Media

HALSSNOER OM DIE NEK

alt‘n Veertienjarige seun wat in sy 2 toegelate minute toespraak in die klas, waarvan hy self die tema kon kies, besluit het om sy keel skoon te maak. Daarvoor het hy goeie navorsing gaan doen en hom met onderskeiding van sy taak gekwyt! Hoewel die AVP nie met Nicolaas saamstem dat apartheid ‘n juk was wat moes afgegooi word nie, is dit nietemin waar dat die skeldterme wat daarvan gemaak is, vir so lank as wat daar liberaliste en swart kommuniste in Suid Afrika is, só lank sal dit om blankes se nekke gehang word of hulle nou al ‘n aandeel daaraan gehad het al dan nie. Ons dank aan Nicolaas vir 'n sterk nasionalistiese inslag en die moed om dit uit te leef!

Voorsitter, maats

Te lank loop Blanke kinders met die halssnoer om die nek: Apartheid. Die meeste van ons ken nie eens die agtergrond nie en ons dra swaar aan die juk wat afgegooi is lank voordat ons gebore is. Ek wil in die volgende 60 sekondes slegs enkele misverstande uit die weg ruim.

 

Apartheid is oorspronklik ingestel deur die Engelse Lord Milner in die laat negentiende eeu. Hy het dit gedoen om die sosiale kultuur in ons land te vernietig en só die land te verengels.

Die Afrikaner het sy land teruggeneem en op 31 Mei 1961 is Suid-Afrika as Republiek verklaar.

 

Dr HF Verwoerd, oorspronklik Minister van Bantoesake, het beleid ingestel dat elke swart kind tot op st. 4-vlak (vandag Gr 6) skoolonderrig moet ontvang. Let wel: Onder Engelse bewind was daar nie sprake van onderwys vir Swartes nie.

 

In 1976 het duisende swart kinders hulle skole afgebrand en in opstand gekom omdat hulle moedertaalonderrig geëis het. Voorsitter, almal van hulle se ouers kan Afrikaans praat.

In die huidige onderwysstelsel word duisende swart kinders VERPLIG om Engels as onderrigtaal te aanvaar. Hulle verstaan nie die taal nie, maar moet noodgedwonge daarin onderrig ontvang. Wonder ons nog waarom Wiskunde en Wetenskappunte so sleg is?

 

Voorsitter, klasmaats. Hou op om sleg te voel oor iets wat ons voorouers as goed bedoel het. Niemand weet hoe die land sou gelyk het onder eerlike bestuur deur mense met integriteit nie. Ons kan maar net raai.

 

 

Nicolaas van der Westhuizen.