Media

ONTMAN DIE AFRIKANER IN 1994 EN WAARSKU HOM IN 2014??

altDie gedokumenteerde geskiedenis van die Groot Trek is deur Voortrekkerpers Beperk in verskeie historiese leesboeke onder die redaksie van D.P. Goosen, Prof. F.A. van Jaarsveld, prof. C.F.J. Muller en prof. Theo van Wyk saamgevat en was deurlopend van onskatbare waarde om veral die Afrikanerkind op te voed met die agtergrond van geskiedkundige verloop en gebeure waaruit die Afrikanervolk tot stand gekom en sy lewens-en-wereldbeskouing gevorm is.Een so ‘n boek is getiteld Piet Retief deur Maria Hugo wat die wel en weë van die trekkers en hulle leiers bestryk op só ‘n wyse dat die leser daarvan die verloop van die trek kan meeleef en ook instaat gestel word om in die ordening van sy volkslewe, dit wat nadelig sou wees te vermy en dit wat positief was as boustene te gebruik, soos wat President Paul Kruger inderdaad later as riglyn vir die nageslag aangebied het in sy welbekende laaste boodskap. “Daarom: soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal te verwesenlik. Dit is waar, veel van wat opgebou was, is nou vernietig, verniel en het geval. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgerig word wat nou daar plat lê”.

In sy toespraak op 31 Januarie tydens die Stigting se jaarlikse konferensie in Kaapstad, het FW de Klerk die publiek gewaarsku oor die ANC se voornemens: "Anders as in die geval van sy vennote tydens die onderhandelings, het die ANC nooit die grondwetlike onderhandelings beskou as ’n wyse waarop ’n finale nasionale akkoord bereik sou word nie. Die party het dit eerder beskou as ’n maatstaf om ’n strandhoof van staatsmag te bekom - wat hulle in staat sou stel om die balans van magte verder in hul guns te swaai. In die proses het die ANC erken dat hy grondwetlike toegewings moes aangaan, wat dit as tydelike maatreëls beskou het, genoodsaak deur die heersende balans van magte op daardie tydstip."

Op bladsy 95 van Maria Hugo se boekie oor Piet Retief, staan die volgende: “Dingaan het nooit ‘n belofte of ooreenkoms wat hy aangegaan het, as van bindende krag beskou nie. 174 Jaar het verloop sedert die verraderlike inslag van Dingaan Piet Retief en sy sewentig burgers laat vermoor het. Tye het verander, is die argument. Swart mense kan nie meer en sal ook nie meer so optree nie. Hulle moet gelyke reg met die blanke kry. Rassisme moet uitgeroei word en nierassigheid gehandhaaf word. En nou?

Nou sê F.W. de Klerk dat ons sal wys wees om kennis te neem van Zuma se voornemens wat ten spyte van ooreenkoms, toegewings sleg as tydelike maatreëls beskou. Werklik mnr. de Klerk, met derduisende blankes reeds op die wreedaardigste wyse vermink en vermoor wil u ons nou waarsku terwyl uself alle moontlike weerstand wat daar uit Afrikanergeledere kon kom verwyder het? Was dit nie u wat die staatveiligheidsraad ontbind het, genl. Steyn opdrag gegee het om 24 generaals af te dank, die polisie, weermag en elke ander instansie van behoudendes te “suiwer” sodat ons soos Piet Retief en sy makkers, weerloos uitgelewer moes word terwyl u teen die gevolge gewaarsku was nie?

Ongeag al die gesprekke en ooreenkomste wat u en u onderhandelaars met die ANC bereik het, saamgevoeg met al die beloftes wat ons moes aanhoor en daarnaas die saampraat van Agri SA, TLU, SOLIDARITEIT en AfriForum waarvan niks tereggekom het nie, is die oplossing wat u aanbied, gesprekvoering!! Werklik mnr. de Klerk, is u nog helder van verstand? Wil u aanhou om met die ANC, Zuma, Ramaphosa, Sexwale of watter ander swarte wat die Broederbond destyds met geld en goed omgekoop het praat totdat die laaste witman in Suid Afrika uitgewis is? Wil u steeds tyd koop vir die magte wat die Afrikanervolk uit die pad wil hê?

Laat ek u tog terugneem in die geskiedenis. Dit is waar, veel van wat opgebou was, is nou vernietig, verniel en het geval. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgerig word wat nou daar plat lê”. Dit was waar in die verlede en dit is nou nog waar! Dit was u en die Nasionale Partylede in die parlement na die sluipmoord op dr. Verwoerd wat die eenheid van sin en eenheid van kragte wat deur hom en sy voorgangers opgebou was, verbreek het en die Afrikanervolk in die mees vernederende benouing in sy hele geskiedenis gedompel het!