Media

VAVI OOR HUIDIGE LANDSITUASIE

altDit is bepaald nie net die AVP wat van mening is dat die land met rasse skrede agteruit bestuur word nie! Hierdie briljante, uit Engels vertaalde berig het by ons webblad beland: “Die domino’s van die demokrasie is besig om te val: eers verloor gewone mense alle vertroue in die polisie, dan kantel die regstelsel, dan stort die staat ineen. As die gemeenskap in die tweede rykste stad in die land nie die polisiediens genoegsaam vertrou om ’n vermeende moordenaar uit te wys nie, maak jou oë toe en dink net hoe dit gaan in die diepste landelike dorpies, soos Gazankulu en die ander voormalige bantoestans. Hierdie moet die oortjies van die seekoei wees. ’n Mens moet tot die slotsom kom dat dit ’n teken is van ’n staat wat ineenstort.” Aldus Zwelinzima Vavi, geskorste hoofsekretaris van Cosatu.