Media

ONDER DIE DEKMANTEL VAN DIE MODERNSTE “DEMOCRASY”….

alt.......  In die proses het Kabila op die olievelde van die Ierse oliereus Tullow Oil beslag gelê en dit aan Khulubuse toegeken. ....... Deur ge-abdikeerde beheer aan ‘n swart meerderheid deur toegewings aan internasionale vereistes, word die “onreg” van die Afrikanervolk jeens die “arme” swart volkere vinnig reggestel. Om ten minste enkele bevoorregte verwante familielede van “struggle-leiers” met miljarde te vergoed, is skynbaar vir die res van die wêreld in orde. Hierdie soort “geregverdigde” regstellings, wat terloops deur die Afrikanervolk verstaan en voorsien is en deur afsonderlike ontwikkeling verhoed is, word deur die Britse en Amerikaanse en nog ander van die groot moondhede deur die vingers gesien. Dit ten spyte van die uiterste ongerymdhede waarmee hierdie “verontregtes” in die onlangse verlede verbind word, ten koste van 5 300 werksgeleenthede. Arbeiders wat hulle loon werd was wat sonder inkomste en sonder heenkome met minagting aan hulleself oorgelaat word, verteenwoordig dus die fondasie waarop moderne “democracies” gebou is. ‘n Soort outoritêre demokrasie wat overgeset synde, survival of the fittest beteken! Wat ‘n vooruitsig vir vreedsame naasbestaan in die “nuwe” Suid Afrika!

KHULUBUSE ZUMA , JACOB ZUMA SE NEEF SKEP MILJARDE

2014-05-17 Jacques Pauw

Die omstrede sakemagnaat Khulubuse Zuma besit ’n olie-fortuin van R100 miljard in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) wat hy na bewering met behulp van sy oom, pres. Jacob Zuma, bekom het.  In ’n Ondersoek deur Rapport is bevind Jacob Zuma het ’n kardinale rol gespeel in die besluit van pres. Joseph Kabila van die DRK om in 2010 twee olievelde in die noordooste van sy land aan Khulubuse toe te ken.  Agt maande voor dié dekreet van Kabila – waarvolgens Khulubuse twee van die mees gesogte olielisensies in Afrika suid van die Sahara gekry het – het Zuma sy ampsgenoot in Kinshasa ontmoet waar die olievelde na bewering bespreek is.

’n Hoëvlak-intelligensiebron met binnekennis van die verhouding tussen die twee staatshoofde sê die vergadering het in September 2009 plaasgevind terwyl Zuma op ’n staatsbesoek aan die DRK was. Volgens die bron het Kabila aan Zuma gesê die onontginde olievelde moet tot voordeel van “Suid-Afrika, die regerende party en selfs die (Zuma-) familie” aangewend word. Die intelligensiebron sê Zuma het nie Kabila se uitnodiging aanvaar om persoonlik voordeel te trek uit die olievelde nie. Khulubuse het egter kort daarna op die Kongo se “olie-horison” verskyn. Hy sê die boodskap aan Zuma was duidelik: Ons wil sake doen met jou of jou gevolmagtigde; laat ons mekaar help. Die bron sê: “Dit is hoe Kabila sake doen. Dit gaan alles oor hom en sy naaste vriende.

“Kabila benodig Suid-Afrika om te help met die veiligheid van die olievelde sodat hy voordeel kan trek uit die belasting- en produksie-ooreenkomste.”  Hy sê Kabila benodig ook Suid-Afrika se steun, vaardighede en guns vir die ontwikkeling van die wêreld se grootste hidroëlektriese skema. Ses maande ná die Zuma-Kabila-beraad het Khulubuse twee maatskappye op die Britse Maagde-eilande gestig. ’n Maand later het die twee maatskappye, Foxwhelp en Caprikat, ’n gesamentlike produksiekontrak vir olie met die DRK-regering onderteken. Die oliekontrak tussen Khulubuse en die DRK-regering is vinnig bevestig deur Kabila se kragdadige presidensiële dekreet in Junie 2010. In die proses het Kabila op die olievelde van die Ierse oliereus Tullow Oil beslag gelê en dit aan Khulubuse toegeken.

Nog ’n bron sê dit was Kabila se plan dat die olievelde die ANC moes bevoordeel, maar dat Khulubuse die eienaarskap daarvan op die Maagde-eilande – ’n veilige hawe vir korporatiewe anonimiteit – geregistreer het. Die registrasie is behartig deur ’n regsfirma in Panama.

’n Sweedse prokureur wat spesialiseer in die verdediging van witboordjiemisdadigers is as die twee maatskappye se enigste direkteur geregistreer. Khulubuse het die afgelope week gesê hy is nie die een wat moet reageer op ’n beweerde bespreking tussen sy oom en Kabila oor die olievelde nie. Nóg Kabila nóg die presidensie het op navrae gereageer.

 

Khulubuse het deur sy media-adviseur, Vuyo Mkhize, gesê hy bespreek in die reël nie die besonderhede van sy saketransaksies met die president (Zuma) nie. Mkhize het op ’n vraag oor die waarde van die olievelde en Khulubuse se aandeel daarin gesê dit is teen die huidige olieprys sowat R100 miljard werd. Hy wou nie oor die waarde van Khulubuse se aandeel uitbrei nie. Volgens ’n DRK-amptenaar het Caprikat en Foxwhelp $6 miljoen as “bestuursgeld” vir die konsessies betaal.

Luidens koerantberigte wou verskeie groot multinasionale maatskappye in dié tydperk die konsessies bekom en was bereid om tien keer dié bedrag te betaal. Khulubuse het die kontrakte namens Caprikat onderteken en Jacob Zuma se regsadviseur, ­Michael Hulley, het namens Foxwhelp geteken. Khulubuse het destyds aan Reuters gesê Hulley was ook sý regsadviseur en hy kon nie namens albei maatskappy teken nie. Dit was ’n “tegniese” ding, het hy gesê.

Die senior intelligensiebron sê die oliekonsessies is “die kersie op die koek” van Khulubuse se sakebelange in die DRK. Hy het ook uitgebreide myn- en konstruksiebeleggings in dié land. * Die betrokkenheid van Suid-Afrikaanse troepe in die kwesbare oostelike deel van die DRK is van kardinale belang vir die stabiliteit en veiligheid in die opsporing en boor van olie, sê André Roux, ’n senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse president het 1 345 Suid-Afrikaanse soldate na die DRK gestuur as deel van ’n ingrypingsbrigade wat met die Verenigde Nasies se vredesending in die DRK saamwerk.  Die hele brigade bestaan uit 3 069 soldate van Malawi, Tanzanië en Suid-Afrika.

 

LABAT REPORTS FINANCIAL IRREGULARITIES LINKED TO AURORA DIRECTORS

By: Loni Prinsloo  11th August 2011

JOHANNESBURG (miningweekly.com) – JSE-listed Labat, which Aurora Empowerment Systems wanted to use for a reverse listing on the bourse, on Thursday claimed that irregularities to the value of more than R20-million were reported while Aurora directors were heading the company’s affairs.

 

The first irregularity reported to auditors related to cheques to the value of R9-million signed by unauthorised parties to pay off Aurora’s debt. Labat said that these cheques have been stopped at the bank and that there would be no liabilities on the company relating to the Aurora debt.

 

A second matter involved a $2-million investment, which an investor had been led to believe would be invested in Labat but was instead diverted to an Aurora account. “These funds were never received,” said Labat, adding that the investor would now pursue the matter against the third parties. Labat believed that the company was not responsible for any financial liabilities raised by the mentioned irregularities. “Both of these irregularities occurred during the tenure of Aurora-appointed directors in Labat. These directors have been replaced, the board reconstituted and the matters have been reported to relevant authorities for appropriate action,” said Labat.

 

President Jacob Zuma's nephew Khulubuse Zuma, former president Nelson Mandela's grandson Zondwa Mandela, Zuma's lawyer Michael Hulley and Aurora's commercial director Thulani Ngubane agreed to stand down from Labat's board in June.

 

Earlier this month, the High Court in Pretoria also ordered an inquiry into the affairs of liquidated company Pamodzi Gold, the scope of which will include an investigation into the conduct of Aurora Empowerment Systems when it was in charge of Pamodzi’s Grootvlei and Orkney mines. Aurora has been accused of the destruction of infrastructure at the mines and the loss of more than 5 300 jobs.