Media

BRIAN MOLEFE DAAG TRANSNET PENSIOENARISSE UIT OM HULLE GRIEWE STRATE TOE TE VAT!

GROOTSTE SIVIELE EIS NOG IN SA: TRANSNET PENSIOENFONDS EN ANTWOORD

alt...pensioentrekkers is “begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie. As hulle die rewolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net sê.

May 6  2014

Grootste siviele eis nog in SA: Transnet Pensioenfonds

Ná ’n inleidende regstryd oor jare het regsverteenwoordigers van verskeie Transnet Pensioenfondse pas namens sowat 66 000 pensioenarisse ’n eis van nagenoeg R79 miljard teen die huidige Transnet Bestuur in die Pretoriase Hooggeregshof ingestel. In die hofstukke word beweer daar is “ooglopende onwettige maniere” waarop die fondse sedert 2001 gestroop is en wat eers teen verlede jaar aan die lig gekom het toe regsgeleerdes namens die pensioentrekkers notules en finansiële state in die hande gekry het.

 

 

Dit toon na bewering hoe die fondse se belangrikste bate – skuldbriewe ter waarde van R7,7 miljard wat elke jaar ’n inkomste van R1,2 miljard aan die fonds verskaf het – vroeg in 2001 “verruil” is vir aandele in MTN, destyds M-Cell, ter waarde van sowat R1,395 miljard. Daar is na bewering geen aanduiding dat die fondse enige inkomste uit die M-Cell-aandele gekry het nie. Die stropery het ook daarop uitgeloop dat die trustees in 2001 besluit het om die jaarlikse verhogings van pensioene tot 2% te beperk, strydig met sy vorige besluite dat die verhogings minstens 70% van die inflasiekoers moet dek. Dié beleid is aanvaar op grond van aktuariële veronderstellings dat pensioenfondslede binne ’n kort tydperk sou doodgaan en dat die “probleem” dan opgelos sou wees.

Voorts word beweer dat die stroping van die fondse gedoen is met die instemming van destydse Minister van Openbare Ondernemings Jeff Radebe en destydse Minister van Finansies Trevor Manuel. Die hofeis bevat twee elemente, nl. vergoeding met terugwerkende krag vir die afgelope 10 jaar se vaste 2% en ’n verhoging in die fonds in die toekoms. Van die betrokke pensioentrekkers is sowat 53% wit, 33% swart en 13% van ander rasse. Die hofeis word beskryf as die grootste siviele eis in die SA regsgeskiedenis.

 

Transnet-reaksie op pensioeneis

Terwyl verwag word dat die hof-eis van sowat 66 000 Transnet-pensioenarisse ter waarde van nagenoeg R79 miljard waarskynlik daartoe sal lei dat Transnet se kredietgradering onmiddellik afwaarts aangepas word en dat dit ’n negatiewe effek op die huidige uitbreidingsplanne van Transnet van sowat R300 miljard kan hê het die uitvoerende hoof van Transnet, Brian Molefe, in reaksie gesê dat die pensioentrekkers is “begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie. As hulle die rewolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net sê.” Op hul beurt het die VF Plus aangedui dat dit ’n klag van haatspraak teen Molefe by die Menseregtekommissie (MRK) gelê het.

 

Dis nie net Haatspraak nie nee dis openlike diefstal. Daardie mense het daardie geld self inbetaal dis hulle geld, maar jare terug wou niemand dit glo dat dit sou gebeur nie en dit was spesifiek genoem