In die toespraak van Simon Deng van Soedan, “Sudan - a remarkable address to the recent " Durban Conference" in New York”, waarin hy die Jode aanprys en heeltemal tereg die uiterste ellende van sy eie volk vergelyk met die gebeure in Gaza, is ‘n mens verbaas dat hy die gebeure in Israel in Junie 2012 deur die vingers sien. Ek verwys na ʼn berig in die Beeldkoerant van Dinsdag 12 Junie 2012, wat behalwe dat dit kommentaar verdien, helder lig werp op ʼn politieke dubbelslagtigheid van Joodse kant, wat uitgeklaar moet word. Ek haal enkele stellings uit die berig aan. “Israel wil Afrikane ‘uit liefde vir volk’ deporteer”2012-06-11 Tel Aviv. – Israel het immigrante van Afrika begin bymekaar-maak in die eerste fase van ’n omstrede “noodplan” om duisende wat as ’n bedreiging vir die Joodse aard van Israel bestempel word, te deporteer. Tientalle Afrikane, hoofsaaklik ma’s en kinders van Suid-Soedan, word volgens Israel Radio al in Eilat, die oordstad aan die Rooi See se oewer, aangehou. “Hierdie is nog net ’n klein groepie van die indringers.
Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,” het Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, gesê. Die doel met die noodplan is die repatriasie van al die geraamde 60 000 immigrante van Afrika. Die immigrante se teenwoordigheid word deur talle Israeli’s as ’n kwessie van reg en orde en selfs ’n bedreiging vir die lewensvatbaarheid van die Joodse staat bestempel.
Nagenoeg 500 Soedanse mans het eergister vreedsaam in Tel Aviv betoog teen die deportasie, die oplossing wat Binyamin Netanyahu, die Israelse premier, voorgestel het ná maande van debat oor hoe om die intog van immigrante te hanteer.
“Ons is vlugtelinge, nie misdadigers nie!” het die Soedannese gedreunsing. Talle van die Soedannese sluit vlugtelinge van Darfoer in en hulle leef al jare vreedsaam in Israel in ’n wetlike niemandsland omdat hulle nie amptelike vlugtelingstatus het nie.
Hulle het gesê hulle word nou die teiken van vyandigheid teenoor swart mense in ’n arm deel suid van Tel Aviv waar ’n klomp van hulle woon.
Hierdie berig het aanleiding gegee tot ‘n brief aan die Joodse Raad van Afgevaardigdes van die AVP. Die vraag wat beantwoord moet word is of die Jode van Suid Afrika, mnr. Eli Yishai en Binyamin Netanyahu se standpunte steun en of u dit repudieer? Ek vra die vraag omdat die Jode en Joodse gemeenskap in Suid Afrika se optrede dusver, lynreg bots met die standpunt van die Israeliese regering soos in die berig hierbo. Wat nog erger is, is dat die Suid Afrikaanse Jode se optrede ook teenstrydig is met julle verklaarde beleid van: . “We work for the betterment of human relations between Jews and all other peoples of South Africa, based on mutual respect, understanding and goodwill, and to protect the civil liberties of South African Jews. We are committed to a South Africa where everyone will enjoy freedom from the evils of prejudice, intolerance and discrimination”, soos wat dit verskyn op julle webblad.
Julle “All other peoples of South Africa”, het beslis die Afrikanervolk uitgesluit en die Kommunisme ingesluit. Die aandeel van die, “two tiny communities in South Africa, waarna Mary Kluk hier onder verwys en waarvan u gemeenskap een is, het bygedra tot die verlies van die Afrikanervolk se land en algehele verval en ongebreidelde geweld wat volgens statistiek van Interpol, tot die onnatuurlike dood van meer as 600,000 mense gely het.
Dit laat ‘n mens wonder waarom Simon Deng hierdie gebeure ignoreer. Die klem val sterk op die internasionale spinnerak van propaganda deur die woord en weerwoord!
