FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM ARBEIDSHOF SE BESLISSING OOR BILLIKE INDIENSNEMING
Daar is by herhaling op hierdie webblad verwys na vorige Afrikanerleiers wat dringend gewaarsku het dat gelykstelling sou lei tot integrasie, integrasie tot swart meerderheidsregering en swart meerderheidsregering tot misbruik van elke moontlike instrument om die blanke te benadeel tot by uitwissing. Dit is bloot onbegryplik dat daar mense is wat dit nie kon of wou insien, veral in die lig van die gevolge wat sou voortspruit uit so ‘n veelrassige gemors nie. Uit die onderstaande word dit dan nou ook opnuut weer bevestig dat die regstelsel by uitstek so ‘n instrument geword het waarin vir die witman geen heil te vinde is nie!
Sou die Afrikanervolk in 'n tyd soos hierdie waarin lede van die Afrikanervolk moes verneem hulle is namens FW de Klerk en Roelf Meyer se grondwet in die tronk gestop en die sleutels weggegooi, nie kon verwag dat De Klerk een of ander verduideliking vir so 'n verwikkeling uitreik nie?
Te meer nadat Afrikanerinstellings hulle in hierdie besondere verband tot De Klerk gerig en verklaar het hy moet die skuld kry vir die lot van die sogenaamde Boeremag-veroordeeldes?
Dis met hierdie gedagte dat hierdie party vanoggend De Klerk se stigting se webwerf besoek. En wat word daar op daardie webwerf aangetref? 'n Verklaring oor die veelrassige vakbond Solidariteit se hofsaak om vir Kleurlinge werk te kry!
Die datum by die verklaring is wel van voor die vonnisoplegging in die sogenaamde Boeremagsaak. Maar daardie verklaring moes eers op een of ander tydstip gister geplaas gewees het.
Laat die lot van die Afrikanervolk en van die Afrikanervolk se voortreflikste seuns vir De Klerk so koud? Hy kan in elk geval nie die vonnisoplegging veronagsaam nie, het die regter dan nie in sy vonnisrede, wel in een van die bespotlikste politeke redes wat in jare in ons land gelewer is, die vonnisolegging teen die agtergrond van De Klerk en sy ANC-kamerade se grondwet gestel nie?
Wat 'n skande vir hierdie gewoonlik spraaksame "icon" van die Afrikanervolk se vyande!
En wat 'n skande vir Solidariteit dat hierdie verloopte "vakbond" wat bedryf word met ledegeld afkomstig van Afrikaners, se geheul met De Klerk in 'n bewoë tyd soos hierdie maar weer aan die lig kom.Die FW de Klerk Stigting (die Stigting) verwelkom die onlangse beslissing deur die Arbeidshof in Kaapstad in Solidarity v Department of Correctional Services, waar die hof bevind het dat die gebruik van die nasionale demografie as enigste maatstaf om mikpunte van regstellende aksie te bepaal en in werking te stel, op onregverdige diskriminasie neerkom.
In Junie 2011 het die Departement van Korrektiewe Dienste (die Departement) sy jongste Billike Indiensnemingsplan uitgereik, waarin streng opdragte uiteengesit word betreffende die bereiking van Korrektiewe Dienste se mikpunte met betrekking tot gelykheid. Die mikpunte - 79.3% vir swart Suid-Afrikaners, 9.3% vir wit Suid-Afrikaners, 8.8% vir bruin Suid-Afrikaners en 2.5% vir Indiërs - sal werknemers in ooreenstemming bring met die nasionale - en nie provinsiale - demografie. Dít ten spyte van die feit dat bruin Suid-Afrikaners 54% van die bevolking in die Wes-Kaap uitmaak. As gevolg hiervan het die Kommissaris van Korrektiewe Dienste die aanstelling of bevordering van bruin of wit Suid-Afrikaners verbied - ten spyte van die feit dat bruin en wit aansoekers dikwels oor die beste kwalifikasies beskik en die mees ervare kandidate vir die poste was.
Die Stigting het die Departement se Billike Indiensnemingsplan as onwetting, ongrondwetlik en doodeenvoudig onregverdig geag. Nie-rassigheid is een van die grondliggende bepalings in die Grondwet. Ingevolge artikel 9(3) mag die staat nie op direkte of indirekte wyse diskrimineer teen enige persoon op grond van, onder andere, ras nie. Artikel 9(5) bepaal dat diskriminasie onregverdig is tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie geregverdig kan word. Die Stigting het gevolglik ’n groep werknemers gehelp om die saak verder te voer by wyse van pro bono regshulp deur Bagraims, ’n voorste firma van arbeidsprokureurs in Kaapstad. Die saak is gevolglik gevoeg by ’n soortgelyke saak wat deur Solidariteit aangevoer is.
In dié saak het Arbeidsregter Hilary Rabkin-Naicker ten gunste van Solidariteit en nege uit die 10 werknemers van die Departement van Korrektiewe Dienste wie Solidariteit verteenwoordig, beslis. Die hof het voorts bevind dat daar op onregverdige wyse teen die nege bruin werknemers (uitsluitend die 10de werknemer, ’n wit man) gediskrimineer is. Die hof het beveel dat die Departement onmiddelik stappe moet doen om te verseker dat beide die nasionale en streeksdemografie oorweeg moet word ten opsigte van mense in die aangewese groepe wanneer mikpunte betreffende billikheid op alle bedryfsvlakke vasgestel word.
Afgesien van die vraag of die nasionale en streeksdemografie in ag geneem moet word, is die Hof ook gevra om te oorweeg of die Departement se Billike Indiensnemingsplan aan die Wet op Billike Indiensneming (die Wet) en die Grondwet voldoen; en of die toepassing van die Billike Indiensnemingsplan neerkom op onregverdige diskriminasie. Dit is geen verrassing dat die Hof - gebonde aan die Konstitusionele Hof se beslissing in Minister of Finance & Another v Van Heerden en die Hoë Hof se beslissing in SA Police Service v Solidarity on behalf of Barnard (en met die uitlating van ’n argument dat sekere bepalings van die Wet ongrondwetlik is), beslis het dat maatreëls
betreffende regstellende aksie inderdaad gemik is op die behaling van wesenlike gelykheid nie. Regter Rabkin-Naicker het gevolglik die idee dat die herstelmaatreëls wat deur die Wet bevorder word neerkom op gelyke geleenthede vir aangewese groepe, verwerp. Die Hof was dus onwillig, op ’n tegniese punt, om te verklaar dat die Departement se Billike Indiensnemingsplan (as sodanige herstelmaatreël) teenstrydig is met die Wet. Daarbenewens het die Hof ook versuim om ’n bevel uit te reik betreffende die bevordering of aanstelling van die onderskeie aansoekers en het ook nie ’n kostebevel gemaak nie - ten spyte daarvan dat die Hof bevind het dat daar teen die bruin individue gediskrimineer is.
Artikel 195(1)(i) van die Grondwet vereis dat openbare administrasie in die breë verteenwoordigend moet wees van die Suid-Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig
In teenstelling hiermee is die Departement se Billike Indiensnemingsplan gemik op die wiskundige bepaling van verteenwoordiging tot die eerste desimale plek - en nie op breë verteenwoordiging nie; dit sal nie verteenwoordigend wees van die Suid-Afrikaanse mense in die Wes-Kaap nie, dit is nie gebaseer op die erkenning van vermoë nie, aangesien dit die feit ignoreer dat daar bevind is dat die betrokke werknemers die beste kandidate vir die geadverteerde poste is; dit is nie gebaseer op objektiwiteit nie, maar op die inwerkingstelling van die ANC se subjektiewe rasseideologie; dit is duidelik nie regverdig nie aangesien dit weer eens ras daarstel as die enigste maatstaf vir bevordering en dit vereis van bruin werknemers in die Departement om weg te trek uit hul gemeenskappe indien hul bevorder wil word; en dit stel nie die wanbalanse van die verlede reg nie aangesien dit nuwe rasgebaseerde wanbalanse skep tussen die profiel van die mense in die Wes-Kaap en die amptenare wat hulle veronderstel is om te dien.
Die Grondwet erken uit die staanspoor dat gelykheid in ons samelewing nog behaal moet word en dat herstellende maatreëls wat daarop gemik is om sodanige gelykheid te behaal, ingestel kan word. Die Grondwet vereis egter nie demografiese verteenwoordiging nie. Hoewel die bevinding ten gunste van die bruin werknemers van die Departement dus ’n oorwinning is vir die grondwetlike waarde van gelykheid, is die beginsel waarop die Wet gebaseer is - om gelykheid by wyse van demografiese verteenwoordiging te behaal, nie in ooreenstemming met die grondwetlike waardes van nie-rassigheid nie en moet steeds in ’n hoër hof getoets word.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
