Media

NALATENSKAP, WAT IS DIT IN POLITIEKE TERME?

altWanneer die ANC of een van sy kaders kommentaar moet lewer oor die een of ander stommiteit wat hulle aangevang het, dan is dit die “legacy of apartheid”. In werklikheid as die nalatenskap van apartheid bereken moes word in terme van wat dit vir die swart rasse van Suid Afrika beteken het, is alles wat hulle het, behalwe hulle onvermoë en korruptiewe aard, aan apartheid te danke!  Politieke nalatenskap is dit wat jou politieke voorgangers vir jou nagelaat het waarop jy kan voortbou om veiligheid, gesondheid, wet en orde, opleiding, voorspoed en vooruitgang te handhaaf en uit te bou. Om nie instaat te wees om die infrastruktuur wat vir jou nagelaat is te handhaaf of daarop voort te bou nie, is natuurlik ook ‘n nalatenskap. Soos om ‘n vragmotor met ‘n waardevolle vrag teen ‘n opdraande te stop en bestuurders te ruil wat die vragmotor dan agteruit teen die afdraande laat afgly en teen ‘n krans laat afstort! Dit is egter nie al nie. Om instaat te wees om die voorgaande te handhaaf en uit te bou, is daar ‘n noodsaaklike grondslag wat as nalatenskap vereis word.

 

Hierdie grondslag is jou Christelike gebondenheid wat die verantwoordelikheid vir die handhawing en beskerming van die land wat God jou as erfenis gegee het vestig in die vorm van nasionalisme waarvan patriotisme onlosmaaklik deel vorm. Nalatenskap sonder hierdie elemente het ‘n gebrek aan geestelike, morele en sedelike standaard wat die beskawingspeil vasstel vir die nageslag wat daarop moet voortbou.

By die oorgang van een geslag na die volgende wat bv. ‘n nalatenskap ontvang het soos wat in die Nasionale Party opgebou was sedert 1948 tot en met dr. H.F.Verwoerd wat voortgebou het op wat adv. Hans Strydom nagelaat het, en wie voortgebou het op wat dr. D.F. Malan weer vir hom nagelaat het, maar waarvan die Nasionale Party begin afwyk het onder die leiding van John Vorster, P.W. Botha en de Klerk van 1966 tot 1994. Die kontras is duidelik waarneembaar. Dit het die Afrikanervolk ons land en derduisende lewens gekos wat in vernedering vermink en vermoor is sonder die geleentheid om hulleself te verweer.

‘n Gesteelde land is geen nalatenskap nie en derhalwe is dit wat opgebou is deur die blanke Afrikaner nie iets wat aanspraak maak op die swart ras se sin vir verantwoordelikheid, wat in elk geval nie deel van sy mondering is nie. Hulle staar hulle blind teen die “legacy of apartheid” wat deur die media as euwel voorgehou word terwyl die witman ook nog as rassis en “supremacist” beskou word sodat alles wat hy tot stand gebring het vernietig moet word en die witman self uit die land uitgedryf moet word, al sou hyself dan soos Zimbabwe eindig met ‘n Mugabe aan die stuur.

Die enkele swarte wat begrip het word self die slagoffer van getalle as die massas telkens maar weer vir die diktators stem en die verval hand oor hand toeneem terwyl die handvol swart elite wat poste beklee, skatryk en in weelde leef sonder enige simpatie vir die stemvee wat net gebruik word tydens stemtyd!

Die leisels moet opgetel word waar die Nasionale Party dit laat val het in 1967 toe die Afrikanervolk nog een van siel en een van sin was. Ons moet ons nie laat bang praat deur diegene wat sê dat die witman nooit weer in Suid Afrika in beheer sal kom nie. Ons voorgeslagte se leiers het in geloof gestry en niemand sou destyds geglo het dat ons sou kon staande bly teen die magtigste regering van die dag nie. Feit is dat die Engelse nooit daarin kon slaag om die Afrikanervolk permanent te onderwerp nie! Hulle moes nou noodgedwonge die getalle van die swartes gebruik om te bereik wat hulle nie militêr of polities kon vermag nie. Dit is nou óns geslag se uitdaging om te bou op die nalatenskap wat deur die geskiedenis bewys is dat dit haalbaar, uitvoerbaar en suksesvol was. Waarom nou ander oplossings soek? Indien ons wil stry om weer onafhanklik en vry te wees, moet ons ophou draaie loop. Ons vryheidstryd loop deur die bloedplas van dr. Verwoerd. Laat ons verenig bo-oor ons verskille in net een enkelsinnige en gemeenskaplike aksie wat uitvoerbaar, haalbaar en regmatig is sodat ons weer ons volk se selfrespek kan terugkry vir die stryd wat voorlê. Bedink dit, bespreek dit en dan beplan ons dit.