Media

DUBBELPRAAT IS DUIWELSRAAD

altaltI’VE GOT PRINCIPLES, BUT IF YOU DONT LIKE THESE....I’VE GOT OTHERS! So gaan dit met jou beginsels as jy jou gewig by die Volkstaters  ingooi!

 

Volgens Andries Breytenbach se brief aan De Klerk is daar nie ‘n konstitusionle wyse waarop die “Boere-Afrikaner” van die huidige bedeling kan ontsnap nie. Maar as leier van die Afrikanervolksraad het hy verkondig dat die huidige Grondwet wel voorsiening maak vir soewereine onafhanklikheid van die Afrikanervolk met ‘n beroep op artikel 235.

Die HNP het natuurlik in die tyd van mnr Jaap Marais uitgewys dat artikel 235 ‘n foefie is en alles behalwe so ‘n reg op soewereine onafhanklikheid skep. 

 

Die waarheid is dat Andries Breytenbach, die Afrikanervolksraad en die HNP, deur hulle onbesonne “vryheidsplan vir die Afrikaner” legitimiteit verleen het aan die Grondwet en die ANC/SAKP-regering (met wie hulle bereid is om te onderhandel) en daardeur die opbou van Afrikanerverset ernstig benadeel het.