nadelige invloede die Alliansie wil bestry.
Dit sal die ernstige verantwoordelikheid van elke opregte christelike denominasie en "Boere-Afrikaner" wees wat hul volgens die Alliansie se beskrywing van "beskikbare middele" wil inlaat om "op plaaslike aksie-komitees te dien vir die bestryding van nadelige invloede, met kerke wat ondersteuning hierin moet bied.
