......toe ’n onwettige bewoner van die plakkerskamp nader kom en hom met ’n stuk hout oor die kop slaan.
Daar was onlangs ‘n berig in die Vrye Weekblad op 9 Junie 2014 - van ‘n Boer van Belfast in die Oos-Transvaal wat deur plakkers wat onwettig op sy grond plak, aangerand is toe hy wou vasstel waarom hulle die sink van een van die plaas se geboue verwyder sonder toestemming. Die boer is reeds jare in ’n hofgeding betrokke om die plakkers van sy grond verwyder te kry. Mnr. Martin Coetzee (82) van die plaas Suikerboskoppie, het sy plaas oorgegee aan sy kleinseun, Petrus (21). Maar hy besoek die plaas gereeld om sy kleinkind by te staan met advies.
Coetzee was onderweg terug na sy huis in Pretoria, en het langs die pad gesien hoe sink van een van die geboue verwyder word, en het stilgehou om vas te stel wat gaande is, toe ’n onwettige bewoner van die plakkerskamp nader kom en hom met ’n stuk hout oor die kop slaan. Die swart vroue in die nabyheid het hom toe vasgebind waarna hulle die polisie ontbied het. Coetzee het later gesê die polisie het hom totaal geïgnoreer en slegs na die swartvroue se vertelling geluister.
Mnr. Coetzee het gesukkel om homself los te kry, waarna hy in sy bakkie geklim en Pretoria toe gery het met ’n gebreekte gewrig.
Dit is hoog tyd dat georganiseerde landbou sy lede inlig oor hulle reg om hulleself en hulle eiendom te verdedig en die noodsaaklikheid om mekaar georganiseerd by te staan in hierdie verband sodat hulle hierdie fenomeen met wortel en tak kan uitroei!
