Die hernieude aanslag op die Afrikanervolk se besit, ja, sy totale besit en nie net sy grond nie, word deur die media op elke moontlike forum en by elke moontlike geleentheid bespreek en gedebatteer sodat die Afrikaner se wil tot stryd en verset afgetakel moet word na ‘n gelatenheid wat gelyk is aan oorgee. Dit is by die twintigjarige herdenkingsfunksie van die GHA opnuut gehoor toe een van die lofbetuigers dit onomwonde gestel het dat Blanke Afrikaners nooit weer in beheer van Suid Afrika sal kom nie. Uit ons geskiedenis weerklink egter die geloofsryke en patriotiese Afrikanerleiers se oproep: “Die stryd is eers verby as jy die wil om te stry verloor het!” Die harde kern van die Afrikanervolk sal eers gebreek moet word voor sulke afbrekende en negatiewe retoriek, wat knus inpas by die vyande van ons volk se aanslag, ‘n werklikheid kan word.
Om sulke stellings te probeer vergoeilik met die standpunt dat jy moet rekening hou met die realiteite, trek ‘n streep deur die realiteit dat God die enigste onveranderlike werklikheid is en dat Hy bepaalde riglyne vir ons neergelê het. Dit kan dus nóóit te laat wees solank as wat die harde kern van die Afrikaner sy geloof behou nie. Dit was telkens die strydende Afrikaner wat vasberade en kragdadig in geloof voortgestry het, wat die Afrikanervolk tot stryd inspireer het.
Dit is nou belangrik om te let op die heropening van die Grondhervormingswetgewing en wat kwytgeraak is in die debat in uittreksels daarvan uit die Mail & Guardian.
Land reform Bill passed against political ruckus
25 Feb 2014 19:44| Sapa
The Bill that will see the land restitution process being re-opened has been passed following a heated and emotional debate in the National Assembly.
The Constitution makes provision for the restitution of land to those who were dispossessed during apartheid rule. (John McCann) The Bill, which will see the land restitution process being re-opened, was passed following a heated and emotional debate in the National Assembly on Tuesday. The Restitution of Land Rights Amendment Bill sets a new deadline for land claims to December 31 2018. The previous deadline was December 31 1998.
The Democratic Alliance attempted to introduce additional amendments to the Bill, but was outvoted by the ANC majority.
Dismissed
Land Reform Minister Gugile Nkwinti dismissed the proposals, suggesting DA MPs were protecting their own interests as land owners. "There's a fundamental difference between their approach and ours. Theirs is that land restitution is a project that must be done as soon as possible," Nkwinti said. "Ours is a programme ... land restitution is a programme for social justice and as a programme for social justice it is endless."
Several MPs made declarations on behalf of their parties when the DA amendments were put before the house. Freedom Front Plus MP Pieter Groenewald accused both the DA and ANC of playing political football with the land issue ahead of the May 7 elections.
Anger
The FF Plus declaration drew angry responses from the ANC and DA. "I say to you Freedom Front, you are surrounded by a sea of those who are hungry ... as we are speaking the waves are beginning to form ... angry waves," said ANC MP Jerry Thibedi. "I want to appeal to you to say one more please, please. Let us not be greedy. Let us share this land among those who work it." The DA accused the FF Plus of choosing which parts of the constitution it chose to support.
The constitution makes provision for both the protection of property rights and the restitution of land to those who were dispossessed during apartheid rule. "The Freedom Front Plus must be living with their heads in the sand if they don't realise land is a burning issue in this country," said DA MP Kevin Mileham.
"These amendments are designed to strengthen the process ... to ensure the process is orderly, fair and transparent." – Sapa
Die bewyse dat grond wat van blankes na swartes oorgedra is onproduktief is en die land se ekonomie negatief beïnvloed, skeel die ANC absoluut niks. Zuma sê dat daar wetgewing ingestel moet word om dit vir grondeisers makliker te maak sodat dit nie moeilik vir hulle is om te bewys dat die grond hulle s’n is nie. Regmatig is daar géén manier om die eiendomsreg te vervreem van iemand wat hard gewerk en swaar betaal het om kaart en transport, die bewys van besitreg te bekom, en dan te juig dat “reg en geregtigheid” geskied het. Dit bly ‘n vergryp en ‘n onreg wat ten hemele skreeu, al word die wet hoe aangepas en al maak die nuwe “grondwet” in al elf tale voorsiening daarvoor.
Geen bedekte bedreiging van “angry waves” of “program vir sosiale geregtigheid wat eindeloos is”. kan hierdie verraderlike onreg goed of aanvaarbaar maak nie. Al die gepraat van demokrasie en menseregte en regverdigheid en restitusie is ‘n gepraat in die wind wanneer dit aangewend word om onreg mee te pleeg wat ander volke moet benadeel. Dit word ‘n onheil wat die aanwenders daarvan sal verteer en reeds sigbaar is in die verval wat onmiddellik intree by die oordrag van wat ookal so bekom word.
Hierdie land is óns land en ons moet ons nie uit ons toekoms laat uitpraat nie want daarin vind ons geen eerbaarheid nie. Om aan sulke gesprekke deel te neem is om erkenning te gee soos die DA dat die grondwet eerbiedig moet word al bepaal hy onteenseglik jou ondergang. Tussen die DA en die ANC is daar geen beginselverskil nie, daar is nie eens ‘n sedelike of morele verskil nie. Daar is ook geen kleur of rasverskil nie. Bepaald is daar ook geen verskil in intellek nie. Hierdie verskille sal eers vir die DA duidelik word wanneer “they are outvoted by the majority”.
