Media

VRA WEER, GAAN JY STEM? LEES DAN NOG ‘N KEER!

altGister het die VF Positief weer so 'n drag slae op 'n ander webwerf gekry nadat Dan Roodt dit nie as leier op “Gattêng” se leierskapverkiesing gemaak het nie en vir Jaco Mulder moes terugstaan.

Die Afrikaners het klaarblyklik besluit dat as hulle dan nie bode mag skiet nie, hulle hom darem kan wegjaag. Of die honde op hom sit. 

Gister was dit weer sulke tyd vir 'n heel onbekende, blykbaar uit Amerika en wat vir vyf jaar in Suid-Afrika is (of andersom – wie gee nou regtig om, ook by Rapport), wat dit bont en blou gehad het oor al haar deskundige waarnemings oor die sosio-dinamika in die twee verskillende lande. En boetie, dis of die baas vir sy hond gesê het: Sa! Vat hom!

 

 

En dis week na week die storie op Rapport se internetbladsye. So erg word die artikel- en rubriekskrywers verniel, 'n mens wil wonder of Rapport vir dié mense voor die tyd sê, ons weet julle selfrespek sal nooit weer dieselfde na dese wees nie, dè, hier is 'n aspro vir more en oormore se kopseer.

 

Maar dat hulle hierdie arme vrou aan gister se afranseling blootgestel het. Wonder of sy Rapport se nuwe redakteur, 'n kêrel wat verkieslik sy lesers inlig oor hoe die affodille in sy buurman se tuin groei, by die Menseregtekommissie gaan aankla.

 

Nog 'n seldsame karakter by Rapport is die superverkrampte linkse Frans Cronjé, 'n kêrel wat met 'n paar syfers vir jou kan bewys Afrikaners en Blankes was selde so plesierig weens al die moord en doodslag wat die Swart gepeupel op ons uithaal nie.

 

Van die redes waarom Cronjé so skielik so baie aandag van kritici kry, is omdat die ander hoeka skuiling gaan soek het, dis omtrent nog net Tim du Plessis van die ouer garde wat oorgebly het. En Du Plessis self het al mooi geleer, hy kan al 'n rubriek skryf wat jou, of jy nou op of af op leer beweeg, in elk geval op die dak besorg.

 

En dis omtrent die vordering wat hierdie super-verkrampte linkses nou se dag in die politiek kan toon, die feit dat hulle op die gevaarlike dak van die Nuwe Suid-Afrika beland het en nou sien hulle die NSA wil intuimel. En dat ons mense aan die wakker word is.

 

Nog een van die super-verkrampte verligtes wat blykbaar lank op menslikheidsverlof was; weet nie of hy by een of ander hersteloord ingeboek was nie, is Harald Pakendorf, daai joernalis wat al die Afrikaner se koerante, van Salisbury tot in Johannesburg, toegeskryf het.

 

Hy is verlede week op die super-verkrampte linkse kykNet in jou tone vas (deel van die Naspesliegkartel) saam met comrade Johan Burger van die ANC se Instituut vir Sekerheidstudies opgemerk waar hulle saam met die programaanbieder oor die sangeres en nou ook politieke aktivis Sunette Bridges wou loop en haar diets wou maak die uitwissing van ons volk deur die Swart gepeupel is iets soos 'n suigstokkie uit die Griek se kafee gaps en glad g'n ernstige ding nie.

 

Wel, in daardie resies tussen die vier het Pakendorf vierde gekom. Daar word vertroulik verneem dat sy selfrespek na daardie vertoning weer sodanig is dat hy weer vir hom 'n plek in die hersteloord moet bespreek. En hulle gaan glo spesiaal vir dr. Phil uit Amerika laat kom om hom weer op sy beste super-verkrampte liberale koers te kry.

 

Die moeilikheid met bodes en die feit dat hulle Afrikaners se snellervingers so laat jeuk is die baie politieke gemorspos wat dié bodes in jou pos smyt. Nou loop jou posbus oor van pamflette en brosjures oor die beste grondwet in die wêreld, wigte en teenwigte en allerhande verslankingskure teen Swart en kommunistiese magsmisbruik, Vryheidsfront Positief se “minderheidsregte” ingesluit, dat daar nie plek vir die pos en die inligting wat saak maak is nie.

 

Gister het die VF Positief weer so 'n drag slae op 'n ander webwerf gekry nadat Dan Roodt dit nie as leier op “Gattêng” se leierskapverkiesing gemaak het nie en vir Jaco Mulder moes terugstaan. Dr. Roodt het klaarblyklik nog nie agtergekom VF Positief is 'n familiebesigheid van Mulder, Mulder en Mulder Beperk nie. Met die klem op Beperk.

 

Nietemin, in daardie debat het ene Jean Kriek die Mulders en VF Positief te hulp wou snel, weet nie of dit op bevel van een van die Mulders of Tim du Plessis was nie. Of die gedugte en getalryke Mulders nou hulp nodig het. Gepraat van vierde kom! Veral toe dit aan die lig kom dat 'n betroubare forensiese oudit nodig is om na te gaan of al die VF jeugtakke wat stemgeregtigdes na die kongres gestuur het wel as takke mag deurgaan en die onsekerheid of dié takke nie dalk in ouetehuise gesoek moet word nie.

 

In elk geval, volgende jaar, dit is nou as die Suid-Afrikaanse Rewolusie die ANC self nie vroeër inhaal nie, is verkiesingsjaar. Soos die verantwoordelike waarnemer al lankal weet is verkiesings in Afrika en in besonderlik Suid-Afrika, nie 'n ontspanningsplek waar mededingers hul verskille met 'n kruisie op stemdag uit die wêreld maak nie. Nee, die mededingers maak eerder hul teenstanders voor stemdag self uit die wêreld.

 

Wees wys, Afrikaner en weerhou u van die gedoente. Kies reg en bly weg.