...Sal die swakheid van die leuen die reg verdring. Dit is dan wanneer onreg oor die reg seëvier en die wat daaraan blootgestel word verdwaas staan oor die onregverdigheid dat die stelsel wat jou moes beskerm, nou jou vyand word in regspraak van leuen en valsheid sodat jy uitgelewer aan die stelsel, naak en koud en werkloos die ellende onverbiddelik op jou sien afkom.
In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task” “We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different. Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer. As integrasie soos wat dit toe beproef was, onbevredigend en volgens Smuts langs integrasielyne "insolveable" was, hoekom sou dit nou slaag? Dit is die realiteit waarvoor lt.kol. Christine Anderson te staan gaan kom en waarvoor die AVP die voormalige NP regering verantwoordelik hou.
Erika Gibson
Woensdag 02 Oktober 2013
Word moontlik vervolg

Lt.kol. Stephanus van Zyl, kol. Nomsa Khumalo, sers.maj. Thabo Ntshisi en lt.kol. Christine Anderson met hul vorige verskyning op 13 September voor die raad van ondersoek oor die Gupta-sage. Foto: deaan vivier
PRETORIA. – Pres. Jacob Zuma is die eerste keer direk en onder eed betrek by Guptagate.
’n Sleutelgetuie in die weermag se ondersoek na die landing van die Gupta-familie se bruilofsvlug uit Indië beweer Zuma en Bruce Koloane, voormalige hoof van staatsprotokol, het ’n ontmoeting gehad waartydens Zuma wou weet of “alles op koers is vir die vlug”.
Volksblad kan onthul dat lt.kol. Christine Anderson, tweede in bevel by die Waterkloof-lugmagbasis se verplasingsentrale, Zuma betrek in haar eedsverklaring.
Anderson is een van vyf lugmaglede wat moontlik weens die voorval vervolg gaan word.
Sy bevestig voorts die eerste keer dat “Nommer Een” na Zuma verwys.
’n Vroeëre ondersoek deur die departement van justisie het bevind Koloane het minstens drie keer gesê hy voer “Nommer Een” se opdragte uit.
“Nommer Een is die President van die Republiek van Suid-Afrika. Ons verwys weens veiligheidsredes nooit na die president in telefoongesprekke nie,” sê Anderson in haar verklaring.
Die verklaring is deel van die rekord van die weermag se raad van ondersoek na die onreëlmatigheid van die vlug op 30 April vanjaar.
Volksblad het gister dié dokumente onder oë gehad, op dieselfde dag wat die weermag se voorlopige ondersoek na die voorval begin het.
Dit is die eerste keer dat al die getuies voor die raad se getuienis nou bekend is. Die ondersoek moet bepaal of daar voldoende getuienis is om van die militêre lede, wat by die debakel betrokke was, militêr te vervolg.
Die ondersoek by die militêre regsafdeling se hoofkantoor by die Swartkop-lugmagbasis is geslote, maar ’n moontlike militêre hofsaak sal oop wees vir die publiek en die media.
Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het gistermiddag by navraag gesê Zuma en die presidensie het hulle nog nooit uitgelaat oor enige besonderhede rakende die Gupta-debakel of oor die president se moontlike kennis van die reëlings of die gebeure nie.
“Ons het deurgaans volgehou die ondersoek moet alle inligting bepaal en dit is steeds ons standpunt,” het Maharaj gesê.
Die vroeëre justisie-ondersoek het bevind dat Koloane gelieg het oor Zuma se rol. Hy het sedertdien skuld beken in ’n departementele tugverhoor en is veronderstel om vandeesmaand terug te keer na die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in ’n laer posisie.
In die bevindings het die presidensie beklemtoon dat Zuma “in geen stadium” aan Koloane enige opdragte gegee het nie.
Die presidensie het ontken dat Zuma of sy kantoor ooit ’n versoek vir so ’n landing van enige mens hoegenaamd ontvang het en Koloane beskuldig van naamgooiery. Hy het ook gesê dat daar twee ministers aan boord gaan wees en dat Nommer Een weet van die vlug.
Die aanvanklike ondersoek het bevind dat Koloane die naam van Zuma misbruik het, maar het nie bepaal hoekom Koloane tot sulke uiterstes sou gegaan het nie.
In die eerste volledige weergawe van gebeure in Anderson se eie woorde sê sy Koloane het haar aan die begin van April vanjaar een aand gebel om te hoor of Waterkloof geskik sou wees vir die landing.
Hy het gesê dit was vir ’n “kulturele geleentheid”.
“Hy het ook gesê dat daar twee ministers aan boord gaan wees en dat Nommer Een weet van die vlug.”
Volgens haar het sy bevestig dat dit moontlik is dat die vliegtuig daar kan land, mits die nodige magtigings daarvoor verskaf word.
’n Afvaardiging van die Indiese hoëkommissariaat het vervolgens na die geriewe by die basis gaan kyk. Anderson het hulle rondgewys en ook aan hulle genoem dat die basis se instrumentlandingstelsel buite werking was weens herstelwerk. Kort daarna het Koloane haar weer gebel.
“Hy het my ingelig dat hy pas van die president af kom en dat die president wil weet ‘of alles op koers is vir die vlug’.
“Ek het vir hom gesê ons wag steeds vir die oorvlugklaring en dat ons so gou as wat ons dít het die vlug kan finaliseer.”
