Media

BESWAAR TEEN RADIO PRETORIA

altDie klemverskuiwing wat daar by Radio Pretoria hoorbaar geword het sedert die oorname deur Solidariteit, is besig om skerp skeidslyne tussen die werklike nasionaliste en die saampraters, pseudo-nasionaliste en onge-ergdes, te trek. Dieselfde klem wat in die sestigerjare op die Engelse musiek van die opstandige jeug gelê is om die nasionale karakter van die Afrikanerjeug te ondergrawe, is nou weer aan die orde onder die dekmantel van “goue oues”. Die Beatles, Presley en ruk-en-rol musiek en veral die veelrassige rugby waar die ellende mee begin is, aangebied deur ‘n nuwe kontingent omroepers wat waarskynlik uit daardie era dateer, of sommer net liberaal gesind is, word aangewend om die klimaat van aanvaarding van dit wat volksvreemd is te bewerk. Sodoende word die aandag van verset weggetrek! Die pogings deur Mariaan Roos om dit 'n ware Afrikaner-uitsaaistasie te hou, word ernstig hierdeur benadeel.

Die skeiding wat dit gaan meebring word gekenmerk deur die skrywe wat ons van mev. Vd. Westhuizen ontvang het. ‘n Bekommerde maar nugter ouer wat die gevaarligte identifiseer het en daadwerklik optree in die belang van die opvoeding van haar kinders. 

VAN: Carolina van der Westhuizen: 16 May 2014 09:54 AM

AAN: willie.Spies

Goeie môre Willie 

Ter agtergrond die volgende:

Ek en my man is (was) Radio Pretoria-ondersteuners sedert die stigtingsdae in 1993 – was ook in die begindae daar met die waghou beurte.  Ons was die oggend teenwoordig toe Jan Groenewald die sender stukkend geskop het.

Ek vra myself egter al hoe meer af wat die waarde is wat Radio Pretoria toevoeg tot die opvoeding van ons kinders.

  • As musiek van die Rastafariër Bobby McFerren “’n ou gunsteling” is. Die res van die musiek in daardie program het ook veel te wense oorgelaat. Tot so ‘n mate dat ek die kommunikasie begin het in plaas van net af te sit en aan te gaan met my werk.

 

  • From a distance van Bette Midler ook gereeld gehoor word. Ons glo tog nie “God is watching us from a distance” nie? Die Bybel leer ons tog dat God alomteenwoordig is?

 

  • ‘n Onderhoud wat verlede jaar tydens Aardklop met Marius Weiers gevoer is (ek dink dit was Mariaan, maar is nie seker nie) na aanleiding van die toneelstuk waarin hy die rol van n homoseksuele persoon vertolk.

 

Verstaan mooi, asseblief.  Ek is NIE van die Boeremusiekbrigade wat sê ons mag net Boeremusiek speel nie.

Ook nie dat dit ‘n kerkstasie is wat net Christelike musiek moet speel nie

MAAR:

  • Daar is tog n paar dinge wat ons vir mekaar MOET sê: Ek KAN NIE MY KIND HIERNA LAAT LUISTER NET OMDAT DIT N AFRIKAANSE STASIE IS NIE

 

  • Marius Weiers het in HOPE ander toneelstukke opgetree en ek is het groot waardering vir wat hy al in die toneelwêreld vermag het. ‘n Onderhoud met hom OP ENIGE ANDER TYD sou die geleentheid gebied het om die fokus te plaas op sy Godgegewe talent en NIE op die rol as homoseksuele persoon nie.

 

  • Die Rasta-geloof is nie iets waarin ek belangstel nie en ek stel ook nie belang om my tienerseun se vrae te antwoord nie. Die een wat ek nie kan antwoord nie is: HOEKOM speel hulle die Amerikaanse Rastafariër se musiek op Radio Pretoria?

 

Ek is nie die swaeltjie wat die somer gaan maak nie – miskien is ek die enigste klaagster.  Ek begryp ook dat as hierdie tipe musiek reeds inslag gevind het en as die “goue oues” bekend staan, ons dalk verby omdraaipunt is.

Soos op Facebook aan jou genoem, sal ons voorlopig Groot FM90.5 ondersoek en daar belê.

 

Vriendelike groete

Carolina van der Westhuizen

083 415 9083