Media

Die AVP kyk na die opskrif van die berig oor die TLU Kongres,...

alt... en bevestig ons siening dat die TLU, (Soos Agri sa) ‘N RONDE NUL BETEKEN VIR DIE VRYHEIDSTRYD VAN DIE AFRIKANER!

Die berig: TLU SA se jaarkongres vind plaas op 18 en 19 September 2013 (Woensdag en Donderdag), in Pretoria.

Reeds wat die tema betref, naamlik Groei saam, behoort die waarnemer te vra wát moet saam groei of wie moet saam groei.  

As daar na veral die linkse Andrea Jeffery se optrede by die kongres gekyk word, hoort die vraag onmiddellik te ontstaan, wat maak 'n bekende linkse meningvormer, lid van die SA Instituut vir SA Rasse-Aangeleenthede (SAIRS), hoog op op die kandidatelyste van die Demokratiese Alliansie (DA) in die vorige verkiesing en ook verbonde aan FW de Klerk se stigting, daar? Jeffery van die SAIRS met sy Joodse bande, moontlik die afkeurendste uit behoudende Afrikaner-oogpunt bande met die Rothschild-pop, die Jood George Soros van die berugte Open Socviety en sy filiale? Of kyk ons te idealisties na die Afrikaner-boer?  Het die deursneë Afrikaner-landbouer 'n DA-ondersteuner geword, dis nou as hy nie 'n ondersteuner van die ANC is nie?

 

Het die gewone Afrikaner-boer oop-kop en liberaal geword? Of word hy so hulpeloos meegesleur deur die liberale stroom met hul liberale teenvoeters vir die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) dat hulle maar mee gaan? Saam loop, soos daar aan die begin van Jacob Zuma se bewind besluit is in die ontwikkeling van sogenaamde Dinokeng-scenarios. Destyds, in berigte oor Dinokeng, het die AVP op hierdie webwerf geskryf Dinokeng is net so giftig en ondergrawend vir die Afrikaner as die Idasa-komplot. Hierdie webwerf het toe Dinokeng inderdaad as 'n komplot bestempel.

 

Die AVP het onder meer so daaroor berig: ‘n Groep van 35 mense, met Kallie Kriel van AfriForum prominent, het as deel van die sogenaamde “Dinokeng Scenario Team” vergader vir die ontleding van allerhande toekoms-scenarios vir die land (Dit was die eerste openbare geleentheid). 'n Ander lid van hierdie “team” is Graca Machel, nou metgesel van Nelson Mandela en weduwee van Mosambiek se gewese kommunistiese staatshoof Samora. Die scenario wat in die komplot voorgestaan word, staan bekend as een van “saamloop”, net ‘n ander woord of uitdrukking dat ‘n kommunistiese regime nie alleen as gegewe aanvaar word nie, die deelnemers word inderdaad aktiewe medewerkers in die uitvoering van die regime se programme of meelopers.

Dinokeng se sigbare borge is Ou Mutual, Nedbank en BHP Billiton, Teal en African Rainbow Minerals, almal geldmagspelers in die land.

 

Nog 'n gasspreker by die TLU SA-kongres is mnr. Schalk Pienaar van Agbiz, Agbiz die organisasie wat die meestal voormalige landbou-koöperasies saambind met die groot speler daar die Joodse sakekartel Tiger.

 

Wat kan Jeffery tog aan die boere van TLU SA sê wat die boere nie reeds weet nie. Wat kan sy sê oor die kommunistiese ANC se grondgrypplanne en oor Swart bemagtiging wat nie reeds ou nuus is nie. Van die vier gassprekers is dit dalk net prof. Johan Willemse wat die boere sinvol besig kan hou met sy insigte oor die landbou-ekonomie.

 

Dit is so al of die Afrikanervolk in die instansies vir sy georganiseerde bedryfslewe met 'n baie bepaalde resep gekonfronteer word en hy maar gedwing word om “binne die NSA-kassie te dink”. So kan daar byvoorbeeld ook vrae gestel word oor die gassprekers wat gewoonlik by die vakbond Solidariteit se kongresse optree.

 

Wat TLU SA betref het selfs comrade Piet Mulder, adjunk-kommissar vir landbou in Jacob Zuma se hoofsaaklik kommunistiese kabinet, te regs vir TLU SA geword.

 

Hoe dink TLU SA sal dié organisasie ooit antwoorde op krisisvrae kry as hy sy ore uitleen vir mense soos Jeffery? Wat weet sy wat 'n doodgewone, volksgesinde politikus en meningsvormer nie weet en twintig jaar gelede voorspel het nie?

 

En moet nou nie dink dis sommer uit moedswilligheid dat daar so 'n skerp beoordeling van TLU SA se doen late na vore kom nie. TLU SA het, as na sy eie veroordelings in vorige standpunte gekyk word, al lankal die punt bereik dat hy nie net gesprekke met die kommunistiese regime behoort op te skort nie, hy hoort subiet nie aan mense en instansies wat voor die land se grondwet knieval platforms te bied nie. Want wat bring dit TLU SA en sy lede per slot van rekening in die sak?

 

Om maar net na een dis-nou-oorgenoeg TLU SA-verklarings, uitgereilk kort na die moord op mnr. Eugene Terre' Blanché, te verwys, kyk net hoe ergerlik raak mnr. Ben Marais, die vorige TLU SA-president, oor die ANC se kat-en-muis-speletjies:

 

DIE EIS TOT KONSTRUKTIEWE GESPREK OOR ONDERGENOEMDE KNELPUNTE

 

Elke regering word gestuur deur 2 kardinale rigtingwysers:

1.   Die Grondwet van ‘n land

2.   Die Sosiale Kontrak wat hy met die burgers van ‘n land aangaan voor en tydens verkiesings.

In ruil daarvoor, is burgers onderhorig en onderdanig aan die regering van ‘n land, en betaal hy belastings sodat uitvoer gegee kan word aan die Grondwetlike opdragte wat ‘n regering ten laste gelê word, en om sy sosiale kontrak na te kom, naamlik om burgers in veiligheid en vrede te laat woon, hulle van infrastruktuur te voorsien en om om te sien na hulle opleidings- en mediese behoeftes.

 

TLU SA het tot dusver homself agteroor gebuig, selfs dikwels teen die uitdruklike sin van sy lede in , om sinvolle gesprek met die owerheid te voer, ten einde probleme en perspektiewe op ‘n opbouende en ondersteunende wyse oor te dra aan die regering. Telkens is daar bepaalde beloftes en ondernemings, waarvan met verloop van tyd geen vordering te bespeur is nie.

 

Tans is die situasie in die land gelaai as gevolg van spanning wat veroorsaak is. Hoofsaaklik is die boer in die spervuur van hierdie toestand en word sy situasie onhoudbaar, en gaan dit outomaties voedselsekerheid vir die land en die streek in ernstige gevaar stel.

 

Daarom kan sekere sake eenvoudig nie meer geïgnoreer word nie, en sal daar in belang van voedselsekerheid en vreedsame naasbestaan, dringend gesprek gevoer moet word, waartydens duidelike antwoorde gekry moet word, oor die volgende aanklagte wat TLU SA teen die President van die land, sy kabinet en regerende party hierby neerlê:

 

·   Oneerlikheid, deurdat sake verdraai word ter wille van ‘n ideologiese standpunt (Ag toggie, dié Bennie van Zyl-koeterwaals. Wat soek hy by TLU SA as hy nie van ideologiese standpunte hou nie). Soos dat die liedjie “Skiet die boere” nie werklik beteken dat boere geskiet moet word nie. Voorvalle het reeds voorgekom waar dit in ‘n plaasaanval gebruik is.

·   Versuim tot optrede teen onrusstokers. Hoe lank het die ANC-staatshoof gewag voordat hy opmerkings gemaak het om opswepende liedjiesingers te betig, terwyl steeds niks daadwerkliks daaraan gedoen word nie en dit trouens nou steeds meer uitslaan, juis omdat nie opgetree word teen hulle nie?

·   Ongeërgdheid van ministers deurdat afsprake wat betyds gereël en aangelê is oor belangrike kwessies, op die laaste nippertjie afgelas word. Boere het ook besige skedules waarby hulle moet aanpas, en die indruk word geskep dat die boere se standpunt eintlik nie werklik belangrik is nie. Alles is belangriker as ‘n vergadering met ‘n boer of landbou-organisasie.

·   Verbreekte beloftes, oor byvoorbeeld die kommandostelsel wat afgeskaf is met die belofte van ‘n plaasvervangende struktuur. Sektorpolisiëring, waar dit wel gepoog is om ingestel te word, het klaaglik misluk, en boere word steeds aangeval, vermoor, beseer en besteel.

·   Oordrewe najaag van kwotas. ‘n Ondersoek van Solidariteit het bevind dat in talle staatsdepartemente die kwotas van affirmative action alreeds oorskry is. Beteken dit dat die kwota van grondhervorming van 30% grond in swart besit teen 2014, insgelyks oorskry gaan word?

·   Roekelose verklarings van ministers:

§   TLU SA eis dat elke minister wat voortaan beweer dat plaaswerkers onregmatig van plase afgesit word, dit moet staaf met bewyse van persoon, datum, tyd en plek, en saaknommer van die instansie waar die onwettigheid gerapporteer en ondersoek is, met die uitslag van die ondersoek.

§   TLU SA eis dat enige minister wat voortaan beweer dat plaaswerkers mishandel word, dit moet staaf met bewyse van persoon, datum, tyd en plek, en saaknommer van die instansie waar die onwettigheid gerapporteer en ondersoek is, met die uitslag van die ondersoek.

§   TLU SA eis dat enige minister wat voortaan beweer dat plakkerskampe ontstaan as gevolg van boere wat hulle werkers afdank, volledig statistiek moet gee van die herkoms van die plakkers, aangesien dit algemene kennis is dat plakkerskampe so vol buitelanders is as gevolg van patetiese grensbeheer, dat daar in sommige kampe nie eens Engels gepraat kan word nie, omdat die buitelanders dit nie verstaan nie.

·   Vermorsing van openbare fondse vir mislukte en mislukkende projekte, soos die grondhervormingsprojekte wat tans reeds ‘n beraamde mislukkingskoers van ongeveer 80% het, op koste van die belastingbetalers, en ten koste van voedselsekerheid.

§   In die verband het TLU SA steeds geen antwoord gekry op sy eenvoudige vraag: wat is die persentasie grond wat die Regering vir grondhervorming oogmerk: 30% van die totale grond in Suid-Afrika of 30% van die landbougrond?

·   TLU SA is al by herhaling op rekord dat die moorde op boere, beskou word as etniese uitwissing. U stilswye word gesien as as ‘n erkenning.

·   Politieke onwil om die land se infrastruktuur in stand te hou.

§   Boere ondervind toenemend probleme om hulle produkte by markte te kry, as gevolg van die verval van die land se paaie, terwyl hulle ook voertuiglisensiegeld betaal, en hulle ook belas word deur brandstofheffings. Hulle kry daar egter niks van terug in terme van instandhouding en die mees basiese dienslewering nie.

§   Die verval van watersuiweringsaanlegte lei daartoe dat riviere en ondergrondse waterbronne sodanig besoedel word, dat dit onbruikbaar is vir landbou-gebruik. Boere lei verliese, en minder voedsel word geproduseer as gevolg van u instellings se versuim in hierdie verband.

·   Die regering se versuim om aandag aan die landelike veiligheid te gee, grens aan vergrype teen die mensdom:

§   Kommando’s word onttrek, sodat boere aan hulle eie lot oorgelaat word;

§   Die bevolking, en ook die boere, word geïntimideer om hulleself te ontwapen en weerloos te laat, terwyl geharde misdadigers met onwettige wapens die land onveilig en in wese onregeerbaar maak;

§   Waar boere aansoek doen vir ‘n nuwe vuurwapenlisensie, duur dis soms selfs maande om so ‘n aansoek af te handel, wat beteken dat hy in daardie tyd weerloos bly;

§   Boere wat eie strukture met groen herkenningsligte oprig om hulleself te beskerm, word geteiken vir vervolging, terwyl hulle die wetstoepassers se bondgenote behoort te wees.

·   Die Regering span saam met georganiseerde vakbonde téén die boere, deur arbeidswetgewing moeilik en in sommige gevalle onbillik te maak, en om selfs in die parlement te luister na belaglikhede soos dat boere self verantwoordelik is vir die onveiligheid op plase, en omdat boere self hulle vee steel. Is dit werklik moontlik dat sodanig verbale snert vir waarheid aanvaar kan word in die land se hoogste liggaam?

·   Die regering se ongetoetste steun vir sy alliansievennoot COSATU se volgehoue en ongegronde aansprake oor die lewensomstandighede op plase.

·   Die regering en COSATU se fokus op plaasbewoners eerder as plaaswerkers. Die boer as werkgewer het geen kontrak hoegenaamd met ander mense wat hetsy onder die verblyfregwetgewing of andersins op plase woon nie.

·   Die feit dat die landbousektor uitgesonder word as die enigste een in die totale ekonomie waar daar van die grondeienaar verwag word om 'n 24/7 verpligting jeens sy werkers na te kom, bo en behalwe die feit dat wetgewing die grondeienaar verplig om geleidelike en groterwordende afstand van sy eiendom te doen ten einde aan verblyfregvereistes te voldoen.

Hierdie sake kan eenvoudig nie langer geïgnoreer word nie. Die boere van Suid-Afrika wil doen wat hulle kan doen en wil doen: om te boer en voedsel te produseer vir almal in die land en selfs die streek. Ja, hulle wil boer sodat ook u, meneer President, daagliks ‘n goeie maaltyd kan nuttig. Maar die hierbo genoemde sake maak dit vir die boere moeilik, selfs onmoontlik. Die boere en inwoners van die land kan net nie meer hierdie regering bekostig nie.

 

Hulle lojaliteit word tot die uiterste beproef, en hulle geduld ook. En wat TLU SA beleef, is afsydigheid vanaf die regering, ja, selfs vyandigheid.

 

Daarom eis ons ‘n afspraak met u, en alle tersaaklike ministers, en verwag ons ‘n antwoord binne 14 dae vanaf datum van hierdie skrywe.

 

Tot sover daardie standpunt van destyds.

 

Die verrigtinge vind plaas in die WNNR se Internasionale Konferensiesentrum.

 

TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, sal sy Presidentsrede lewer, en daarna is daar verskeie gassprekers wat gaan optree.

 

Mnr Schalk Pienaar, Voorsitter Agbiz, sal praat oor die rol van die landbousektor in die voortbestaan van die voedselverskaffingsketting.

 

Prof Johan Willemse, Voorsitter van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, sal praat oor die posisionering van die landbouer en aanpassings wat gemaak kan word om volhoubaar binne die landbou-omgewing te funksioneer.

 

Dr Anthea Jeffery van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge sal die impak van ANC beleid op voedselsekerheid en verwante vraagstukke hanteer.

 

Mnr John Rankin, ‘n Graanboer uit die Noordwes Provinsie sal die boer se rol in die voedselketting bespreek.

 

Tydens die tweede dag se geslote byeenkoms vir lede, sal TLU SA se strategie vir die volgende jaar bespreek word.

TLU SA se nuwe leiers sal ook tydens die eerste dag se verrigtinge aangewys word.