Sedert 1994 het onderwysminister na minister gefaal om die bestaande standaard te handhaaf wat daar in die onderwys was. Ten spyte van hulle opleiding in Engeland en elders en ondersteuning vanuit die buiteland wat saam met die res van die wêreld in ekstase was oor die magsoordrag aan die meerderheid wat Swart, Kommunisties en wraakgierig, gewelddadig en selfs barbaars is, het niks daarvan geslaag om die agteruitgang wat onmiddellik ingetree het af te weer nie. Nou na bykans twintig jaar word daar erken dat daar fout is! Reeds twee geslagte kinders was aan hierdie verval blootgestel en moet hulle volwasse lewe swak toegerus tegemoet gaan. Die “wysheid” wat Motshekga in die berig wat in Rapport verskyn het kwytraak, is só niksseggend maar tipies Afrika, dat dit bloot dien om spasie in die koerant op te neem en géén potensiaal het om enige bydrae te maak tot die verbetering van dit wat in bykans twintig jaar, jaar vir jaar agteruitgegaan het.
As ons kinders behoue moet bly, moet hulle uit die stelsel uitgehaal en in eie onafhanklike instellings opgelei word. Ons het nie die regime se toestemming daarvoor nodig nie en behoort nie toe te laat dat met hulle toekoms gemors word nie.
Minister erken daar is fout (berig in Rapport)
2013-09-15 00:06
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, erken daar is kommerwekkende gebreke in die land se onderwysstelsel wat betref basiese geletterdheid en syfervaardigheid. Dit is hoekom sy in 2011 die jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s) vir laer- en hoërskoolleerlinge ingestel het. Die toetse, wat vanjaar vir die derde keer afgelê is, help haar departement om vas te stel waar hulle moet ingryp, sê sy.
Leerlinge in gr. 1 tot gr. 6 en gr. 9 het die afgelope week die toetse afgelê. “As mens siek is, gaan jy dokter toe. Hy gee vir jou ’n diagnose van wat fout is en gee dan vir jou ’n voorskrif...
“Die ANA’s moet in dieselfde lig gesien word. Dit help ons om sistematies en wetenskaplik probleme uit te wys en te bepaal watter skole, onderwysers en leerlinge het ondersteuning nodig.” Die uitslae van 2011 en 2012 dui op kommerwekkende agterstande wat betref leerlinge se akademiese vaardighede. In 2011 was die gemiddelde punt vir geletterdheid 35% en vir syfervaardigheid ’n skokkende 28%. Die gemiddelde wiskundepunt vir gr. 9’s was 13% in 2012. “Ons kan nie ons koppe in die sand druk en maak asof niks verkeerd is nie. “Daar is ernstige probleme met geletterdheid en syfervaardigheid,” sê Motshekga. Meer as 7 miljoen leerlinge het vanjaar se ANA’s geskryf.
Die toetse word deur die departement opgestel en onafhanklike agente modereer die ANA’s om seker te maak dit is op peil. Die uitslae sal na verwagting in Desember bekend gemaak word.
Toets jouself, liewe leser!
Leerlinge landwyd het die afgelope week die departement van basiese onderwys se jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s) afgelê. Hoe sou jý gevaar het? Hier is ’n paar vrae uit die departement se voorbereidingsvraestelle. Die antwoorde is onderaan.
Geletterdheid
(Afrikaans huistaal)
Gr. 1
Onderstreep die hoofletter en die punt in die sin.
Die seuns en dogters hou daarvan om te speel.
Gr. 2
’n Voornaamwoord is in die plek van ’n naamwoord.
Onderstreep die voornaamwoord in die sin.
Johan hou daarvan om op sy fiets te ry.
Gr. 3
’n Voegwoord voeg twee of meer sinne saam.
Onderstreep een voegwoord in elke sin.
a. Die apie doen toertjies en die leeu slaap.
b. ’n Haas eet wortels, maar ’n leeu eet vleis.
Gr. 4
Wat is die regte antwoord om die onderstaande sin korrek te voltooi?
Sprinkaan was baie honger, ...hy geen kos gehad het nie.
A omdat
B alhoewel
C tog
D want
Gr. 5
Onderstreep die korrekte spelling van die woord tussen hakies.
Dr. Smith het baie (patiënte/pasiënte) in haar spreekkamer.
Gr. 6
Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?
’n Teenoorgestelde woord (antoniem) vir baklei is geveg.
’n Woord met dieselfde betekenis (sinoniem) vir gebrand is geskroei.
Gr. 9
Onderstreep die letter van die korrekte antwoord.
Benoem die volgende onderstreepte leesteken:
“... die betrokke man skuld hulle glo ’n klomp geld ...”
A Ellips
B Kommapunt
C Afkappingsteken
D Aanhalingsteken
Wiskunde
Gr. 1
Rangskik die volgende getalle van die kleinste tot die grootste.
15 12 13 7 9
Gr. 2
Skryf die getalsimbool vir eenhonderd-nege-en-sestig neer.
Gr. 3
642 afgerond tot die naaste 10 is ...
A 700
B 655
C 640
D 600
Gr. 4
Watter getal is nie ’n veelvoud van 9 nie?
A 27
B 56
C 72
D 36
Gr. 5
Voltooi die volgende getalpatroon:
96; 82; 68; 54; ______ .
Gr. 6
Al die artikels in ’n winkel is 25% afgemerk. Wat het Thilani vir ’n hemp betaal wat R200 gemerk was voor afslag?
Gr. 9
Vereenvoudig:
(2x)² + 3x²
ANTWOORDE
Geletterdheid
Gr. 1 – Die seuns en dogters hou daarvan om te speel.
Gr. 2 – Johan hou daarvan om op sy fiets te ry.
Gr. 3 – Die apie doen toertjies en die leeu slaap; ’n Haas eet wortels, maar ’n leeu eet vleis.
Gr. 4 – A omdat
Gr. 5 – pasiënte
Gr. 6 – onwaar; waar
Gr. 9 – A ellips
Wiskunde
Gr. 1 – 7, 9, 12, 13, 15
Gr. 2 – 169
Gr. 3 – C 640
Gr. 4 – B 56
Gr. 5 – 40
Gr. 6 – R150
Gr. 9 – (2x)² + 3x²
= 4x² + 3 x²
= 7x²
Kommentaar: Almal dink dit seker en niemand wil dit se nie, so ek gaan dit se:
Hierdie is nou net 'n voorbeeld van getalle. As daar 2 miljoen leerlinge is wat Wiskunde skryf, en 500 000 kry tussen 70% en 100% vir wiskunde eksamen en 1,500 000 kry tussen 0% en 20%, gaan hulle die gemiddeld afbring. Nou ons weet almal wie kry tussen 0-20%. Dit is ook bekend dat 1 uit 10 swart studente wat inskryf vir universiteit, voltooi hulle kursus. Rassisme, dit is wat gesê word...
Jammer dat dit so is maar blankes vaar net so sleg .....kyk op hierdie forums, facebook en ander media.
Die kultuur verskille word geïgnoreer en neutrale onderwys/opvoeding word na gejaag. Gevolglik word karakter verskille in etniese groepe vernietig. Die Afrikaner is bedag op die negatiewe gevolge van hierdie vernietigende optrede deur die regering en sal toepaslike stappe doen om sy volk se kinders se belange te beskerm. Qui vive.
September 16, 2013 om 03:55RapporteerKommentaarbeleid Dis omdat dit aanvaarbaar geraak het om onnosel te wees in SA. In my dae kon jy nie plek in 'n universiteit kry behalwe as jy wiskunde gehad het nie. Jy moes eers somme kon doen, al wou jy nou ook net musiek gaan swot. Ek was nooit goed gewees in wiskunde nie, maar het geleer dat dit bars om deur te kom. Ek het dit gehaat. Maar vandag besef ek dat wiskunde nie net om nommers gaan nie. Dit het my geleer om abstrak en rasioneel te dink, selfs al is dit nou ook 'n filosofiese kwelpunt wat opgelos moet word. Die boggers kan nie wiskunde doen nie en het besluit om SA aan te pas by hulle swakheid sodat hulle beter kan voel oor hulself. As jy die standaarde van die sisteem verlaag, kan jy voel soos 'n genie daarin. So klop die manne mekaar op die rug as hulle kan uitwerk hoe 'n hoofletter en 'n punt lyk of in watter maand hulle verjaar. Lig weer die standaarde tot waar dit was voor die ANC oorgevat het en herken dat jy harder sal moet werk om by te hou. Vergeet jy is 'n Afrikaan en word 'n internasionale eerste wêreld mens. Swart mense in die VSA tel nie skape op hul vingers nie. Hulle het die dominante kultuur aangeneem. In SA is die sterker kultuur die van die wit man. Punt. Hy gaan hom nie aanpas by die meerderheid nie omdat hy kan sien dat hulle kultuur nie resultate lewer nie. Hou op om te dink dit sal gebeur. Vergeet vir 'n oomblik van apartheid. Kyk nou na ons en sien wat ons doen. Dis hoe mens dit doen. Lig die standaarde. Die wat nie kan byhou nie, kan petroljoggies word.
