In die Noordwester van Vrydag 26 Februarie 1988 het daar ‘n afskrif van ‘n verkiesingspamflet verskyn onder die opskrif: DIE WAARHEID, wat opgestel en uitgegee is deur P.W. Coetzer, van Belverderestraat 575, Arcadia, Pretoria.
Daar word die uiterste pogings aangewend om die aantygings vanuit behoudende geledere dat die Afrikanervolk belieg en bedrieg is uit ons erfenis, ongedaan te maak en selfs as ongegrond en blote regse retoriek te bestempel. Feit is egter dat daar talle bewyse bestaan dat die NP regering van de Klerk met voorbedagtheid leuens verkondig het om kiesers te mislei ten einde hulle steun te verkry om hulleself te vernietig en dit dan as mandaat voor te hou. Lees weer noukeurig en meet die “waarheid” in hierdie pamflet aan die werklikheid van vandag, nie in isolasie nie maar met die talle pleitredes, waarskuwings en vooruitwysings van ware nasionaliste van wat te wagte kon wees indien hulle op die voorgestelde pad sou voortgaan. Ten spyte van blatante leuens soos hierdie voorbeeld, het ware Afrikanerleiers daardeur gesien, die Nasionale Party in 1969 geskeur, en die Herstigte Nasionale Party ge- vorm om die linkse afswaai teë te gaan!
Die AVP roep diegene wat steeds oortuigde nasionaliste is op om by die waarheid te bly en nie regs of links daarvan af te wyk nie. Die ANC IS NIE ONS GROOTSTE BEDREIGING NIE. DIE ONGEERGDHEID VAN AFRIKANERS IS WEL!

