POLITIEK KORREKTE POLITIEKE PARTYE DINK NET AAN 'HULLE' MAATJIES.
Na ons siening is die allergrootste 'seëning' van ons nasies die feit dat in dié samelewing net die politiek korrekte politieke partye 'n stem lyk te hê, en mense wat nie daarvan hou nie word uitgesluit.
Die Kordon Sanitêr waar ons reeds talle kere oor geskryf het, is 'n baie goeie en effektiewe wapen om andersdenkende monde stil te maak.
Hulle hoef net die toörwoordjies 'rassisme' en soms selfs 'fascisme' te gebruik om daardie resultaat te bereik. As hulle dit gedoen het kan hul hierdie 'pragtige' droom werklikheid laat word. Die multikulturele sirkus kan begin en teenstanders staan net vir 'n voldwonge feit. Die sluise word voluit oopgetrek vir veral Moslems wat blatant wyke en buurte beset en die oorspronklike bewoners vinnig verjaag. Hulle word hierin ondersteun deur die sogenoemde demokratiese partye wat voel die buurte moet veelkleurige word en mense wat daar reeds woon moet maar net aanpas aan die nuwe wyk bewoners. Omgedraai is hulle van mening die Moslems moet nie aanpas nie maar met alles gehelp word. 'n Paar voorbeelde: Wil hulle 'n moskee dan kry hulle die. Eis hulle swem net vir Moslemse vroue dan is die munisipaliteit baie gewillig.
Al gou is die wyk verander in 'n ghetto waar soms selfs die polisie hulle nie meer waag nie en mense wat reeds jare daar gewoon het, saans nie meer buite kan loop, tenminste as hulle nie beroof of aangerand wil word nie. n.s Kyk ook asb. by: http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=2781%3Aveenendaal&catid=38%3Anederlandse-nuusflitse&Itemid=186&lang=af
Daar is net die nasionalistiese partye wat wal gooi teen al die nonsens en twak. Hulle steur hul nie as die politiek korrekte hul swartsmeer en beskuldig van rassehaat, en soos byvoorbeeld in Vlaandere die geval is die lede van Vlaams Belang miskruier noem. Daai erenaam is die Party vir die Vryheid nog nie ten deel geval nie, maar moontlik is dit slegs 'n kwessie van tyd voor die linkse politieke partye wat bedink het. Hulle sal immers alles doen om hul droom te beskerm en sal hierdie koester. Vir hulle is dit baie belangrik. Hoekom weet ons nie. Dalk is dit omdat hulle hou van mag en mense wil onderwerp aan hul wil en bowendien lief is vir daardie samelewing met hul Islamietiese 'gebedshuise'.
Sosialiste, Kommuniste en Liberale is twee hande op 'n buik met 'hul' Moslems. Dat hul vriende dit baie waardeer sien ons terug as daar verkiesings is en Nederlandse politieke partye soos die sosialistiese Party vir die Arbeid, Demokrate 66 en Groen Links en Vlaamse politieke partye soos die Sosialistiese Party Anders, Groen en die Party vir die Arbeid+ (Hierdie laaste is in teëstelling met die Nederlandse party kommunisties) danksy hierdie steun 'n faktor van betekenis kan bly.
Ons meen sonder oordrywing dat sonder daardie ondersteuning maar min mense sou kies vir die partye wat die lande wil verander in 'n multikulturele swomp, waar net hulle wat lief is vir dit bly mee is. Hulle gebruik die stemvee net in die stem tyd en dit is meestal ou mense wat altyd op hierdie partye gestem het en wat dikwels mislei word wat vir hulle kies. Daar word beloftes gedoen wat hulle nie waar maak nie. Hulle wil beheer het oor alle fasette van hierdie veelkleurige samelewing en dit maak nie saak nie as hulle leuen en bedrog gebruik om hul doel te bereik.
Gelukkig is daar hoop as ons kyk na bv. die Nederlandse verkiesings wat 19 Maart plaas het gevind. Die Party vir die Arbeid het baie verloor so dit mag beskou word as 'n groot oorwinning. In amper alle stede en dorpe het die Staatkundige Gereformeerde Party en die Christen Unie flink gewen.
Mense het ook op Demokrate 66 gestem (hierdie party word in Christelike kringe al D666 genoem na die Bybelse getal) omdat hulle, behalwe vir die reënboognasie pleit, hul vir die homo huwelik uitgespreek het en die aanval op die Sondagsrus en die toestaan van eutanasie.
In Mei het die kiesers sowel in Vlaandere as in Nederland die kans om die mag van die sosialiste nog verder af te laat brokkel wanneer hulle kan stem vir die Europese Parlement.
Ons meen die Nasionalistiese politieke partye sal saam met die Christelike partye 'n groot oorwinning behaal waardeur die lande meer leefbaar sal word. Dit sal nie meer vanself sprekend wees dat oral moskeë geplaas word en die Vlaminge en Nederlanders sal hulle stede weer herken en trots wees.
Ons moenie vergeet nie dat die vreemdelinge hul sal moet aanpas aan óns en nie omgekeerd nie.
