Media

WAT IS DIE BETEKENIS VAN DIE 2014 VERKIESING OP 7 MEI VIR DIE AFRIKANERVOLK?

altDie waarde van ‘n demokratiese verkiesing in die post Perestroika era van de Klerk en Gorbachev, is ernstig onder verdenking.

Met die aandag af van die verkiesing en die ANC oënskynlik stewig in die saal, het die DA volgens al die politieke ontleders, met hulle veldtog om swart stemme te werf as die amptelike opposisie uit die stryd getree met Malema wat in hulle nekke blaas. 

Dit is egter betekenisvol dat die AVP wat deurgaans gepleit het dat blankes en veral die Afrikanervolk moet wegbly van die stembus, in opvolg van die HNP se slagspreuk, “Stem reg, bly weg”, soos wat beide mnre. Jaap en Willie Marais se HNP standpunte, vir voor-die-handliggende redes was en waarvan die AVP die verlengstuk geword het, nêrens in die hoofstroom media aandag gekry het nie. Geen politieke ontleder het die wegblystem verreken, waarskynlik om die betekenis daarvan stil, stil te laat verbygaan. Die waarde van ‘n demokratiese verkiesing in die post Perestroika era van de Klerk en Gorbachev, is egter ernstig onder verdenking. Neem maar die geknoei in Suid Afrika met die referendum van 1993 en 1994 verkiesingsuitslae en daarmee saam die demokratiese verkiesing wat Morsi in Egipte en Asaad in Sirië gewen het en die  mees onlangse in Cremea en die Oekraïne waar die uitslae tot geweldige lewensverlies gely het. Moderne “demokrasie” het destabiliserende instrumente in die hande van die imperialiste geword.

 

Die aantal mense wat in verkiesings wegbly, het ‘n onweglaatbare faktor geword. Die skerp waarneming van Marthinus van Bart, oud verslaggewer van Die Burger, het uit die syfers op Huisgenoot se elektroniese webtuiste van 15 Mei 2014, die afleiding kon maak dat die wegblystem in die Suid Afrikaanse verkiesing, die naaswenner na die ANC was! By voorbeeld: Geregistreerde kiesers, 24,269,962. Aantal stemme uitgebring: 17 788 485. Dit beteken dat die verskil tussen hierdie getalle   6 481 477 is.

Die ANC het 10 924 504 stemme gekry. Die party met die naasmeeste stemme was die DA met  3 889 949. Dit beteken dat die wegblystemmers inderdaad die naasmeeste getal is.  “Vir my beteken dit dat naas die ANC het die meeste inwoners van Suid-Afrika die hele stemproses verwerp”. Aldus Marthinus van Bart. Toe Winston Churchill gevra is of hy meen demokrasie die antwoord op landsregering is, het hy nee gesê. "Praat net vyf minute met 'n gemiddelde kieser, en jy sal weet waarom ek dit afkeur."  En hy het dit in Brittanje gesê.

 

Dat die uitslag in die korttermyn vir die Afrikanervolk geen verligting sal bring nie, dit staan vas. Dat die langer termyn ‘n bepaalde tendens sal vertoon, is egter net so seker.  Wêreldleiers en hulle pionne en bondgenote hou in die eerste plek nie rekening met die Bybelse profesieë nie en wat nog erger is, is dat hulle van mening is dat God maar buite rekening gelaat kan word wanneer daar op “demokratiese” wyse saamgesweer kan word om volkere en nasies te dwing om onreg te aanvaar, dit selfs te bevorder onder die voorwendsel dat dit in hulle eie en in belang van wêreldvrede is.

 

Die tekens van weersin in die “demokratiese despotisme” van getalleoorheersing waaraan die NP-regerings van Vorster, Botha en de Klerk die Afrikanervolk onderwerp het, is oral sigbaar en vereis geduld maar ook ‘n ingesteldheid van verset wat ‘n grondslag van gereedheid in gees van elke individu en uiteindelik in ons hele volk moet bewerkstellig, sodat die noodgedwonge assosiasie met onreg nie sal omsit in aanvaarding daarvan nie. Daar moet versterking van geloof kom en bereidheid om dit in die openbaar te bely as ons volk verwag om die benouing waarin ons beland het te ontkom. As Eduardo dos Santos van Angola die moed het om vir die Christendom in die bres te tree, beskaam dit nie ons volk wat veronderstel is kinders van die Lewende God, die Vader van Abraham, Isak en Jakob te wees nie? Kan ons weer en weer en weer vra, Quo Vadis Afrikaner? Dit was Elia se uitdaging wat in hierdie tyd ook aan ons gerig word: As die HERE God is, volg Hom na, maar as Baäl god is, volg hom na en kyk wie dit is wat instaat is om weer die vuur in die Afrikanervolk aan die brand te steek, wanneer die omkeerbare vir u onomkeerbaar voorgehou word!

 

VERKIESING 2014: NASIONALE UITSLAE

Deur Huisgenoot Digitaal op 9 Mei, 2014

Uitslae soos teen 12:00, 9 Mei 2014. (+-97.62% van die stemme)

 

Top-tien:

1.African National Congress 62.26% 10 924 504

2.Democratic Alliance 22.17% 3 889 949

3.Economic Freedom Fighters 6.21% 1 089 990

4.Inkatha Freedom Party 2.42% 424 081

5.National Freedom Party 1.59% 279 653

6.United Democratic Movement 1.03% 180 024

7.Vryheidsfront Plus 0.91% 160 433

8.Congress of The People 0.68% 118 682

9.African Christian Democratic Party 0.56% 98 694

10.African Independent Congress 0.53% 93 611

 

Ander partye:

Agang South Africa 0.28% 48 454

Pan Africanist Congress of Azania 0.2% 35 800

African People’s Convention 0.17% 29 645

Al Jama-Ah 0.14% 25 118

Minority Front 0.13% 21 999

United Christian Democratic Party 0.12% 20 960

Azanian People’s Organisation 0.11% 19 417

Bushbuckridge Residents Association 0.09% 15 145

Independent Civic Organisation of South Africa 0.08% 14 347

Patriotic Alliance 0.07% 13 004

Workers And Socialist Party 0.05% 7 957

Ubuntu Party 0.04% 7 752

Kingdom Governance Movement 0.04% 6 260

Front Nasionaal/Front National 0.03% 4 960

Keep It Straight And Simple 0.02% 4 014

Pan Africanist Movement 0.02% 3 702

First Nation Liberation Alliance 0.02% 3 210

United Congress 0.02% 3 077

Peoples Alliance 0.01% 1 628

 

Geregistreerde Kiesers: 24 269 962

Aantal Stemme: 17 788 485

Aantal Geldige Stemme: 17 546 070

Bedorwe Stemme: 242 415