Media

GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK

 Gelofte van Jan van Riebeek

6 April 1654

 

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is 

dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe 

Drommedaris, Reijger en Goede Hoop veilig hier geland het, 

om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, 

 

en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe 

met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het, 

het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, 

om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, 

en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge 

nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, 

maar dit altyd in gedagte mag hou.