Na aanleiding van Kerry se standpunt en afkeer van die wet op homoseksualisme wat hierdie week deur Uganda aangeneem is, laat ‘n mens wonder oor sy eie status in hierdie verband. (Reaksie van die AVP na aanleiding van ‘n berig in Beeld van 28 Februarie 2014) Om te beweer dat dit net so verkeerd is as wat apartheid tussen die 50’s en 60’s was, daarom is hierdie wet nou ook verkeerd, het ‘n betekenis waarvan die wortel veel dieper as die vel setel. Behalwe dat dit die kollig op Kerry se afkoms en opvoeding laat val, demonstreer sy uitspraak terselfdertyd die blatante vergryp van die Amerikaanse owerheid om in state se binnelandse aangeleenthede in te meng,
hetsy deur uitspraak, ditsy deur fisiese ingryping. Kerry demonstreer ook met hierdie uitspraak dat hy kennelik van die dieper betekenis en gevolg van beide apartheid en die praktyk van homoseksualisme niks weet nie, of weet hy dalk en hou hy van die gevolg?
As toonaangewende moondheid in die wêreld, is hierdie vertoon van vergoeiliking van die onsedelike ‘n barometer wat die verval in Amerika, Nederland, Noorweë en Denemarke, wat vir dieselfde rede bystand aan Uganda wil staak, ‘n duidelike aanduiding waar hulle op die skaal van moraliteit lê. Naledi Pandor se meer nugter politieke standpunt dat Suid Afrika nie kommentaar op die Ugandese wet hoef te lewer en dat baie ander lande baie wette aanvaar waarop daar nie kommentaar gelewer word nie, is ‘n indirekte vermaning aan Kerry dat daar nie ingemeng behoort te word in die binnelandse aangeleenthede van ander lande nie.
‘n Duideliker bewys van die mate van veragtering in die moderne wêreld se sedelike en morele waardes en die invloed daarvan wat doelbewus op die res van die wêreld afgedwing word, is nouliks denkbaar. As Vladimir Putin Obama waarsku dat: – “You’ve Turned USA & West Into Godless Sewer”, kan die AVP volmondig met hom saamstem en byvoeg dat hulle besig is om die hele res van die wêreld te besoedel!
