In die lig van die onlangse twee lugrampe, Malaysia Airlines se vlug MH370 wat in Maart 2014 verdwyn het met 239 mense dood en Malaysia Airlines se vlug MH17 waarin 298 mense dood is op Donderdag 17 Julie 2014, is van die mees skokkende gebeure waarin die minagting vir menselewens demonstreer is vir die wêreld om te sien. Die bring van nuwe getuienis bring nou egter Suid Afrika ook in gedrang! In albei hierdie gevalle is daar wyd bespiegel oor die oorsake, dog geen klinkklare bewyse of getuienis van wat werklik gebeur het is beskikbaar nie. Daar word ‘n sluier getrek oor die werklike gebeure om die betrokke lande, persone en instansies wat by hierdie verskriklike vergrype betrokke is, te beskerm.
In Sondag se Sunday Times verskyn daar nou ‘n berig van nuwe getuienis oor die Helderberg vliegramp vlug SA 295 van 28 November 1987 waarin 159 onskuldige mense dood is. Hierdie vliegtuig van die Suid Afrikaanse lugdiens blyk dit nou, het hoogs ontvlambare vuurpylbrandstof aan boord gehad waarop daar ‘n internasionale wapenverbod was.
Dit blyk verder dat by drie geleenthede missiele opgemerk is wat op SAL passasiersvliegtuie gelaai is. Die man wat nou na 26 jaar hierdie bewerings maak, is mnr. Wimpie Bothma 57, wat in Brakpan woon. Hy betrek ook mnr. Gert van der Veer, hoof uitvoerende amptenaar van SAL op daardie stadium. Bothma sê sy motivering vir die bekendmaking van die inligting is ‘n beroep van een van die slagoffers se seuns, mnr. Peter Otzen, wat twee weke gelede in die Sunday Times verskyn het, dat enigiemand met inligting oor die werklike oorsaak van die ramp, asseblief na vore moet kom.
Die werklike tragiek van hierdie gebeure is egter die feit dat daar mense is wat reken dat onskuldige menselewens ondergeskik is aan hulle agendas, vir watter rede ookal. Hoe verskil dit van moord op iemand sodat jy jou doel kan bereik deur die daad aan iets of iemand anders toe te dig sonder om die verdriet, trauma en waarskynlike ontwrigting van hulle wat agterbly in aanmerking te neem?
New evidence of Helderberg cargo cover-up Sunday Times.
A former South African Airways cabin crew member has spoken out for the first time about his role in concealing what cargo the Helderberg was carrying when the aircraft crashed on November 28 1987, killing 159 people
