Media

'TREVOR TREF DIE PLAFON VAN RAS' SKRYF RAPPORT

alt2014-03-15 23:19

Maryna Lamprecht Rapport

Trevor Manuel (58) se waardes het eenvoudig te veel verskil van dié van pres. Jacob Zuma se ANC.

Manuel het ook besef hy’s “nie swart genoeg” om ooit president te word nie. Sy politieke loopbaan het ’n ras-plafon bereik. Dít is waarskynlik die dryfveer vir sy besluit om uit die politiek te tree, het vertrouelinge van Manuel die afgelope week gesê. “Hy het waarskynlik lankal besef hy sal weens die rasse-realiteit van Suid-Afrika nooit ’n kans staan om president of adjunk-president te word nie,” het ’n vertroueling gesê en bygevoeg hy het verlede jaar te kenne gegee hy is “baie gefrustreerd” omdat die ­Zuma-ANC se waardes toenemend begin verskil het van sy eie waardes.

 

 

“Hy was altyd uitgesproke oor korrupsie. Hy’t ministers gedurig herinner hulle werk met die land se geld. Sy refrein was: ‘Dis nie óns geld nie. Dis nie mý geld nie.’ “Met die gedrag van mense soos Dina Pule het hy ál meer gevoel hy kan hom nie met die korrupsie in die ANC vereenselwig nie.” Manuel het Dinsdag kort voor sy afskeidstoespraak in die parlement aan Rapport gesê hy tree nie uit omdat hy “kwaad of moedeloos” is nie, bloot omdat dit tyd is vir iets nuuts.

 

“Om jou land as ’n openbare verteenwoordiger te dien, is ’n reuse-voorreg. Ek het dié voorreg 20 jaar lank gehad. Nou het ek tyd nodig om my gedagtes te orden en te besluit wat ek volgende gaan doen. As ek te lank wag om aan te beweeg sal ek te oud wees om iets anders te doen.” Manuel het erken die ANC van 2014 is nie dieselfde “bright-eyed and bushy-tailed”-ANC wat in 1994 aan bewind gekom het nie, maar gesê dit is natuurlik dat enige demokrasie wat volwassenheid bereik, uitdagings het.

 

Daar is nie sprake van woede of frustrasie nie.

 

Senior regeringsbronne wat kabinetsvergaderings bygewoon het, sê egter die afgelope vyf jaar was moeilik vir ­Manuel. Sy vyande het meer uitgesproke geword as in die Mbeki-era en daar was dikwels irritasie met sy ekonomiese idees wat nie met dié van die sosialiste en kommuniste in die kabinet gestrook het nie. Hoewel pres. Jacob Zuma besluit het oor die samestelling van die nasionale beplanningskommissie, het sommige ministers hul irritasie met hul uitsluiting uit die kommissie “miskien onregverdiglik” op Manuel uitgehaal, het ’n regeringsbron gesê.

 

Manuel, wat nommer een was op die ANC se lys vir sy nasionale uitvoerende komitee op die party se 2002-kongres in Stellenbosch, was “nie baie gewild by sy kollegas nie” en het as beplanningsminister in die presidentskantoor aansienlik minder mag en invloed gehad as gedurende sy jare by finansies. Hy het ook openlik gebots met Jimmy ­Manyi, destydse regeringswoordvoerder, oor bruin mense se regte. In 2011 het Manuel vir Manyi in ’n ope brief ’n rassis so erg soos Hendrik Verwoerd genoem ná Manyi se opmerking dat daar ’n ooraanbod van bruin mense in die Wes-Kaap is.

 

“Ek weet nou van wie Nelson Mandela gepraat het toe hy in die beskuldigdebank gesê het hy sal teen swart oorheersing veg, nes hy teen wit oorheersing geveg het. Jimmy, hy het gepraat van mense soos jy,” het Manuel geskryf. Paul Ngobeni is daarna deur Lindiwe Sisulu uit sy regeringsamp geskors omdat hy in ’n ope brief vir Manuel gevra het of hy dink hy is die “koning van die kleurlinge”. Tog is die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) onder Manuel se leiding voltooi.

 

Manuel het ontken hy gaan by die Wêreldbank of die Internasionale Monetêre Fonds werk. Hy is betrokke by die Global Ocean Commission en wil voortgaan met opheffingswerk in sy voormalige kiesafdeling, ­Mitchell’s Plain.

 

RESPECT DEMOCRACY: MANUEL

2014-03-16 13:03

Trevor Manuel. (Picture: Sapa)

 

Value the Constitution, Manuel tells MPs

Johannesburg - Outgoing national Planning Minister Trevor Manuel has said South Africans need to uphold democracy by respecting state institutions, the Sunday Times reported.

"If every time Trevor Manuel gets up and he speaks badly of parliament and he speaks badly of the courts, he speaks badly of the auditor-general, of the public protector, he makes press statements against them, then what you invite is open season on everything," Manuel told the newspaper.

 

"You don't have to like the individual but you have to respect the office." Manuel said that if people did not show respect for these bodies then democracy could come under threat. "Democracy will always struggle if its institutions are weakened." Manuel also told the newspaper that his brief resignation as finance minister in 2008 was based on principle after then president Thabo Mbeki was recalled. "I still think it's a bad decision [that Mbeki was recalled]."

 

Manuel also dismissed allegations that DA leader Helen Zille had tried to court him to join her party and become the face of its election campaign. "I have never had a one-on with Helen about this matter...I wasn't offered the leadership. I wasn't even offered lunch." Manuel, a veteran anti-apartheid activist and ANC stalwart, has served in cabinet since 1994. He is set to bow out of government after the general elections in May this year. (Beklemtoning is van die AVP)

Dit is wanneer jy in ontkenning wil leef en die realiteite wil ignoreer wanneer dit jou pas, dat dit jou later konfronteer met ‘n toestand wat jy kon vermy het! (Danie Varkevisser)