Media

DIE ROL VAN DIE WEERMAG IN DIE MAGSOORDRAG VAN 1994

alt“Now that various interest groups and political parties are about to negotiate to establish a platform for a new South Africa, it was vitally important to have a strong Defence Force to act as a protective shield behind which the future negotiations could take place without interferance or intimidation.” (Genl. George Meiring) 

Die hoë standaard van militêre opleiding, opvoeding en afronding wat aan jong blanke seuns en dogters in die vyftig- en sestiger jare die standaard was, het ongetwyfeld ‘n klimaat van sekuriteit onder Afrikaners gevestig en tot en met 1966, ‘n geweldige bydrae gemaak tot die versterking van die Christelik-Nasionale inbors van die Afrikaner waarvan baie van die ouergarde vandag sal kan getuig.

 

altDie sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, het egter nie net skok en verbystering gaande gemaak nie, maar ook ‘n gees van vertwyfeling, wantroue en onsekerheid wat ook in die geledere van die weermag neerslag gevind het. Die voorsiening van die beste moontlike fasiliteite en opleiding binne die weermag aan begaafde sportlui wat blootgestel is aan gemengde sportdeelname, het soos in die privaatsektor, ook in die weermag integrasie deure oopgedwing wat deur liberale bevelvoerders verder uitgebrei is om die politieke leiers dienstig te wees.

In die mondstuk van die SA Leër, Uniform van September 1990 verskyn daar op die voorblad ‘n berig met die opskrif: SAW OOP VIR ALLE RASSE. “Dit is amptelike Weermagbeleid om nie aan ‘n geleentheid deel te neem wat nie vir alle rasse oop is nie. So se ‘n woordvoerder van die SA Weermag nadat besluit is om nie aan eksklusiewe Blanke skoue te Potchefstroom en Phalaborwa deel te neem nie.

Die SA Weermag het nie aan die afgelope landbou- en nywerheidskou op Phalaborwa deelgeneem omdat swart soldate nie in die SAW-vertoning toegelaat is nie. Op Potchefstroom het die SA Weermag hom ook aan die dorp se jaarlikse lenteskou onttrek nadat die stadsraad besluit het dat net Blankes daar toegelaat sal word. Luidens berigte het die Potchefstroomse Universiteit hom ook onttrek.” (Aldus die berig in Uniform)alt

Op hierdie wyse is elke regeringsinstansie waar regeringsfondse betrokke was aangewend om integrasie af te dwing, wat direk ingedruis het met die beleidsrigting wat gevolg was om die bestaan, die aard en die besonderse kultuur van elke ras te beskerm en staande te hou. Met die kerk en ander kultuurorganisasies wat die regering gevolg het in hierdie poging om mense se siening te verander deur assosiasie af te dwing waardeur aanvaarding moes voortvloei, is verdeeldheid en wantroue geskep wat die teelaarde vir verval en onstabiliteit geword het, wat op sy beurt noodsaaklik is vir die klimaat waaruit ons vyande hulle greep op Suid Afrika hand oor hand kon verstewig.

Onder die leiding van Genl. George Meiring is swartes in die weermag ingeneem en opgelei en is dieselfde kwartiere gedeel. Die sukses wat met hierdie metodes bereik is soos wat in privaatsektore soos veral die mynwese plaasgevind het, moes noodwendig in momentum toeneem. Elke toegewing lei tot ‘n volgende eis en ‘n volgende toegewing. In Rapport van 3 November lees ons van “Prof.” Malegapuru Makgoba van die Universiteit van Kwazulu- Natal wat se Afrikaans is ‘n kanker wat uitgeroei moet word en derhalwe ‘n Afrikaanse departement in die universiteit gesluit het.

Die weermag se aandeel in die vernietiging van Suid Afrika soos wat die Afrikanervolk hom opgebou het onder die seënende hand van God, is gegiet in George Meiring se woorde in ‘n toespraak wat hy by die Leërgimnasium gehou het. In die berig in Uniform onder die opskrif: IMPARTIAL SADF ESSENTIAL IN NEW SOUTH AFRICA, het hy onder andere gesê: “Now that various interest groups and political parties are about to negotiate to establish a platform for a new South Africa, it was vitally important to have a strong Defence Force to act as a protective shield behind which the future negotiations could take place without interferance or intimidation.”

Die weermag moes in die woorde van Meiring, die geknoei agter die skerms om ons land aan ‘n Swart Kommunistiese terroristebende te oorhandig, beskerm! Die geteem oor ‘n onvermydelike bloedbad en die wonderlike “nuwe” Suid Afrika in ‘n uiteindelike demokrasie, is en bly ‘n refleksie op die intelligensie van die Afrikaners wat die regmatige eienaars van Suid Afrika is en altyd sal bly ten spyte van al die verraaiers se pogings om die Imperialiste te ondersteun in die “gewettigde” diefstal van Suid Afrika!