Wat ‘n bespotting het Suid Afrika nie geword sedert dit in die hande van die “edele” barbaar in 1994 geval het nie. Hoe het die helde nie geval nie. Onsin uit die mond van ‘n president, eerste minister, professor, doktor of man in die straat, blý onsin! As die onsin dan nog in die praktyk sigbaar en telkens hoorbaar én tasbaar word, word dit nie net ‘n bewys van hopelose oordeel nie, maar ook ‘n bewys van kwaadwilligheid. Die vraag wat hier aan die orde kom, is watter soort mens het jy mee te doen wat nie skroom om ‘n beskawing in die afgrond te stort en te vervang met diewe, moordenaars en rowers nie en dan nog in die openbaar verklaar dat hierdie bedeling beter is as wat dit voor 1994 was. Die onderstaande berig in die Rapportkoerant is bloot ‘n herhaling van daaglikse verskynsels op elke lewensterrein in Suid Afrika sedert 1994! Hoe en deur wie dit nou ookal anders voorgestel word, is dit duidelik vir almal om te sien dat perdedr@##e nie droë vye is nie! In die vertolking van die AVP en elke Afrikaner wat nog nie sy Afrikanerskap verhandel het nie, is niemand wat die huidige stelsel in Suid Afrika bewierook, droë vye of selfs perdedr@##e waardig nie!
Spioene, seks en Jan Taks
2014-08-09 23:49 Jacques Pauw’n Korrupte eenheid binne die intelligensiegemeenskap is besig met ’n goed georkestreerde plan om eerlike polisiemanne, staatsaanklaers en belastingamptenare te diskrediteer en om hul eie smokkelnetwerke, veral in die tabakbedryf, te beskerm.
Rapport kan vandag die bestaan onthul van die Eenheid vir Spesiale Operasies (ESO), ’n eenheid binne die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) waar korrupte spioene vrypas het om hulself te verryk deur sigaretsmokkelary, hul rampokker-vriende van vervolging te beskerm en eerbare staatsamptenare te diskrediteer. Onwettige projekte wat die afgelope jaar deur dié dirty tricks-eenheid aangepak is, sluit in:
* Die verspreiding van vals gerugte
