Media

WEET U WAT IS ‘N LUNSRIEM?

Dit is die riempie wat los om die naaf van die wiel gebind word en dan die stofaanpaksel skoonvee soos wat die wawiel in die rondte draai. Die wielnaaf is iets soortgelyks aan die regime wat die de Klerkregering oor die Afrikanervolk gebring het. Die lunsriem word besoedel deur die inhoud van die teerputs wat dan die stof van die naaf versamel in ‘n skoonmaak proses. Ten spyte van die aanpaksel van ghries en stof op die lunsriem, bly dit egter steeds aanneemliker as die regime waarvan die besoedeling net toeneem namate die rewolusie se omwenteling net meer en meer besoedeling opgaar sonder lunsriem om dit skoon te hou toe dit afgeval het. Dit sou mos met wigte en teëwigte klopdisselboom met die Afrikanervolk gegaan het deur die RNE van de Klerk wat dit egter nie daar kon uithou nie. Sonder ‘n lunsriem vergader die stof om die naaf en dring binne tot op die as en slyt alles weg totdat die wiele afval!

 

Laat ons as Afrikanervolk maar weer soos van oudsher laer trek en ons waens hersien en veral verseker dat die lunsriem in plek is vir ons reis vorentoe. 

ONDERDELE VAN 'N OSSEWA