Enige verskoning vir ‘n uitstappie op staatskoste! As ‘n mens nou nie geweet het met wie jy te doen het nie, sou dit verbysterend wees om te sien hoe ‘n regime met belastingbetalers se geld kan mors! Nogal ‘n spesiale span! Wat sou hulle besonderse kwaliteite wees dat hulle hoegenaamd énige bydrae sal kan lewer, behalwe om hulle plaaslike ondersteuners van een strydende faksie se welwillendheid ter wille te wees, ten koste van die ander. Dít kan vir ZUMA ‘n tameletjie word!
ZUMA SENDING SPECIAL TEAM TO ISRAEL 2014-07-22 14:21
Cape Town - President Jacob Zuma is to send a special team to Israel and Palestine as fighting in the Gaza strip intensifies, International Relations Minister Maite Nkoana-Mashabane said on Tuesday. "The restoration of lasting peace in the Middle East is in our interest," Nkoana-Mashabane said while delivering her budget vote speech in Parliament. "In this respect, President Zuma will be dispatching a team, led by our former deputy minister Aziz Pahad, to Israel and Palestine to convey our growing concern with the escalation of violence there, including the endless wanton killing of Palestinian civilians and the destruction of homes in Gaza."
Zuma would invite Palestinian President Mahmoud Abbas to undertake a working visit to South Africa.
Nkoana-Mashabane's comments come two days after Zuma called on both the Israeli defence force and Hamas militia to stop hostilities. Zuma called on Israel to withdraw troops from the Gaza strip, while at the same time condemning Hamas's firing of rockets into Israel. He called on the two sides to agree on a ceasefire and resume talks aimed at finding a permanent solution to their conflict. Tuesday marked the 15th day of the deadliest violence in the enclave in five years. News agency Agence France-Presse reported that close to 600 people had been killed so far.
SAPA
Palestyne loof ANC vir sy ondersteuning
Philda Essop, Janet Heard
Dinsdag 22 Julie 2014
Kaapstad. – Palestina is trots op die ANC se “onapologetiese” houding oor hom en verwag ’n “ferm standpunt” van Suid-Afrika om sy mense “ten volle” in dié kritieke tyd te ondersteun.
Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, spreek vandag ’n inligtingsessie by die parlement toe oor onder meer die dodelikste aanval die afgelope vyf jaar op Gasa waarin meer as 500 Palestyne reeds dood is. Die Palestynse ambassade in Pretoria het Maandag weer eens in ’n verklaring die “Israelse bloedbad” en “oorlogsmisdade” teen die Palestyne veroordeel. “Die ambassade waardeer die onlangse standpunt van die ANC-koukus. Ons verwag so ’n sterk standpunt van Suid-Afrika om die Palestyne ten volle te ondersteun in dié kritieke tyd.”
Die kantoor van Stone Sizane, *ANC-hoofsweep, het verlede week in ’n verklaring gesê die party glo sterk dat die regering die Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Israel moet onttrek en dat die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika die land “onmiddellik moet verlaat”. Oproepe het reeds ook uit ander oorde opgeklink vir Israel om sy ambassadeur aan Suid-Afrika te onttrek. Arthur Lenk, Israelse ambassadeur, het Maandag by navraag gesê hy bly in Suid-Afrika. Hy werk en is in daaglikse kontak met die departement van internasionale betrekkinge en samewerking. Volgens Lenk het hy “geen aanduiding dat enigiemand iets anders wil hê nie”. Pres. Jacob Zuma het volgens hom die afgelope naweek in ’n verklaring ’n poging aangewend om albei kante van die konflik in oënskou te neem. “Suid-Afrika wil, soos Israel, ’n einde aan die geweld sien en die vredesproses weer aanwakker,” het hy gesê.
Lenk het oproepe dat hy na Israel teruggestuur moet word, afgeskiet en gesê dit kom van ’n “klein luidrugtige groep ekstremiste wat ’n sterk anti-Israelse agenda” het. “Dis nie die standpunt van die *Suid-Afrikaanse regering of die ANC nie.”
Zuma het Sondag in Bloemfontein in ’n toespraak die jongste verwikkelinge in Gasa as “skokkend” bestempel. Die Israelse weermag moet dadelik aan die Gasa-strook onttrek en ’n einde aan die “gewelddadige en vernietigende” aanvalle op Palestynse grondgebied bring. (*AVP beklemtoning om die teenstrydigheid aan te dui)
