Media

TIM DU PLESSIS ‘N EIENAARDIGE JOERNALIS IN SY EIE EIENAARDIGE GEMEENSKAP!

Tim du Plessis: Hier gaat ons al weer

2014-05-03 23:05  Rapport 

altOns is ’n vreemde lot in dié land. Woensdag gaan ons stem om seker die verkeerdste mens denkbaar president van die land te maak.

Die  AVP beaam graag Tim se stelling. Voorwaar, die “ons” waarna Tim verwys wat gaan stem, Ís meer as net ‘n vreemde lot in die land, want dit was juis hulle wat ten spyte van dringende waarskuwings, hulle uiterste aangewend het om seker die “verkeerdste” (om Tim se vervalle woordgebruik na te aap), mense aan bewind te kry! Waarom nou kla Timmie? Wat het julle verwag om te kry? Voorwaar is jou “ons”, waarvan jy kennelik deel is, ‘n eienaardige gemeenskap wat goed as immoreel en verdrukkend ervaar het en dit dan met sleg, slegter en slegste vervang, dit aanvanklik ophemel, verdedig en na twintig jaar daarvan, met derduisende lewens vermink en vernietig, en dit dan te verdoem as, “die land is die kluts kwyt!”

Behalwe die “slim” Amerikaanse joernalis waarna Timmie verwys en wat in die laat 60’s saam met ander geleerdes vir dekades probeer agterkom het wat in Timmie se “ons” se koppe aangaan, was daar in 1962 ook ‘n Amerikaanse professor Gilbert wat Suid Afrika besoek het en verklaar het: “Die prestasie van die Suid Afrikaanse ekonomie is een van die wonderwerke van die moderne wetenskap!”. ‘n Toestand wat Timmie se “ons” reduseer het tot die ergste ekonomiese depressie, gepaardgaande werkloosheid en bankrotskappe in hierdie eeu. Om nie te praat van die grootste plakkerprobleem wat ons in Suid Afrika se geskiedenis beleef nie.

Die goeie Afrikaanse en Engelse witmense waarna Jy verwys, Timmie, sukkel al sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd om agter te kom wat in jou en jou “ons” se koppe aangaan. Ons verbly ons egter oor die helder flitse van nugterheid wat hier en daar deur die liberale newels van ontkenning dring. Miskien moet julle julle aard verander om te wees soos wat dit in die sestigs was. Toe was daar doelgerigtheid, vooruitgang en niks eienaardigs nie. Ons het dit Nasionalisme genoem en is  dit nou nog by die AVP te vinde. (Die blou skrif en beklemtonings is van die AVP)

In die vorige bedeling het goeie wit mense, Afrikaans en Engels, mense wat ordentlike lewens gelei het, 46 jaar lank ’n immorele, verdrukkende stelsel gesteun.

Geleerdes van oral probeer al dekades lank agterkom wat in ons koppe aangaan. In die laat 1960’s het ’n slim Amerikaanse joernalis hier kom rondverneem en rondkyk. Die titel van Allen Drury se gevolglike boek het sowat alles gesê: A Very Strange Society. Drury, intussen saliger, sou vandag ’n lekker vervolg kon skryf: Still a ­Very Strange Society.

 

 

Oral word hoog opgegee oor die merkwaardige “prestasie” dat Suid-Afrika Woensdag sy vyfde “suksesvolle demokratiese” verkiesing sal hou. Oukei, volgens Afrika-standaarde is dit seker. Maar dié ge-aanganery oor die suksesvolle verkiesing en 20 jaar van “vryheid” klink baie soos om ’n vis te prys oor hy kan swem. Wat is die harde werklikheid?

 

Woensdag sal ons land se kiesers ’n regerende party beloon wat volgens hul eie oortuiging hul belange verwaarloos, hoofsaaklik sy eies najaag en die land in die “verkeerde” rigting neem. Meningspeilings, inbellers oor die radio, briefskrywers, ontleders, noem maar op, almal sê dit. Dis asof die hele land dit hardop fluister: Onder Zuma is die land die kluts kwyt. Maar stem sal ons weer vir hom stem. Getrou aan ons aard as “a very strange society”.

 

“Swakste ANC-president nog” het die stoere struggle-koerant Sowetan Zuma verlede jaar gebrandmerk. Jy kan met veiligheid byvoeg: swakste staatshoof sedert Suid-Afrika in sy huidige vorm tot stand gekom het.  Zuma het niks, net mooi niks, wat nodig is om op die heel minste net ’n skaflike leier te wees nie. Hy word bestempel as ’n goedaardige man met goeie bedoelings. Maar wat ons sien, is ’n karakter met ’n bitter lae integriteitstelling. Hulle sê Zuma is nie hoogs geleerd nie, maar hy is slim. As dit so is, hoekom het ons nog nooit van hom ’n paar groot idees, ’n toekomsvisie of rigtinggewing oor Suid-Afrika se koers gekry nie? Zuma het die versinnebeelding geword van alles wat tans verkeerd is met Suid-Afrika. Daar is ’n algehele afwesigheid van dringendheid.

 

Ons is tevrede met tweede en derde beste. Ons blink uit daarin om te rasionaliseer wat verkeerd is. In die kuns van vernuftig blameer en fyn dreig, is ons wêreldkampioene. Voorverlede week verbreek Marthinus van Schalkwyk sy politieke radiostilte van byna tien jaar met ’n stukkie dreigpolitiek aan Afrikaanse kiesers: Aanvaar en wees dankbaar vir Zuma. Anders hou ons ’n referendum oor grondbesit “en julle weet wat dan sal gebeur”. Met ander woorde: Wees tevrede met die tweede beste, Zuma en die ANC. Like hell hoef ons dit te aanvaar. Wat goed is vir die ANC is nie ipso facto goed vir Suid-Afrika nie.

 

Dié week sê ’n kenner van die wêreld van beleggings, groot geld en wêreldmarkte: Talle buitelandse beleggers en sakelui sit en lek hul lippe af vir sake- en beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika – met al die voordele wat dit vir die land sal meebring. Drie dinge moet egter eers gebeur: Zuma moet waai, die kragkrisis/Eskom moet opgelos word en die mynstakings moet eindig. Nommer een op hul lys is Nommer Een moet gaan. En ons sê almal so. Hy’s ’n gawe kêrel. Maar nie goed nie.