
Esterhuyse sê dit is duidelik dat roof plaasaanvallers se hoofmotief is. (Werklik mnr. Esterhuyse?)
2013-02-14 23:45
Christal-Lize Thomas en Marlene Jordaan
IN nóg n aanval in n vlaag aanvalle op bejaardes in die Vrystaat, is ‘n boer van Steynsrus gister helder oordag in sy plaashuis met ?n panga aangeval. Christo Prinsloo (63) van die plaas Erfpacht, se kop, arm en vingers is deur die panga oopgekloof. Sy wonde is gistermiddag laat met steke in die ongevalle-afdeling van die hospitaal op Kroonstad geheg.
Tommie Esterhuyse, nuutverkose voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se komitee vir wet en orde, sê die toename in plaasaanvalle met roof as motief in die Fezile Dabi-distrik is kommerwekkend. Prinsloo sê dié aanval is die sewende sedert die begin van Desember in dié distrik, wat Kroonstad, Parys en omliggende dorpe insluit. Die beseerde Christo se vrou, Tinkels (59), sê haar man was in die huis oor middagete toe hy die honde buite erg hoor blaf het. Sy was by die Gekombineerde Skool Steynsrus waar sy skoolhou. Toe my man in die gang kom, het hy skielik die vreemdeling in die sitkamer sien staan met 'n kapmes in sy hand. Hy het vir my man gesê: Kom, ek soek jou!? Toe besef Christo as hy nie nader gaan tot teen die man nie, gaan die aanvaller hom kan raak kap met die panga.?
Tinkels vertel haar man en die aanvaller het geweldig gestoei, soveel so dat die glasvoordeur gebreek het. ?My man het die aanvaller teen die glasdeur vasgegooi sodat dit breek. Toe gooi die aanvaller weer vir Christo op die grond neer en trap op sy kop. Tinkels vertel hul labrador het toe bygekom by die stoeiery, wat intussen tot buitekant die opstal gevorder het. Toe hardloop die aanvaller weg.? Christo het homself toe toegesluit in die huis en bure gebel. Hy het haar ook gebel waar sy by die skool was. Tinkels sê die plaaswag en polisie was baie gou op die toneel. My man het seergekry, maar dis 'n genade dat hy die krag gekry het om terug te baklei. Ons bid net hulle vang hom.
Esterhuyse sê dit is duidelik dat roof plaasaanvallers se hoofmotief is. In die meeste gevalle is die booswigte onder ?n wanindruk dat boere groot bedrae geld op hul plase byderhand het. Dié kwessie is hoog op VL se voorkeurlys, sê hy. Volgens hom is veiligheidsverteenwoordigers in samewerking met die polisie reeds besig om landbouverenigings te besoek ter bewusmaking van dié organisasie se veiligheidsplan en die inoefening daarvan.
Onlangse plaasaanvalle in dié distrik:
*In Desember is Ben Pretorius van Edenville met 'n pistool aangehou en geslaan, terwyl Calla Viljoen van Koppies met 'n pyp in die gesig geslaan is.
*Jannie du Plessis (64) en sy vrou, Stinnie (59), is in Januarie op Villiers aangeval. Jannie is dood nadat hy sedert die aanval in die Alberton-hospitaal behandel is.
*James du Pisanie (62) en sy plaaswerker is by Viljoenskroon op die grens tussen die Vrystaat en Noordwes aangeval.
*Malani Pitout (48) van die plaas Malana by Kroonstad is op 16 Januarie met 'n knopkierie oor die kop geslaan.
*Ernst en Annetjie van Rooyen van Parys is in hul plaas-snoepwinkel vermoor.
- Volksblad
